Eskom-hoof na KVBA oor ‘onbillike skorsing’

Tshediso Matona. uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Tshediso Matona. uitvoerende hoof van Eskom. Foto: Werner Beukes/SAPA

Tshediso Matona, Eskom se uitvoerende hoof, het die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) genader oor sy ‘onbillike skorsing’.

“Die KVBA kan bevestig dat ʼn verwysing op 23 Maart van mnr. Tshediso Matona ontvang is rakende onbillike skorsing,” het die KVBA in ʼn verklaring gesê.

Matona, Tsholofelo Molefe, finansiële direkteur, Dan Morokane, groepkapitaalhoof en Matshela Koko, tegnologiehoof, is voorverlede week geskors terwyl ’n ondersoek na Eskom se sake gedoen word. Business Day het intussen berig die vier is geskors ʼn week nadat hulle met ʼn oudit van Eskom se tenderprosedures begin het. Eskom het egter die bewering ontken en hou vol die vier is geskors sodat die ondersoek sonder inmenging kan geskied.

Zola Tsotsi, voorsitter van die Eskom-raad, het tydens die aankondiging voorverlede week gesê daar is geen aanklagte teen die vier nie en dat hulle nie van enige oortredings verdink word nie.

Volgens Business Day se berig het Eskom aan die begin van die maand ʼn kennisgewing op sy webtuiste geplaas waarin ʼn paneel van ouditfirmas versoek is om tenders in te dien vir die hersiening van Eskom se tenderprosedures vir transaksies van meer as R300 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

scalla ·

Tsotsi in tswana beteken mos uitgeslape/ misdadiger/skelm, vra maar net.

CHRISTA ·

Kyk ‘n bietjie watter ouditfirmas gaan aangestel word om Eskom se tenders te ondersoek -dalk wag daar ‘n groot verrassing!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.