Eskom het Maandagmiddag sy beurtkragskedule opgestoot na fase 6‑beurtkrag. Dit is die eerste keer wat Eskom beurtkrag in só ʼn drastiese mate toepas.
“Ons vra opreg om verskoning dat ons vanaf 18:00 Maandagmiddag fase 4‑beurtkrag moet opskuif na fase ses,” lui ʼn verklaring deur Eskom laat Maandagmiddag. Dit is omdat Eskom tegniese probleme by hul Medupi-kragsentrale in Limpopo ondervind en dus nou ʼn tekort aan opwekkingskapasiteit het. Luidens die verklaring het swaar reën boonop probleme met die hantering van steenkool, sowel as bedryfsprobleme veroorsaak.
Die kragkenner Chris Yelland het verlede Donderdag getwiet dat nie ʼn enkele opwekkingseenheid toe by die Kusile-kragsentrale in werking was nie.
Eskom kon nie bevestig hoe lank dié fase in werking sal wees nie. “Ons herinner kragverbruikers dat fase 6‑beurtkrag nie rede tot paniek is nie, aangesien die stelsel doeltreffend bestuur word,” sê Eskom. Tydens fase 6 word 6 000 MW bespaar deur Suid-Afrikaners om die beurt van krag te voorsien. Dit beteken in effek dat langer kragonderbrekings meer gereeld voorkom. Eskom sê sy tegniese spanne sal deur die nag werk om meer krag so vinnig moontlik te herstel.
“Beurtkrag is ʼn verantwoordelik beheerde proses wat geïmplementeer word om ʼn totale ineenstorting van die kragstelsel te voorkom. Die stelsel maak voorsiening vir beurtkrag om nog tot op fase 8 geïmplementeer word.”
Probleem is as krag afgaan is daar geen selfoon sein. Kriminele gaan baie gou dit besef en huise roof in die tyd. Hier kom n groot ding.
Dit gebeur al van gister af in die buurt waar ek bly.
Good morning to a brand new South Africa. The change from this week will be history. Is this what we are working to. Have a nice historical day!
“A new dawn” moving into “A new darkness”
Plus, die polisie wil in 2020 alle privaat vuurwapens wat wettig vir selfverdediging besit word, onwetting maak en alles teruggehandig he.
Die twee planne loop inmekaar in – met opset. Isoleer en ontwapen.
Wêreld kampioene in lieg en bedrieg, druk nou maar julle trots in julle sakke ek kry die wit kundiges terug
Ek dink nie hulle het trots nie Ig.
What a joke wie het daai goed gebou??
Ek dink die beskrywing is verkeerd 6000mw word nie gespaar nie maar daar word 6000mw minder opgewek wat dan veroorsaak dat daarminder beskikbaar is daarom dan beurt krag .
Op fase 8 blaas hulle die kerse dood! ????
Ja Koos en fase 10 kom haal hulle jou vrou want sy is die lig van jou lewe
anc se bestuursvermoe is uiters swak, steenkool is nat, wat se grap is dit, julle het nie die vermoe om enigiets reg te bestuur nie, dis tyd dat julle jul paai vat en trap, ONBEVOEG is nie eers die gepaste woord nie
Eskom lieg te veel en doen te min.
Wat van ‘n bietjie load shedding op hulle salarise
Wat was voor kerse? Eskom.
Nee man, hulle soek prestasie bonusse anders word daar gestaak.
Fase 6 vir almal of net sekere gebede? Dog maar net ek vra.
Defnitief nie die grootste krag skuldenaar nl Soweto nie.
Wat gebeur ná fase-8?
Na fase 8 skop die wigte en teenwigte in.
Geen rede tot kommer nie.
Dan kry ons twee ure elektrisiteit per dag.
Na fase 8… wel, daar is blykbaar een kragstasie nog oor wat kan self-start. Dit sal enigiets van 2 weke opwaarts vat om weer die netwerk op te kry as dit “omgeval” het agv. oorlading. En dit is is alles weer werke n reg loop.
Maw. as die netwerk omval is dit die einde van SA. Stel jou voor wat in hierdie land sal gebeur. Dit sal die Siriese burgeroorlog na ‘n teepartytjie laat lyk.
En wat van Soweto…mamelodi en kaylitsha?
Kan Maroela media bevestig asb
Van die genoemde areas kry nie beurtkrag nie – nooit nie
Ek is gewoonlik positief, onrealisties positief, maar dit voel vir my of SA toemaak! Die skip sink…
…….doeltreffend bestuur???!!!!!!!, doeltreffend bestuur my alie,…… as Eskom doeltreffend bestuur was sou ons nie geweet het wat is beurtkrag nie!!!!!!!!!!
Ek dink as oom Cyril nou enigsins wil bewys dat hy van iets meer gemaak is as net leë beloftes… soos ons hom leer ken het teen die tyd… dan maak hy self n paar planne, gee n paar opdragte, en laat n paar koppe rol. Sy stilte in hierdie situasie sal boekdele spreek van sy onvermoeë om op te staan as n gerekende leier.
Swak!!! Kry iemand wat iets weet en nie nattigheid die skuld gee en doen jul werk nl. instandhouding. WAAR IS DIE SKEDULES VIR ONS BEPLANNING!! Eskom is pateties.
Dit is tyd dat die direkteure en top bestuur van ESKOM nie ontslaan word nie maar geskiet word. Hulle is mense wat ons nie in die land nodig het nei!!!
Stop onmiddelik die kragtoevoer na lande soos Zimbabwe, Lesotho, Swaziland en Mosambiek indien hulle agterstallig is met die rekening en gebruik die krag vir Suid Afrikaners. Dit gesê, sny dan ook die krag af na Soweto met ‘n R3 biloen agterstallige rekening
Mense dit is presies so met die petrol prys. Die buurland kry ons krag en petrol cheap cheap. En ons kry niks en betaal daarvoor. Ons mense is lekke stupid. Ons betaal daai mense se salarisse. Ons moet stop betaal en en ons belasting terug hou.
Eskom en die sogenaamde ANC leierskap is ‘n GRAP!!
Hierdie “nuutgeboude” kragsentrales gee nou al jare lank deurlopend probleme. Kan hulle nou maar vir eens vir altyd werklik kundige mense kry om die probleem op te los. En as van hulle toevallig wit is, “so what” ? Kry net die sentrales permanent reg! Los kleinlike politiekery….
Ja wel ons het sedert 8 uur Sondag aand GEEN krag in GROOT gedeeltes van Monumentparj Pretoria nie! Watter FASE is dit? O ja…die een waar die ANC ANARGIE aanhits totdat hulle met mag en pag kan oorneem. G.AT.T.T.T.TVOL om elke maand te betaal vir “dienste” terwyl the people free for all pleeg?
Ja nee , daar word gesê dat met fase 8 blaas hulle die kerse uit , dan neem ek aan met fase 10 gaan hulle al die vuurhoutjies en kerse van die winkels wegneem!
Ek sou nog ‘n grappie met julle ook gedeel het oor die loadshedding maar julle sien ek het nou nie die krag vir dit nie!
Waar is al die positiewe mense, ons moet jubbel en sing en minder negetief wees. Almal op die hiep- hiep hoera springbok bus na nerens.
Hulle technici “werk deur die nag” Hulle flippen beter deur die nag werk. Wat ‘n belaglike opmerking.
Probeer positief wees maar dit raak al hoe moeiliker!
“na nerens jip” :)
Dit help nie om nou deur die nag te werk nie, hulle moes al lankal deur die nag werk om genoeg elektrisiteit te kan voorsien.
Medupi Medupi Medupi ….. ek wil nou al … (die .. woord) … as ek naam hoor.
Tik tak tik tak… Dit voorspel niks goed vir die land volgende jaar nie.
Mense moet vir hulle self begin sorg. Op die staat kan n mens nie staatmaak nie.
BEEE en Affirmative action = back to the stone age. Moeilik om te glo ons land het op n stadium atoombomme, vuurpyle en helikopters gebou nou kan ons nie eens ligte aanhou nie. Wat n grap. African National circus. Sit die netwerk af en gee elke burger geld om sonpanele te koop baie goedkoper en meer effektief op die lang termyn
Watse twak “hou alle toestelle afgeskakel” wat van die yskas verseker kan mens dit nie net af los nie! So gatvol regtig. Hoe lank moet ons as verbruiker wat net bly betaal vir n diens wat nie beskikbaar is nie?
Op ander berigte word “flooding a major factor for stage 6” aangevoer. Kan ons fotos sien van die oorstromings by die aanlegte asb??? Of moet ons eerder fotos van onbekwame bestuur en balansstate sien? Eskom vry hard na die ekstra R27B wat hy wil hê.
As julle dit goed bestuur het, was al hierdie ongerief nie nou nodig nie!!
Gaan hul vir al ons skade betaal????
Verhef die geld van almal nie net sekeres.
Waar is die dae dat as jy laat betaal of glad nie betaal het teen n seker tyd, is jou krag sumier afgesny en moes jy n X bedrag betaal om dit weer aan te laat sit??
Nee wat as almal hul krag betaal sal beurtkrag nie nodig wees.
Maar dis mos lekker in die land van melk en heuning.
Ons krag in die weste van Pretoria, was gister af van 15h00 tot 18h00 toe weer 18h15 tot 20h30 en vanoggend 4h00 nog steeds af. van Pretoria wes tot by Pretoria noord.
ń Substasie brand blykbaar in Pretoria Wes.
Ons gesin immigreer 28 Des na NZ.
Ons het besef ons is paddas wat hier in die pot louwater sit en n ruk gelede besluit ons klim nou maar uit.
Voel hartseer om n land waarvoor ons baie lief was en ons geliefdes en vriende te moet agterlaat,asook jammer vir mense wat geen ander opsie het as om te moet bly nie.
Dis n hartseer situasie dat n mens eintlik
“gedwing” word om te moet pak en gaan.
Ek vermoed ons sal ook die proses aan die gang moet sit, al wil ek nie. Dis ‘n dapper stap so well done.! Ons kwalifiseer, maar ek is baie familie vas en so bang my kinders is ongelukkig sonder hul niggies en nefies, ouma’s, oupa’s ens. ver weg. Maar voel vir my ook al hoe meer ons het nie keuse nie… Voel lankal soos bywoner in my eie land! Kan dan seker maar net sowel bywoner in ‘n ontwikkelende land wees! Die nuwe NHI is ons grootste vrees.
Ek sal twee keer dink voor ek NZ toe gaan. Die plek is op n vulkaaniese eiland gebou en daar het so pas n vulkaan oopgebars. Nee wat bly maar in SA sal die pyn en hel hier verduur.
Ek is in Mountain View en alles is ook nog af en ek wonder of ons vandag ‘n liggie sal kan aanskakel.
Bokke het darem die wereldbeker gewen met ‘n 50% kwota span. Ons moet positief wees en nasie bou (asof dit nie reeds gebeur teen aanwas van 5% per jaar nie), watse negatiwiteit is dit oor bietjie elektrisiteit? Mense in Afrika het vir duisende jare met vuur oor die weg gekom ons kan ook.
Nie rede tot paniek nie want stelsel word doeltreffend bestuur – moenie dat ek lag nie – julle onkapabeles kan nie eens ‘n winkeltrollie bestuur nie.
Soos dit tans is veroorsaak hierdie kragonderbrekings baie skade in huise van belastingbetalers wat hulle kant bring.
Een van die dae is die krag vir dae aaneen af – dan gaan daar groot skade wees en die parasiete lekker kom “inkopies” doen want dan is die alarmstelsel se battery ook lankal pap.
permanent Fase K.