Eskom-interdik: ‘Hof moenie verbruikers straf nie’

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

AfriForum en AfriSake se aansoek vir ʼn dringende interdik teen Eskom se planne, om die kragtoevoer na agt munisipaliteite op 5 Januarie 2017 af te sny, word nou Woensdag aangehoor.

Regter Hans Fabricius het Dinsdagoggend die aansoek aangehoor en gesê die regsbevoegdheid (locus standi) van AfriForum en AfriSake om die hofaansoek te bring en die dringendheid daarvan pla hom.

Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regering en omgewingsake, het gesê die organisasies sal maklik hul regsbevoegdheid in die saak kan argumenteer, aangesien hulle al honderde soortgelyke sake gedryf het. “Wetsgehoorsame verbruikers van munisipale dienste word direk gestraf vir die disfunksionele administrasie van hul munisipaliteite.”

Pawson het gesê ʼn ooreenkoms is bereik dat Eskom nie die krag van munisipaliteite sal afsny totdat die dispuut op 22 Maart aangehoor word nie. “Ons was verras om te hoor hulle beplan om wel krag af te sny en daarom het ons aansoek gedoen om die dringende interdik. Daar is ander alternatiewe vir Eskom om die geld in te vorder, deur byvoorbeeld direk met die Tesourie te onderhandel om beslag te lê op die geoormerkte munisipale fondse vanaf die regering. Ons kan die benadeling keer, maar die staat moet die oplossing self polities vind. Geen hof behoort die benadeling van die Suid-Afrikaanse verbruiker te ondersteun as gevolg van swak administrasie van die staat self nie.”

Dit het oor die feestyd aan die lig gekom dat Eskom van plan is om kragtoevoer na inwoners van verskeie munisipaliteite in die Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat af te sny, omdat sekere munisipaliteite versuim het om geld, wat vir elektrisiteitsverskaffing van inwoners ingevorder is, aan Eskom oor te betaal. Hierdie munisipaliteite skuld Eskom miljarde rande.

Die munisipaliteite is Kamiesberg ( Garies, Hondeklipbaai, Kamieskroon), Thembelihle (Hopetown, Strydenburg), Moqhaka ( Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon), Masilonyana (Brandfort, Theunissen, Verkeerdevlei en Winburg), Nketoana (Reitz, Lindley en Petrus Steyn), Mantsopa (Excelsior, Ladybrand en Tweespruit), Tokologo (Boshof en Dealesville), Nala (Bothaville en Wesselsbron) en Dihlabeng (Bethlehem, Paul Roux en Rosendal).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
elmien

Die mense moet begin aanspreeklik gehou hou word wat die gemors veroorsaak. Genoeg is nou genoeg. Dit gaan nie eers so sleg in ons buurlande nie.

John Henning

Goeie middag Macus Pawson net n vraag oor die legimiteit waar metsemaholo munisipaliteit basiese elektrisiteit water en sewrage fondse hef van grond eienaars wat lee erwe besit in Oranjeville is dit die praktyk.Groete

Elize

Die munisipaliteite skrik nie vir dreigemente nie en wanneer nie krag werklik afgesny word ‘”verskyn” die nodige fondse skielik om die rekening te betaal. Eskom is ‘n diensverskaffer en die diens is gelewer, betaling moet geskied. Eskom wat erg onder die spervuur (met rede) in die verlede en het sy sokkies opgetrek die afgelope tyd en poog om sy diens en interne bestuur reg te ruk. Daar word vergeet dat daar steeds hardwerkende Eskom werknemers is wat ook hulle krag en rekening moet betaal, as Eskom nie sy uitstaande skuld kan invorder nie sit daar weer binnekort ‘n groot hoeveelheid… Lees meer »

Kobus

Naledi in Noordwes word nie genoem…maar hier wag ons in spanning of dit gaan gebeur…krag soggens vanaf 6 tot 8 en saans van 6 tot half 8…soos berigte dit plaaslik wil he

Sally

LET WEL: almal munisipaliteite wat deur die ANC regeer word….SKANDE!!!!