Eskom-hoofde permanent aangestel

Brian Molefe, Eskom

Brian Molefe, Eskom

Die kabinet het die permanente aanstellings van verskeie hoës by Eskom aanvaar.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het bevestig Ben Ngubane is permanent aangestel as voorsitter van die Eskom-raad, Brian Molefe as uitvoerende hoof en Anoj Singh as hoof finansiële beampte.

Ngubane is as waarnemende voorsitter in Maart aangestel nadat Zola Tsotsi bedank het te midde van spanning met mede-raadslede wat hom daarvan beskuldig het dat hy ingemeng het met die uitvoerende bestuur van die maatskappy.

Molefe het in die middel van April by Ngubane aangesluit nadat die vorige uitvoerende hoof Tshediso Matona, en vier ander uitvoerende lewe geskors is hangende ʼn ondersoek wat Tsotsi ingestel het oor Eskom se probleme. Matona en twee van die uitvoerende lede het intussen “op ʼn gemoedelike wyse” bedank. In Julie is die aankondiging gemaak dat al vier uitvoerende lede vrygespreek is van enige verkeerde optrede.

Singh is in Augustus aangewys as die hoof finansiële beampte.

Ngubane is vir ʼn tydperk van drie jaar aangestel. Die raad moet nog finale bepalings uitwerk vir Molefe en Singh se kontrakte.

“Ngubane en Molefe het daarin geslaag om stabiliteit na die maatskappy te bring terwyl die kragvoorsiener netwerkprobleme moes hanteer,” het Brown gesê. “Ek verwelkom hierdie aanstellings en dit is deel van my voortslepende ingryping om Eskom te stabiliseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CHRISTA ·

Ek dink dis meer om ‘n voorslepende ingryping om ‘n multimiljoenrand se inkomste per jaar te verseker!!!

Mike de Beer ·

Hopelik is hulle kundigheid, ondervinding en kwalifikasies geverifieer VOOR aanstellings gedoen is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.