Eskom-hoof vra almal moet voorafbetaalde krag gebruik

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, die uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag gesê wetgewing moet ingestel word om voorafbetaalde elektrisiteit die norm vir alle huishoudings te maak.

Molefe het die staande komitee oor openbare ondernemings toegespreek en gesê meters vir voorafbetaalde elektrisiteit in alle huishoudings sal die kragvoorsiener teen elektrisiteitdiefstal en niebetaling beskerm. “Ons meen dat voorafbetaalde elektrisiteit gestandaardiseer moet word. Ons moet die koopkrag-beginsel aanvaar en miskien is die vinnigste manier om dit te doen deur wetgewing in te stel.”

Volgens Molefe sal dit die groot voordeel insluit dat Eskom verlig sal wees van die las van onbetaalde munisipale skuld, wat tans miljarde rande beloop en daartoe gelei het dat die kragvoorsiener verskeie afsluitingskennisgewings moes uitreik. “As die hele Suid-Afrika voorafbetaalde elektrisiteit gebruik, sal baie van ons probleme, administratiewe probleme, opgelos wees.”

Hy het bygevoeg dat Eskom ook nie meer geld sal verloor aan onwettige kragaansluitings nie omdat die elektrisiteit “reeds deur iemand betaal sal wees”. Hy het erken dat daar ʼn sterk weerstand teen Eskom se huidige installering van voorafbetaalde kragmeters in Soweto is en aan die komitee gesê sulke meters is Dinsdagaand by die kragvoorsiener se stoor aan die brand gesteek. “Ons kan net aanvaar dat dit gedoen is deur mense wat ongelukkig is oor die feit dat hulle voortaan definitief vir elektrisiteit sal moet betaal.”

Voorafbetaalde elektrisiteit is ook die antwoord vir munisipaliteite wat nie die vermoë het om elektrisiteitskuld in te vorder nie. Eskom kan dan bloot die munisipaliteite se gedeelte van die wins aan hulle oorbetaal. Molefe het egter wel LP’s se kritiek dat mense in plattelandse gebiede kilometers ver na die naaste winkel sal moet stap om elektrisiteit aan te koop as “geldige kritiek” bestempel.

Hoewel hy ʼn verandering in beleid kan voorstel, is daar ook steeds ʼn behoefte aan wetgewing wat die kragvoorsiener in staat sal stel om die Nasionale Energiereguleerder te nader oor die bepaling van tariewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Koos ·

Goeie idee dan hoef die huidige benadeelde minderheid nie die meerderheid bevoordeelde se krag te subsidieer nie

Johann Marx ·

Ek stem een honderd persent saam…laat ALMAL voorafbetaalde kragmeters kry. Op die oomblik betaal ek vir duisende ontwettige aansluitings in elke squatterkamp in my gebied, COJ het op ‘n TV program erken dat onwettige aansluitings die munisipaliteit R3 biljoen per jaar kos….wat tans uit die sakke van betalende verbruikers gesleep word. Ek self sit met ‘n rekening van R36 000,00 vir elektrisiteit waarvoor ek gefaktureer is vir 10 maande NADAT ek ‘n voorafbetaalde meter laat installeer het!!

Chantell ·

Sodat eskom hele land vir ride kan vat. Prepaid krag was altyd goedkoper as kabel krag maar deesdae is dit duurder jy kan net tussen 600 en 700 eenhede kry as jy daarna koop betaal jy amper R5.50 n eenheid waar kabel een prys is maak nie saak hvl jy gebruik nie en met pryse wat opgaan raak prepaid eenhede minder en duurder so almal wen behalwe verbruiker ek sal enige tyd terug gaan kabel toe met prepaid betaal ons vir al die ander wat nie betaal nie

Lorette ·

Sjoe Chantell, waar bly julle dan? Ek het ook koopkrag en ons gebruik ‘n R1000 per maand. Die eerste R170 gaan vir levie, daarna kos ons krag R1.58 per eenheid. Ons is ‘n huishouding van 3.

Cherokee ·

Chantell, ek hou van die idee dat almal oorskakel na voorafbetaalde meters maar jy maak nou hier ‘n kas wurms oop wat (sover ek weet) die eerste keer opgehaal word. Wat bedoel jy by ‘as jy daarna koop’? Praat jy van ‘n maandelikse rantsoen? Want jy laat dit klink asof dit gerantsoneer word. Sou dit munisipaliteitsgebonde wees of algemeen? Dit is natuurlik die probleem wanneer ‘n franchisehouer soos Eskom (Evkom klink steeds beter!) alleenreg het. Hy erkoop net wat hy in voorraad het maar niemand anders mag voorsien nie. En hy moet sorg dat sy rakke nie leeg raak nie.

Cherokee ·

En waar bly julle Lorette, dat julle slegs R170 levy betaal!?

Sophia ·

Ek stem saam met Chantell. By ons in Pretoria kry jy kamstig ekstra eenhede as jy OP die EERSTE van die maand krag koop, maar die afgelope paar maande is Tshwane altyd ‘off line’ op die eerste! Dit is hoe ons gemanipuleer sal word met die druk van knoppies op die kamstige dae wat jy kan ‘score’. En die ‘poorest of the poor’ kry hulle eenhede in elk geval gratis as hulle dit kan bewys, so daar sal dus ALTYD ‘n skuiwergat wees vir die korruptes ook!!

M A ·

Chantelle, sê jy nou hulle wéét wie die krag koop? Dan gaan dit net weer ‘n situasie afgee waar party mense niks betaal nie en ander moet opdok. Ek verstaan ook nie hoekom dit nou so moeilik is om geld in te vorder nie. Toe ek jonk was, het jy betaal of hulle sit jou krag af en vra nog ‘n aansluitingsfooi ook. As ons nie huur betaal het nie, is ons uitgeskop. Ek moet sê ek verstaan niks van die huidige samelewing nie.

PietseBos ·

Korrek, koopkrag is ook duurder by ons.

Ons Overbergse Munisipaliteit het ‘n amptelike verduideliking in koerant gegee vir die hoe”r koste van voorafbetaalde krag. O.a. omdat gewone gebruikers beloon word vir hul “lojaliteit ” teenoor die munisipaliteit deuroutomatiese maandelikse aftrekkinsg en die deposito op hul rekening.

Chantell ·

Ek bly in boksburg. Ek koop elke maand R1000 se krag dis nou maar 635 eenhede en as ek nie deur die maand kom nie vir een of ander rede en ek wil weer koop voor die 1ste dan betaal ek R5.50 n eenheid kom ek se ek koop n 1000 weer kry ek 189 eenhede vir daai 1000. Dit gebeur as jy kuiermense kry geyser moet langer aan wees ens dis baie erg ek hou elke maand my slippie. Ek kan ook nie op 1ste meer as 1000 koop nie want dan betaal jy ook meer. Gaan doen julle self n guns en gaan kyk na die tarief op die internet daar kan julle sien onder B wat betaal mense met prepaid krag

Uys ·

Mnr molofe, jy slaan die spyker op sy kop.
Jy sê self dan sal die krag wat gesteel word nie ophou nie, maar wel reeds betaal wees deur iemand anders.
Is dit nie wat reeds gebeur nie.
Jul skryf Soweto se skuld af want jul weet jul sal groot skade lei.
Jou prepaid krag is duurder en wie gaan nou die bedrog kontrak kry van die prepaid meters.
Jy staan nou pa vir die prepaid bedrog wat in Pretoria stop gesit is.

Rynhardt ·

Die probleem met koopkrag is, jy betaal nou baie meer, want eenhede raak net minder vir spesifieke bedrag! Ek het die afgelope paar jare gesien hoe eenhede net minder raak met die power rand.Eskom moet ondersoek word vir korrupsie, maar die probleem is dat die Anc smeer alles toe.Ek glo dat met verloop van tyd gaan die damwal bars, m.a.w. Eskom se skandale sal ook navore kom van hoe hy die publiek deurboor! Geldwolwe (nie bekwames) beheer Eskom!

Cherokee ·

‘Geldwolwe (nie bekwames) beheer Eskom!’
DA-beleid, regstellende aksie. Onbevoegdes mag die land se kragreus met BMW’s oor die afgrond in bestuur.

Berhalet ·

Mnr Molefe, julle soek kontant in die hand, nie waar nie? Koopkrag is piekfyn, maar, julle tariewe is kommerwekkend want dit verskil van verkoper tot verkoper. Is dit regverdig? Die nie-betalers waarna verwys word, wie is hulle nou eintlik? As die verbruikers betaal en die munisipaliteit (wat wanbestuur en steel) die versuim om Eskom te betaal, moet die probleem mos op ‘n ander manier hanteer word! As een area se gemiddelde elektrisiteit R50pm is en ‘n ander area se s’n R1000 besteel Eskom mos ons as verbruikers! Gaan julle EEN tarief vir ALMAL instel?

jennefer ·

Jy is reg hieroor, Koop ek vir my werker wat in die Phagameng bly R100 se krag, kry hy meer eenhede as wat ander kry wat in die dorp woon.

Columbiana ·

Hoeveel van daardie onbetaalde skuld behoor aan staatsinstellings wat net eenvoudig nie hulle rekeninge betaal nie? Of hoeveel van dit behoort aan bandjies vir boeties? Dis net die man op straat wat “jy weet wat en betaal”. Laat ons raai die prepaid meters behoort aan iemand se boetie se sussie wat biljoene daaruit gaan maak.

Schalk ·

Chantell ek stem 100% saam. Dit is ‘n feit dat voorafbetaalde krag van area tot area en sekere kalenderdae verskil van prys.
Ons kry wel geskatte rekeninge en neutraliseer dit dan deur vooraf lesings deur te e-pos met foto’s van lesings op die meter. Wel bietjie moeite soms maar net dissipline en siedaar.

Chantell ·

Schalk, ek lees elke maand my water en email dit ook vir hulle dit werk reg geen raai raai nie maar die krag is belaglik en omdat ek voorafbetaalde krag het het ek geen se ek moet maar betaal wat hulle wil he ek kan by checkers, spar of by hulle self koop prys bly selfde

Jean ·

Doodreg, kom sit JULLE ‘n voorafbetaalde meter in my huis, dan sal ons ook een gebruik maar EK gaan nie die koste aangaan nie. En ongelukkig verstaan ek ook dit hang af waar jy jou krag koop van hoeveel dit per eenheid op die ou einde kos ..

leon - Centurion ·

Hulle sal in die stede begin uitrol, wittes en da-swartes sal weer die las van die anc se minder bevoorregte en benadeelde kiesers subsidieer.

KarooKlong ·

BM, jy en jou bende sal moet wakker skrik. Julle het nie gedink voor julle praat nie. Dieselfde as jou kollega BN met studiegeld en dieselfde met jou kollega HM met die SAUK. Die enigste oplossing is die toepassing van die wet in al sy vorme.
BM, kontak my dan gaan wys ek jou hoe word krag gesteel by diegene wat voorafbetaalmeters het.

Cherokee ·

Dit weet ek ook. Die koppeling is veel veiliger, makliker en minder opsigtelik as direk vanaf hoogspanningsdrade.

humor ·

Stem saam met al die genoemde onreelmatighede in vorige kommentare en boonop gaan Molefe se plan daartoe lei dat die strate vol betogende afbrandende ontevredendes sal wees wat alles gratis wil bekom.

Hendrik ·

Ek is nou tien maande sonder elektrisiteit en het al oor die R16000 gespaar hierdie jaar deur nie aan Eskom gekoppel te wees nie. Dit is regtig goed om nie enige verbindtenis te he aan ‘n Metro (Pretoria), Eskom , SAUK en natuurlik SANRAL nie. Ek werk nog aan die SARS gedeelte ;-)

leon - Centurion ·

Hendrik werk hard aan daardie SARS gedeelte. Trots op jou!

Aitoggie ·

Ag wat help dit, want die voorafbetaalde meters kan omseil word. Dan sal daar nogsteeds mense wees wat nie vir hulle krag betaal nie.

Ouma mix ·

Ek stem Jean ek sal nie vir dai instalering betaal nie my man lees elke maand ons krag en water en neem fotos en email dit deur en dan maak hule nog foute en probeer ons vang om sommer n dubbele rek te stuur ek soek nie voorafbetaalde krag nie

Johann ·

Skuus? Vooraf betaal (teen skrikwekkend hoër wisselende tariewe) vir iets wat ESKOM kort kort bloot nie van het nie; of die land gesê word gebruik minder, waarvan daar MILJARDE in risiko lê a.g.v skuld? Rerig? En dan word die “kontrakte” vir die verskaffing en “besteel” van die proses vir almal wat n handpop in die ZUMPIE kraal is gegee?

Wiebo ·

Ek het al vir 3 jaar prepaid krag. Ek gebruik Unipin vouchers, en die bedrag per eenheid is nooit dieselfde bedrag nie. Unipin trek net hul skouers op, en se ek moet Prepaid meters kontak vir navrae. Prepaid meters het GEEN klientediens nie. Dis net ndoodloop straat as ek hulle kontak. Moet maar net betaal en stilbly. Met beurtkrag sit ek ook sonder krag, alhoewel ek alreeds vir my elektrisiteit betaal het. Prepaid het wel meer voordele as nadele.

Xavier ·

Voorafbetaalde krag is ‘n baie goeie idee … todat hulle breek. Dan help dit niks jy koop krag nie, want jy kan nie die diens gebruik nie, ongeag of daar beurtkrag is al dan nie. Met die huidige beperkte hoeveelheid voorafbetaalde meters wat geïnstalleer is, kan die leweansiers alrreeds nie byhou om die goed te herstel nie, so wie gaan verantwoordelik gehou word vir verliese gely a.g.v. onbeholpe staatsbeheerde monopolieë?

PJ ·

Ruik n rot ok ander berig gesien deur molefe waar hy se as ons nie by 2030 kernkrag het nie ons weer beurtkrag gaan he zumpie hom voorgese ?

Cherokee ·

Slegs die munisipaliteit mag voorafbetaalde meters installeer. (In die stad waar ek woon en dit sal waarskynlik elders ook so wees.) Toe ek ‘n voorafbetaalde meter in een van my eiendomme laat installeer het moes ek 7 maande wag nadat ek ‘n relatief hoë bedrag betaal het daarvoor.

Indien die voorstel deurgevoer word sal dit weer korrupsie met kontrakteurs wees en *Eskom sal moet betaal vir die koste verbonde aan die installering*. Volgens hulself sal Eskom miljarde bespaar en wat gaan hulle daarmee doen? Karre koop en bonuses betaal? Dit behoort teruggeploeg te word om die tariewe te verlaag.

Thea Gerber ·

Mnr Molefe hoe koppel jy driefase krag vir ‘n fabriek aan voirafbetaalde meters?

Elizabeth ·

Eskom en hulle regeringsmaatjies is SO BANG dat ons dalk grootskaals op sonkrag sal oorgaan …

Hennie ·

Ek stem eskom krag is te duur. Gaan oor na solar toe en boor vir water as jy kan. Die munisipaliteite steel anway net die geld dit is hoekom die mense krag en water steel. Klerksdorp burgermeester steel n R1m vir n party omdat die anc gewen het. Weet sy dit is ons belasting geld

latie ·

hi die prepaid is nie gud koper nie en nogal duur ek bly self in woonstel ek het altyd gedink dis gukoper maar nee jy moes altyd op airtime he om sms om die nr te kry om in prepiad insit en werk uit meer as r1000 pm en maak baie min kos en gysier afsit elke oggend en middag voor by die huis kom sit aan en dit gebruik baie min en prepiad is nog steeds duur

Rosie ·

Ek het verlede jaar oorgeskakel na voorafbetaalde krag. Vir my werk dit baie beter. Ek het vir 8 maande “interim billing” gehad. Die stadsraad het my meter gratis kom in sit. Ek koop krag by Online Electricity en betaal dieselfde tarief al koop ek elke dag R50 of 3 keer deur die maand.

Mien ·

Hier by ons werk dit so : Eskom voorsien die “Townships” teen ‘n goedkoper tarief as wat ons vir voorafbetaalde krag in die dorp by die plaaslike munisipaliteit betaal. Eerste 50 eenhede R0.85. Volgende 300 R1.07 en daarna R1.45 per eenheid. Die voordeel is, geen kopseer meer met foutiewe lesings en ure se gesukkel om verkeerde rekening reggestel te kry nie. Kyk elke dag hoeveel eenhede ons gebruik. Danksy ‘n solar geyser en kook op gas, spaar ons maklik R500 per maand.

Cherokee ·

Hoe warm maak ‘n ‘solar geyser’ water en wat gebeur as dit vir 3 dae reën met geen sonskyn?

Berhalet ·

Ek betaal huisoglik vir die eerste 100 eenhede R1.52 per eenheid…. Dus subsidieer EK (nie die regering of ESKOM) iemand se elektrisiteit in die township siende dat ek amper dubbeld betaal… Is dit regverdig?

Mien ·

Het vergeet om by te voeg dat ons 10 Watt LED buiteligte gebruik en energiebesparende gloeilampe. Ons normale kragverbruik is omtrent net 12 eenhede per dag.

Maria van Dieweeck ·

Verstaan ek reg? Gaan die mense wat voorheen nie vir krag betaal het nie, nou geforseer probeer word om op te dok?! Die land sal mos afbrand voor dit gebeur. Daar sal ook ernstig moet gekyk word na n streng tipe van wetgewing met swaar strawwe vir hierdie ewige gebreek en gebrand! Afskuwelike vandalisme moet verruil word met selfbeheersing,

sê net ·

Die plase en plotte betaal R 2500 per maand per krag punt nog voordat daar n enkelle KW gebruik is.
Hoe werk dit??????

jennefer ·

Hier by ons ook, gebruik minder eenhede om te spaar maar die helfte van die plaasrekening is vir verskillende “levies” Soms is die bedrag van die “levies” meer as die krag gebruik. en as ek dit uitwerk betaal ons n enorme tarief vir n eenheid.

millie ·

Wonder ek nou net of dit vir ons op die plase ook gaan geld? Ons rekening is hierdie maand ‘ stywe R2626 waarvan net R770 vir direkte kraggebruik was. die res is hulle diensfooie en wat nogal op jou afgedruk kan word! Sal ek baie bly wees om voorafbetaalde krag te kry as hulle daai fooie wegvat

Peet J ·

Indien eenvormigheid van toepassing gemaak gaan word op almal wat oor vaarafbetaalde meters beskik nl. R100 vir 60 eenhede plus 100 eenhede per maand gratis soos dit tans is dan dink ek dit kan werk.

Magda ·

Dit sal wonderlik wees, maar al die staats instellings ook, want dit is hulle wat nie hulle krag betaal nie.
Begin sommer eerste voor jou eie deur.

Cherokee ·

Verskeie gebruikers van voorafbetaalde meters noem hier dat daar verskil is in tarief vir die eerste X-hoeveelheid eenhede en daaropvolgende eenhede wat gekoop word. Niemand het geantwoord op my vraag of dit dus gerantsoeneer word nie. Wie weet hoe wanneer opvolgende eehede gekoop en gebruik word? Beslis word daar nie boek gehou nie want as dit so sou wees sou gypo van die meters (miskien) nie so maklik wees.

Helene smuts ·

Help nie vir krag meters, kyk hoe tap die nedersettings die krag na hul huise. Lyk of eskom die krag daar installeer dat hul dit kan tap. So ons belasting betalers bt steeds daarvoor

Jef ·

Ek het my hele dak vol sonpanele geplaas en n windmill wat wind omsit in krag, dit werk perfek en ek spaar baie geld, selfvoorsienend noem mens dit.

Marina ·

Goeie idee maar nog ‘n rede vir die “mense” om te strike en alles weer aan die brand te steek

Dries ·

Dit sal wonderlik wees om selfversorgend te wees. Net die idee om geen geld te gee vir skelmstreke nie, is al klaar genoeg motivering

Mien ·

Cherokee, ons solar geyser het ook ‘n element vir noodgevalle. Ek moet byvoeg dat ek nie ‘n huishulp het nie. Ons “bestuur” dus self ons warm water en het nog nooit ‘n probleem gehad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.