Eskom hou ligte aan op eerste dag van skool

(Argieffoto: pixabay)

Dit was Woensdagoggend terug skool toe – en minstens sonder beurtkrag.

Eskom het vroegoggend gesê geen beurtkrag word vir vandag beplan nie, goeie nuus vir die skole waar miljoene leerders vandag met die 2020-skooljaar begin het.

“Eskom beoog nie om beurtkrag in werking te stel nie, ten spyte daarvan dat die stelsel weens steenkoolhanteringsprobleme onder druk is. Die probleme by steenkoolkragsentrales is veroorsaak deur oorstromings.

“Ons herstelplanne is op dreef en ons sien reeds dat sommige eenhede aanlyn kom,” het Eskom gesê.

Teen vanoggend 07:00 was onbeplande instandhoudingswerk of meganiese probleme verantwoordelik vir ʼn verlies van 12 312 MW uit die stelsel. “Ons spanne werk hard om te verseker die eenhede word aanlyn gebring sodat kapasiteit verhoog kan word.

“Ons sal noodreserwes gebruik om die huidige kapasiteit ʼn hupstoot te gee en het genoeg reserwes by ons pompopgaarskemas en dieselopwekkers opgebou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johan ·

Dit klink asof dit so n prestasie is. Dit moet aan wees . Ons betaal daarvoor. Hulle bewys ons nie n guns nie!!

SjN ·

Oorstromings, wat n swak verskoning, die rede werklik is onbevoegdheid.

Gemaskerde Sopbeen ·

Nie net betaal ouertjies hulle eie huise se elektrisiteitsverbruik nie, nee….hulle betaal ook die skool s’n. Die skool….wat nie “wins bejag” is soos ‘n winkelsentrum of iets produseer soos ‘n fabriek nie……betaal dieselfde munisipale tariewe wat van toepassing is op winkelsentrums en industriële persele. Met ander woorde…..ouers betaal die korrupte useless munisipaliteit wat “wins” maak op elektrisiteit, en dan betaal hulle WEER die skool se elektrisiteitsverbruik aan dieselfde korrupte useless munisipaliteit wat WEER daar ook wins maak……….Hoekom ouers nog nooit opgestaan het en aangedring het dat skole (waar ons besig is om die land se toekoms en potensiaal te ontwikkel) elektrisiteit kan kry teen KOSPRYS nie…..is nie duidelik nie. Jy betaal tog nie jou buurman se kragverbruik nie, maar jy betaal jou kind se skool s’n…….en daar brand die ligte dag en nag….want dan kan ons net die skoolfonds weer opstoot!!!

Stephan ·

Skielik kan Eskom wakker word, al wat hulle nodig had, is ‘n ernstige dreigement uit hoë politieke kringe.
Maar dat hul bestuurstyl moet wakker word, is gewis.
Ek stel voor dat die verbruikers se tarriewe dieselfde bly, en dat Eskom hul personeel afskaal, en standaard salarisse begin betaal. Krismis is verby, nou wérk jy vir jou salaris (vir ‘n verandering!). En as jy nie wil werk nie, is jy uit by die deur!
Die publiek moet nie gestraf word vir Eskom se foute nie, dis onbillik!

Trojaanse Donkie ·

Dis uitstekende nuus so niemand kan eendag kla dat daar nie eers elektrieseteit was toe hy die eerste skool toe gegaan het nie.

Bert ·

Eskom is vandag in die hof vir belaglik hoër tariewe, watter tentrum gaan hulle gooi as hulle nie hul sin kry nie???

John ·

Wat op deeske aarde doen ons met ‘n kernkragkorporasie met slegs een kernkragaanleg en geen planne vir nog in die nabye toekoms nie nog minder vir die bou van atoombomme. Nou is die spul glo kwaad oor befondsing. Ons kan nie sulke nuts-bomplantasies bekostig nie. Regtig waar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.