Eskom-interdik: ‘Hof moenie verbruikers straf nie’

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

AfriForum en AfriSake se aansoek vir ʼn dringende interdik teen Eskom se planne, om die kragtoevoer na agt munisipaliteite op 5 Januarie 2017 af te sny, word nou Woensdag aangehoor.

Regter Hans Fabricius het Dinsdagoggend die aansoek aangehoor en gesê die regsbevoegdheid (locus standi) van AfriForum en AfriSake om die hofaansoek te bring en die dringendheid daarvan pla hom.

Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regering en omgewingsake, het gesê die organisasies sal maklik hul regsbevoegdheid in die saak kan argumenteer, aangesien hulle al honderde soortgelyke sake gedryf het. “Wetsgehoorsame verbruikers van munisipale dienste word direk gestraf vir die disfunksionele administrasie van hul munisipaliteite.”

Pawson het gesê ʼn ooreenkoms is bereik dat Eskom nie die krag van munisipaliteite sal afsny totdat die dispuut op 22 Maart aangehoor word nie. “Ons was verras om te hoor hulle beplan om wel krag af te sny en daarom het ons aansoek gedoen om die dringende interdik. Daar is ander alternatiewe vir Eskom om die geld in te vorder, deur byvoorbeeld direk met die Tesourie te onderhandel om beslag te lê op die geoormerkte munisipale fondse vanaf die regering. Ons kan die benadeling keer, maar die staat moet die oplossing self polities vind. Geen hof behoort die benadeling van die Suid-Afrikaanse verbruiker te ondersteun as gevolg van swak administrasie van die staat self nie.”

Dit het oor die feestyd aan die lig gekom dat Eskom van plan is om kragtoevoer na inwoners van verskeie munisipaliteite in die Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat af te sny, omdat sekere munisipaliteite versuim het om geld, wat vir elektrisiteitsverskaffing van inwoners ingevorder is, aan Eskom oor te betaal. Hierdie munisipaliteite skuld Eskom miljarde rande.

Die munisipaliteite is Kamiesberg ( Garies, Hondeklipbaai, Kamieskroon), Thembelihle (Hopetown, Strydenburg), Moqhaka ( Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon), Masilonyana (Brandfort, Theunissen, Verkeerdevlei en Winburg), Nketoana (Reitz, Lindley en Petrus Steyn), Mantsopa (Excelsior, Ladybrand en Tweespruit), Tokologo (Boshof en Dealesville), Nala (Bothaville en Wesselsbron) en Dihlabeng (Bethlehem, Paul Roux en Rosendal).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

elmien ·

Die mense moet begin aanspreeklik gehou hou word wat die gemors veroorsaak. Genoeg is nou genoeg. Dit gaan nie eers so sleg in ons buurlande nie.

John Henning ·

Goeie middag Macus Pawson net n vraag oor die legimiteit waar metsemaholo munisipaliteit basiese elektrisiteit water en sewrage fondse hef van grond eienaars wat lee erwe besit in Oranjeville is dit die praktyk.Groete

Elize ·

Die munisipaliteite skrik nie vir dreigemente nie en wanneer nie krag werklik afgesny word ‘”verskyn” die nodige fondse skielik om die rekening te betaal. Eskom is ‘n diensverskaffer en die diens is gelewer, betaling moet geskied. Eskom wat erg onder die spervuur (met rede) in die verlede en het sy sokkies opgetrek die afgelope tyd en poog om sy diens en interne bestuur reg te ruk. Daar word vergeet dat daar steeds hardwerkende Eskom werknemers is wat ook hulle krag en rekening moet betaal, as Eskom nie sy uitstaande skuld kan invorder nie sit daar weer binnekort ‘n groot hoeveelheid van sy werknemers sonder werk en inkomste as hulle kostes moet sny.

Kobus ·

Naledi in Noordwes word nie genoem…maar hier wag ons in spanning of dit gaan gebeur…krag soggens vanaf 6 tot 8 en saans van 6 tot half 8…soos berigte dit plaaslik wil he

Sally ·

LET WEL: almal munisipaliteite wat deur die ANC regeer word….SKANDE!!!!

Elize ·

Die munisipaliteite skrik nie vir ultimatums nie, hulle verstaan net indien die krag werklik afgesit word en dan verskyn die nodige fondse skielik van nêrens af nie en betaal hulle die skuld. Ek het simpatie met die verbruiker, maar dis dalk al hoe julle geld in die toekoms reg bestuur sal word.

Marcel ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar ‘n munisipaliteit is. Hoekom is dit nie sommer direk van Eskom na verbruiker toe nie??? Hoekom nog die middelman wat kostes op jaag en dan nog die geld steel ook? Nou gaan die ou wat betaal vir sy krag nie meer krag hê nie en hy gaan niks kan doen nie terwyl die munisipaliteit seker net skouertjies gaan optrek soos altyd.

Cherokee ·

Ek stem 100% saam met wat jy sê, Elize. Die krag behoort gesny te word en soos jy sê, simpatie met die betalende verbruiker maar dit is die enigste manier waarop dit reg gestel kan word.

Nico ·

Blykbaar “koop” die munisipaliteite die krag by Eskom en “verkoop” dit vir ‘n aansienlike wins aan die verbruiker. Hulle begrotings sou nie balanseer sonder hierdie ekstra inkomste nie. Stadsraaad het dan die verantwoordelikheid om die munisipale krag-infrastruktuur in stand te hou. Wel, teoreties….

Jan maak n Plan ·

Laat hulle maar gerus die krag afsny, maar onthou die swart woongebiede is ook deel van ‘n dorp so hulle krag moet ook gesny word. Ek sien n paar munisipale geboue gaan weer lekker brand.
Seker sal net die wit gebiede gesny word, want die swart woongebiede kry krag direk van Escom af.

anel ·

Dis net sleg dat jy as verbruiker jou krag betaal het. Koopkrag verbruikers moet gestraf word vir Naledi (Vryburg) wat nie hulle rekeninge betaal nie. Hoe kan so iets toegelaat word. En wat van al jou elektriese goed wat die elektriese onstabliliteit nie gaan kan hanteer nie, wat gaan breek, wie gaan dit vervang?

Lance ·

Ek se sny en sorteer dit dan uit …die mense wat krag steel maak altyd staat op die getroue mense en ry hulle vir alles en so is alles maar weer ok

Willem Pretorius ·

Maluti a Phofung munisipaliteit (Harrismith , Kestel en Phutaditjhaba) het laas toe hulle die kreg wou sny R181 miljoen geskuld nou danksy die inmenging van Afriforum skuld dieselfde munisipaliteit R1,6 miljard. Nie miljoen nie. So die skuld hoop op omrede Afriforum die anc munisipaliteite beskerm. Mense begin al wonder of hulle nie net nog ‘n tak van die anc is nie. Interessant MAP word nie eens genoem in die lys wat opgestel is nie. Waarom????

Ronel ·

Ek bly in Kroonstad en julle sal verbaas wees hoe dit hier gaan. Ons betaal ons erfbelasting, water en Koop krag, maar van dienslewering is daar nie sprake nie. So waantoe gaan ons geld?? EK gee julle 2 raaie! Eskom moet maar net beslag lê op eiendom van die munispaliteite. So maklik soos dit. Moenie ons wat betaal straf nie. Dis net sowel jou boetie doen stout en jy kry pak. Klink nie vir my regverdig nie. Maar so gaan dit seker in die mense se koppe. STraf die onskuldige….

Erika ·

Ek vra ook die vragmotor???? Waarom kan ons verbruikers nie ons koopkrag direk van Eskom koop nie. Sny dan die nie betalers en munisipale krag af. Waarom die gereelde betalers straf…

domkop ·

Eskom is korporasie waarin die Staat n beherende aandeel het. Die Staat word deur die ANC beheer. Al 8 hierdie munisipaliteite word ook deur die ANC beheer. So eintlik wil die ANC die ANC se krag afsny. Of mis ek iets hier?

Marius van Kroonstad (Mars) ·

Straf word nou uitgevoer aan verbruikers! HOEKOM? Die verbruikers? . Kyk na swart woongebiede, wat krag STEEL, en in stede! Dis hul wat SKULD, en munisibaliteite Wat KOERUPT IS !, .. Nie n betalende verbruiker nie!

John ·

Eskomkrag word alweer duurder vanjaar. Die probleme gaan al groter word soos wat Eskom groter droom en wonderlike planne fabriseer om die hele Afrika te bedraad vir groot geld (ook rekeninge wat nie betaal gaan word nie). Ons sal moet opdok vir al die gevaarlike atoomkragstasies op ons kuslyn. Wanneer marsjeer die land teen atoomkragstasies of gaan ons wag totdat dit eers staan voor ons wakkerskrik… soos met die tolpaaie.

raai wie ·

onlangs oppad KNP toe het ons verby n nedersetting gery. TULLAMAHASH. ek het die naam neergeskryf. soveel onwettige konneksies na elke huis, het my stomgeslaan. dis op n afstand sigbaar. hoekom is daar niks gedoen nie? dit moet after all betaal word. niemand, nie eers anc lede kan vat wat hulle nie kan bekostig nie.

Danie ·

Dis maklik om te sê sny af as jy nie in daardie areas bly nie.

Callie van der Merwe ·

Afri Forum is besig om die kluts kwyt te raak! Dit is tyd dat munisipaliteite hul rekenings betaal en ons as munisipale verbruikers ons stadsrade tot verantwoordelik roep. Hoe verwag ons Eskom moet sy saak in orde kry as Afri Forum munisipaliteite ruimte gee om nie te betaal. Skandelik Afri Forum en jou skoot hondjie Afri Sake!!!!!

Maria Marais ·

Sien Ermelo Mpumalanga en omliggende dele word nie genoem nie en in ons koerant is ons al reeds gewarsku dat ons beurtkrag sal kry van 23 Jan juis oor ons krag gesny gaan word oor wanbetaaling. Ek wil ook direk by Eskom koop en is gaivol om gestraf te word vir wan administrasie ek betaal my krag en rekeninge soos ek moet so my vraag is ook nou ” Waarom onskuldige mense straf “

Disekdai ·

Skakel als wat jy moontlik self kan, om na gas, sonkrag, windkrag, “generator” krag sodat jy Eskom krag net in noodgevalle moet gebruik of glad nie. Sodoende word mens se siel minder versondig deur als hierbo genoem uit te skakel. Buitendien gaan Eskom met ‘n oorskot krag sit, binne 5jr van nou af want geen verbruiker sal dit meer kan bekostig nie en sou buitendien alternatiewe krag bekom het of soos ons mede burgers dit “tap” van die hoof toevoer af sonder om daarvoor te betaal soos die voorbeelde wat vir ons gestel word.

snoefie ·

almal betrokke is bang as ons voorafbetaalde krag van eskom self kan koop gaan hulle die gebruiker n guns doen. ons moet petisies opstel om van eskom self te koop en een kW een prys te betaal of ons nou 20 000 kw in South Downs of net 25 kW in Soweto koop.

Pieter ·

Dit is verkeerd om betalende verbruikers te straf omdat munisipaliteite geld wat hul invorder nie aan Eskom betaal nie en aanhou krag voorsien aan gebruikers wat nie hul rekeninge betaal nie. Moenie Afrifiorum beskuldig as hul betalers wil beskerm nie. Die ANC geniet dit as ander vir hul gebreke beskuldig word. Die groot probleem is die munisipaliteite wat immoreel optree en bygekom moet word sonder om die betalende verbruikers te straf. Die oplossing is ‘n hofbevel gevolg deur ‘n verandering van beleid wat voorsien dat die krag van alle wanbetalers afgesny word en Eskom voortaan direk krag aan verbruikers verkoop en die verspreidingsnetwerk instandhou. Skakel die disfunksionele munisipaliteite uit by die lewering van elektrisiteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.