Eskom-hoof vra om verskoning vir Soweto-inwoners

Betoging teen beurtkrag in Soweto (14 Mei 2015) Foto: @neriahlakotsa, Twitter)

Betoging teen beurtkrag in Soweto (14 Mei 2015) Foto: @neriahlakotsa, Twitter)

Brian Molefe, waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, het Vrydag om verskoning gevra aan inwoners van Soweto vir ʼn uitgerekte kragonderbreking wat tot ʼn betoging in die gemeenskap gelei het.

“Ek wil persoonlik om verskoning vra vir die ongerief wat meeste gebruikers moes beleef weens beurtkrag en ander tegniese foute,” het Molefe in ʼn verklaring gesê. “Die uitgerekte kragonderbreking het plaasgevind weens beurtkrag en van ons kragverspreidingsnetwerke wat gesukkel het om aan die hoë vraag na elektrisiteit te voldoen. Ons waardeer ons klante en is toegewy om ons 5 miljoen klante in die land beter te kan bedien.”

Molefe het gesê Eskom verwelkom die vreedsame manier waarop die Suid-Afrikaanse Nasionale Burgerlike Organisasie (Sanco) en die ANC se Johannesburg-streek hul besware Donderdag oor die kragonderbrekings geopper het. “Ons verwelkom die feit dat Sanco en sy vennote wil hê ons moet bewusmakingsveldtogte van stapel stuur oor die voordele van voorafbetaalde meters en dat hulle wil hê ons moet voorafbetaalde meters verskaf aan inwoners wat kamers huur, sodat elke inwoner vir sy eie gebruik kan betaal,” het hy bygevoeg.

Volgens hom beoog Eskom met die huidige infrastruktuuropgradering in Soweto om bystand te lewer tot die doeltreffende gebruik van elektrisiteit; die behoefte aan beurtkrag te verminder; onnodige en onbeplande kragonderbrekings te verminder; klante te help om hul elektrisiteitskoste te bestuur; onwettige verbindings en elektrisiteitdiefstal te verminder; en te verhoed dat die skuld van R4 miljard verder verhoog.

Maroela Media het Donderdag berig inwoners van Soweto en omliggende dele het ʼn optog gehou teen die herhaaldelike kragonderbrekings en gesê Soweto word “die ergste getref”. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

scalla ·

Wat van die res van die land jou idioot, teen R50 per maand, hoe werk jy

Ina Smith ·

Die betalende verbruikers bly nie almal in Soweto nie .. Hoekom moet ons dan nog 25% verhoging betaal ?? Aikona .. as ek weier om te betaal word my krag summier af gesit , Geen verskoning word aanvaar nie of gegee nie ,, Die hele land ly onder beurtkrag . Elektrisieteit is nie gratis nie … as jy wilgebruik moet jy betaal ek kan nie ‘n voorafbetaalde meter bekostig nie anders het ek al 1 ingesit ,, Hoe werk dit dan nou ??

Berhalet Beukes ·

Niemand het my omverskoning gevra toe my elektrisiteit foutiewelik afgesluit is en ek na ‘n lang storie die aansluitingsfooi tersyde gestel gekry het nie. Niemand vra my omverskoning dat ek meer as ‘n R1000 ‘n maand vir elektrisiteit betaal vir twee mense terwyl ander R50 vir vier of vyf betaal nie! Eskom moet ‘n slag ‘n ruggraat kry en die wanbalans regstel!

Charles ·

Ons sal nooit wen nie, nie met n klomp skelms nie Soweto nou die hoofstad van ons land en dan nkandla

johan ·

Waarom word die hele land nie omverskoning gevra nie. Die bestuur van Eskom is onbevoeg en ons as belastingbetalers moet daarvoor betaal.

Rynhardt ·

Eskom vra Soweto inwoners omverskoning, maar wat van die res van die land? Ekskuus, as jy wit is kan jy net betaal vir Eskom se astronomiese salarisse, ekstra bonusse en luukse partytjies wat gereeld plaasvind.Vanaf 2008-2015speel Eskom en die Anc ,SA met beurtkrag.Vanaf 2008 kos die beurtkrag die land tussen R20-R80miljard per maand! Tot ophede weier die media om die gesamentlike koste uit te spel.Die SA ekonomie word doelbewus vernietig.Minister Lynne Brown en die Anc weet goed wat aangaan by Eskom.Die “dinosaurus-media” weet ook, maar verkies om stil te bly, maar dan wil Eskom n 25% tariefverhoging he, terwyl niks gaan verbeter nie.Wat hulle nie vir die publiek wil uitspel nie, is dat Eskom en die Anc, die land na donkerte en groot chaos neem.n Voormalige ingenieur, Christo Viljoen het op 20Desember 2014 die volgende aan die Burger gese:”Eskom het nie n energie-krisis nie! Dit spreek boekdele.Ongelukkig kan n groot deel van die publiek nie sien wat besig is om voor hul oe te ontwikkel nie.

Bruno Stef ·

Dit is nie n betoging teen beurtkrag nie dit gaan eintlik dat hulle betoog om n gesubsideerde bedrag of vryskelding in baie gevalle verwag.EKSDOM kry vir julle wat van die waarskuwings wat al in 1993 ivm die wanbetalings kultuur aan julle gekomminukeer was en julle te doof was om aan te hoor nou kry julle lekker slae.Wees net versigtig daar is mense wat die elektriese infrastruktuur gaan beskadig as hulle nie krag het nie wat weer miljoene gaan kos.

CHRISTA ·

Jarre gelede (lank voor 1993) het die ANC die betaling van dienste-booikotte ingestel!! Die ANC is nou in die “driver’s seat” en no braai hulle in hulle eie vet!! Al probleem is: hulle laat die hele land as gevolg daarvan ondergaan!!! (Wat jy saai sal jy maai!!).

Chivago ·

Rerig? Waar is ons in Krugersdorp se verskoning? Ons het maandag vir meer as 9 ure sonder krag gesit – vanaf 13h00 tot 22h30! Idiote…….

Bruno Stef ·

Ek wonder net wat sal die inwoners van Soweto doen as hulle n rekening kry vir hul maandelikse verbruik van R600000-00 bykans in pleks van die R1000-00 en minder wat ek vir jare lank al betaal en deeglik van boekgehou het.Die ironie van die bogenoemde saak is dat ons pensioenarisse is in n klein dorpie woon/gasstoof het en n solar water verwarmer het.Ek is in besit van die kader grapjaste se Aborsie rekening vanaf die dorpsraad.

jacques ·

Shame arme mense nare Eskom wat die mense so sonder krag kan laat sit.

CHRISTA ·

Ons was Dinsdag middernag tot Dinsdag 9h00 sonder krag in dele van Edenvale en jy het nie ‘n dooie woord uit Ekurhuleni of Eskom se monde gehoor waarom nie, wat nog van ‘n verskoning!!

Gielie - Namibia ·

Vra jy nou om verskoning vir die ouens wat NIE betaal nie…. Lekker man, lêêêkker! Dankie FW, Roelfie en Pikkie, nou’s SA darem lekker demokraties.

Johan van Wyk ·

In einde Maart 2014 was my krag vir omtrent n hele naweek afgewees. Geen verduideliking of omverskoning was aangebied. Soweto skuld Eskom by die R3.6 mil en hulle kry n omverskoning. Nou wonder ek of dit maar net gaan oor ras….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.