Eskom-interdik: Krag nie nou gesny; hof lewer dan uitspraak

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Woensdag onderneem om eers later vandeesmaand die kragtoevoer na agt munisipaliteite, wat agterstallig is met hul kragrekenings, te begin afsny.

Die besluit is geneem terwyl regter Hans Fabricius AfriForum en AfriSake se aansoek vir ʼn dringende interdik teen Eskom in die Gauteng-Noord hooggeregshof aangehoor het. Eskom het gedreig om van Donderdag af die kragtoevoer na agt munisipaliteite af te sny.

Eskom het gesê hy sal egter nou eers van 16 Januarie af die kragtoevoer begin afsny. “Dit gee rolspelers die kans om beter voor te berei.” Eskom het die hoop uitgespreek dat die munisipaliteite wat geraak word, die tyd sal gebruik om betalingsreëlings te tref.

Regter Fabricius sal Donderdagoggend uitspraak lewer oor AfriForum en AfriSake se aansoek.

AfriForum en Eskom het vroeër, na ʼn soortgelyke dispuut, ʼn ooreenkoms bereik dat Eskom nie die krag van munisipaliteite sal afsny totdat die dispuut op 22 Maart in die hof aangehoor is nie. “Geen hof behoort die benadeling van die Suid-Afrikaanse verbruiker te ondersteun as gevolg van swak administrasie van die staat self nie,” het Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regering en omgewingsake, gesê.

Dit het oor die feestyd aan die lig gekom Eskom is van plan om kragtoevoer na inwoners van verskeie munisipaliteite in die Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat af te sny, omdat sekere munisipaliteite versuim het om geld, wat vir elektrisiteitsverskaffing van inwoners ingevorder is, aan Eskom oor te betaal. Hierdie munisipaliteite skuld Eskom miljarde rande.

Die munisipaliteite is Kamiesberg ( Garies, Hondeklipbaai, Kamieskroon), Thembelihle (Hopetown, Strydenburg), Moqhaka ( Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon), Masilonyana (Brandfort, Theunissen, Verkeerdevlei en Winburg), Nketoana (Reitz, Lindley en Petrus Steyn), Mantsopa (Excelsior, Ladybrand en Tweespruit), Tokologo (Boshof en Dealesville), Nala (Bothaville en Wesselsbron) en Dihlabeng (Bethlehem, Paul Roux en Rosendal).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johannes van Rooyen ·

Wat is die feite rondom soweto wat se skuld afgeskryf word

Will i am ·

Sny die burgermeesters en die mense wat met finansies werk se krag. Nie die mense wat betaal

Jan Jooste ·

Baie dankie vir berig. Waarom prioritiseer Maroela Media nie beriggewing oor sake waarby AF/AS betrokke is nie? Selfs RSG het al in 1400 nuusbulletin hieroor berig. Voorspoed.

snoefie ·

as die publiek van eskom kon kraf koop, was eskom nie in die verknorsing nie. hoekom moet die betalende publiek vie eskom se drang tot begunstiging gestraf word? is dit omdat almal dan dieselfde prys gaan betaal ongeag hoeveel kW waar gekoop sal word?

Donovan ·

Snorfie… jy slaan di spyker op sy kop… en dan is daar ook nie geld om verder te steel nie… Ek vat Net die Vaaldriehoek hoe het van ons dorpe agter uit gegaan… Vanderbijlpark se munisepaleteit gebou was altyd die dorp se trots met die mooiste tuine en nou is daar skaars gras oor… wat nog te praat van tuin… alles maar alles gaan agteruit… as dit maar net was dat hulle dienste sny in wit woonbuurte en die diend elders asnwend kon n mens dit dalk aanvaar het maar daar is net geen maat geen dienste nie…

Alta ·

Ek lees nou die dag dat Zimbabwe vir Eskom R443 000 skuld!!! Nou wonder ek net hoekom moet ons wat voorafbetaalde krag koop, se krag gesny word maar daar word nog steeds krag aan Zim verskaf? Hoe kan die verbruiker wat betaal gestraf word vir die munisipaliteite wat nie hulle werk doen nie?

Johannes ·

Alta ek stem saam.Hoekom moet met voorafbetaalde meters ook gestraf word.

Alta ·

Jammer vir die tikfout….Zim skuld R443 000 000, nie R443 000 nie.

Lance ·

Zim skuld , soweto skuld en anc bestuurde munisipaliteite skuld …nog n gemors. Koop krag direk by Eskom en haal die poletiek uit dit …waar die anc iets doen verander alles in n gemors …net NOG n voorbeeld.

Johan ·

Petrus Steyn wat deel is van die groep werk al jare slegs op vooraf betaal krag, so die inwoners betaal vooruit. Eskom wil nou die inwoners straf wat vooraf betaal. Daar moet opgetree word teen die wat doe geld verduister vam vooraf betaal na munisipale geld na Eskom. Die mense wat die krag gebruik is onskuldig hier. Hoekom kyk niemand in op dit nie waar gaan die geld heen as al die krag vooraf betaal word? Hoe kom dit nie by Eskom uit nie.

callie ·

Die wet met dan reg werk. Geen verderse salarise aan munsipale werkers nie en die munsipale bestuurder en burgemeester moet in hof vir bedrog. Hulle het tog geld wat die publiek betaal verduister en nie skuld betaal nie. Sodra munsipale bestuurders toegesluit wordvir sulke bedrog sal alles stop

Melt Olckers ·

Een voordeel dat Eskom die krag mag sny is dat dit die publiek meer sal vervreem van die ANC.

Koos1 ·

Melt, ek dink die mense wat die meerste geraak gaan word is reeds vervreem!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.