Eskom is grootste enkele bedreiging vir SA se toekoms, sê Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: Twitter via ANA)

Eskom is van ʼn groot en mededingende kragreus verander in die grootste enkele bedreiging vir die land se toekoms, het DA-leier Mmusi Maimane Saterdag gesê.

“Alhoewel ANC-president Jacob Zuma twee jaar gelede in Mei 2016 belowe het ‘daar sal nooit weer beurtkrag wees nie’, kon hulle nie aan dié belofte voldoen sonder fundamentele en strukturele veranderings aan Eskom en die energiesektor nie,” het Maimane in ʼn verklaring gesê ná die laaste twee dag lange vergadering van die DA se federale uitvoerende komitee.

“Vandag, selfs met ʼn nuwe president, is dit dieselfde ANC wat regeer. Niks het fundamenteel verander nie. Ons sit nog steeds met dieselfde ANC aan bewind wat dieselfde oplossings probeer wat alreeds getoets en onsuksesvol bevind is. Die ANC het die afgelope dekade herhaaldelik pleisters geplak op die koeëlwonde in ons energiebedryf – grootliks by Eskom. En nou sit ons vandag met ʼn nasionale kragvoorsiener wat op sy knieë is en dreig om die hele land af te trek.”

Maimane het gesê die probleme by Eskom is nie ʼn nuwe fenomeen waarvoor die Guptas gerief blameer kan word nie. “Dit is egte doelbewuste besluite of ʼn gebrek daaraan deur die ANC die afgelope 12 jaar. Korrupsie, kaderontplooiing, wanbestuur van steenkoolkontrakte en ʼn besluit om nie in steenkoolmyne te belê nie, is die sleutelfaktore wat bygedra het tot vandag se krisis.”

In 2006 was Moody’s se kredietgradering vir Eskom “A1”. Vandag word Eskom gegradeer as “B2”, ʼn gradering laer as beleggingsgradering. Eskom se skuld in 2006 het altesaam R30.1 miljard beloop. Vandag het dit tienvoudig verhoog tot meer as R380 miljard. Daar is planne om oor die volgende jaar R212 miljard meer skuld aan te gaan van R388 miljard tot ʼn ongekende R600 miljard.

Eskom het in 2006 wins van ongeveer R4,5 miljard per jaar getoon. In 2018 het die kragvoorsiener ʼn verlies van R2,3 miljard gely. In 2006 was Eskom se koste per kilowatt R14.25. In 2018 het dit vervierdubbel tot R63.40 per kilowatt. In 2006 was Eskom se werknemerkoste R7,6 miljard. Vandag het dit vervierdubbel tot R29,4 miljard.

“Eskom is vandag ʼn finansiële ramp met beduidend meer skuld, hoër werknemerkoste, hoër koste om elektrisiteit te vervaardig – terwyl ʼn jaarlikse finansiële verlies gely word. Dit beteken dat die onsuksesvolle kragvoorsiener se afwaartse spiraal teen ʼn kommerwekkende koers verhoog. Eskom is die tipiese verhaal van die ANC se modus operandi: bestuur en besluitneming wat diegene wat politieke verbintenisse het, bevoordeel bó die meerderheid van Suid-Afrikaners,” het Maimane gesê.

Hy het bygevoeg pres. Cyril Ramaphosa was sedert 2014, as adjunkpresident, betrokke by en deel van talle besluite wat tot hierdie toestand gelei het. “Ek daag mnr. Ramaphosa vandag om aanspreeklikheid te aanvaar vir die krisis en leiding te gee oor sy plan om Eskom te red en die land se energiebedryf om te keer.”

Volgens Maimane sluit oplossings vir Eskom se krisis in om die kragvoorsiener se monopolie oor elektrisiteit op ʼn nasionale regeringsvlak af te breek om die elektrisiteitskrisis op die kort-, medium- en langtermyn te herstel. “Die rol van die plaaslike regering is tans slegs om ʼn verspreider te wees van die kragvoorsiener se elektrisiteit, en omdat Eskom nie krag beskikbaar het nie, moet dit verander. Suid-Afrikaanse stede moet toegelaat word om die mark oop te maak vir energie waar stede en inwoners ʼn groter keuse het oor hoe elektrisiteit aangekoop en verbruik word.”

Volgens Maimane moet stede toegelaat word om elektrisiteit direk aan te koop by onafhanklike kragvoorsieners. “Die enigste manier om die koste vir verbruikers te verlaag, is om mededingers in die elektrisiteitsmark beskikbaar te maak.

“Sonder onmiddellike ingryping by Eskom, word ons land se toekoms bedreig. Ons moet dadelik optree om seker te maak dat toekomstige generasies nie kan sê ons het versuim om op te tree toe die skrif aan die muur was nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Die ANC kan nie bekostig om “ANC-Monopoly Capital” te verloor nie…………die SAA word gemelk, Eskom word gemelk, SABC word gemelk, Transnet word gemelk, SARS word gemelk……..As AL hierdie entiteite geprivatiseer word, of privaat instansies toegelaat word om die mark behoefte te bevredig………is die ANC se fondse daarmee heen?

Carl ·

Privatiseer Eskom en sommer al die ander Staats ondernemings.

Anna ·

Ek stem, Carl. Eskom speel speletjies. Hy speel nou na hartelus kat en muis met ons. Tot ons uiteindelik almal in die donker opgevreet word.

Johanna Botha ·

Die anc is die grootste bedreiging …net mooi alles waaraan hulle vat is n GROOT FLOP ! Art 25 kyk mooi gaan ook NOG n flop wees !

HPV ·

Stem saam, en hulle is die grootste enkele bedreiging vir die land en sy mense. Na 23 jaar behoort niemand meer te twyfel in hul onvermoë nie.

Nick ·

Ag kom nou ! Geagte DA leier jy is so betrokke by die gemors ,jy het die DA opgebruik en hulle is glad nie meer n faktor in die verkiesing nie. So bly liewer stil want op hierdie stadium doen jy niks vir die land en jou blinde volgelinge nie.

Pieter ·

Mmusi gaan nog saam met die ANC smelt, oppas! Hierdie is maar net sy praartjies vir stemme met volgende jaar se verkiesing.

Stem VF+ geen ander opsie nie.

Jerry ·

Die grootste enkele bedreiging vir SA is die Pan Africanist ideologie wat inverweef is met Marxisme en Leninisme en wat deur die meerderheid slaafs nagevolg word. Die kaders in die staatsdiens, munisipaliteite, rade van alle staatsentiteite, ingesluit ESKOM, inteendeel alle instellings op al die vlakke van die Suid Afrikaanse samelewing is besmet met dienaars van hierdie ideologie van plundering en vernietiging. Die ANC het die rand laat val deur belastinggeld te plunder. Nou tel hulle die rand weer op met investering en bail outs met belastinggeld asook pensioenfondse net om wanneer daar weer genoeg is om te plunder, die rand weer te laat val. Hierdie is alles deel van die ideologiese kringloop vir klimaatskepping wat die ANC gaan bring tot by totale politieke en ekonomiese mag. Die kringloop skep die klimaat vir radikale verandering en dan weer gematige verandering en dan weer radikale verandering en so hou dit aan tot in lengte van dae! Mense is geneig om alles wat verkeerd gaan toe te skryf aan onbevoegdheid in plaas daarvan om dit toe te skryf aan doelbewuste onbevoegdheid en so ook soos tans eweskielike doelbewuste bevoegdheid om weer die rand op te tel. Kaders wat genoeg geplunder het word herontplooi en leef voort soos konings. Dit is nou weer ander kaders se beurt om doelbewus bevoegd te begin, net om later doelbewus onbevoegd te eindig totdat die rand weldra nie meer opgetel kan word nie! Jan Alleman wat bail outs toelaat, speel dus noodgedwonge in die hand van die ANC!

Paul ·

Musie, dis nie Eskom nie, dis die ANC, dis waar dit begin het, so 24 jaar gelede al. Jy was ook mos klomp jaar gelede ANC? Maar nou sien ek iemand probeer Jan Alleman en die PAC die skuld gee. Ek is nou sommer lus om met Jan Alleman en die PAC te versoen.

Dirk ·

Paul, ek hou van jou kommentaar. Kort en kragtig en nie so lank soos sommige kommentare. Jy is uiters gewild op hierdie platform, hou dit so deur dit kort te hou!

Henk ·

Onlangs was daar n groot boehaai gemaak oor China se lening aan Eskom en Transnet. Wat het van daardie geld geword? Is dit die rede waarom honderde tonne se steenkool daagliks uitgevoer word en Eskom nou n tekort aan steenkool het? Het die Gupta nou Chinese geword?

jaco ·

maimane kry, omdat hy leier van die opposisie is, meer as R2miljoen PER JAAR plus n lekker motor en verniet vlieg en n luukse huis en ‘n onthaaltoelae en n petroltoelae. AL daardie geld vir daardie lekker vet “packet” kom vanaf belastingbetalers se geld.
So voor hy nou kla oor Eskom wat geld mors, behoort hy eers hand in eie boesem te druk.
ALLE parlementslede van ALLE politieke partye is EINTLIK maar net daar vir die geld. Elkeen bou eintlik maar aan sy eie mini-Nkandla.

Gert ·

Maimane se siening “Indien daar twee kandidate van verskillende rasse is wat om ‘n werk meeding, moet die swarte gekies word”, is presies die oorsaak van die situasie waarin Eskom tans is, waar wittes blindelings vervang was met onbevoegdes.

Carel ·

Die ander probleme is die mediese konstersnasie plan wat oppad is en die ander die useless skolestelsel wat in wording is. Dis nou waar alles deur die staat moet gebeur en beheer en bevel word. Daar is geen nabetragting net die feit dat alles beheer moet word. So dit is tyd vir eie hospitale Ens ens. Komaan afriform en die sakekamer. Stuur my vir doktersopleiding, moet gepraat met dwase.

Carel ·

Korreksie, Stuur my vir doktersopleiding, moeg gepraat met dwase. En as ek dit slaag noem my Dan sommer n boere toordokter, wat geld geld vir die een geld vir die ander .

andre ·

1. Verklaar ‘n nasionale noodtoestand en span die Weermag in om EKSDOM oor te neem.
2. Verhoor die Eksdom swendelaars, stropers en saboteurs en sluit hulle toe.
3. Verdeel Eskom in klein streeksbesighede en verkoop dit aan privaat maatskappye waarna die opbrengs gebruik word om die Eskom skuld mee te betaal.

Snowball ·

Dit sal nooit gebeur nie. Die redes:
1. Dit kan dalk net werk.
2. Die ANC is korrup en moet hulle korrupsie onbelemmerd kan voorsit.
3. ANC kaders is nie in staat tot strategiese denke nie, net onderduimse planne om staatsinstellings aan flarde te plunder.
4. Die ANC kon nog niks van waarde skep of in stand hou die laaste 24 jaar nie.

Heinrich ·

Nee wat Mmusi, stem nie met jou saam nie. Die ANC het ‘n volle funksionele eskom gekry en opgemors met dieselfde swart ekonomiese bemagtiging en rasstellende aksie wat julle voorstaan. Dink bietjie verder toe?

Hendrik ·

Almal kan se wat hulle wil en dit gaan regtig niks verander nie. Industrie is die belangrikste en krag moet aan hulle verskaf want dit is waar die geld van die land moet vandaan kom. Krag na woonbuurte is van sekndere belang en mense moet maar hul eie krag genereer.

Staak saam ·

Hel maar hy is toe al die tyd die skerpste mes in die DA laai, baie skerper as sy kiesers, net jammer hy kon dit nie al met die eerste vlaag beurtkrag sien kon nie, maar dan weer, net so stomp soos sy kiesers.

Jaspaas met sy stil geraas... ·

WAT VAN al die krag wat ons aan ONS buurlade voorsien…

Lig die prys van “uitvoer krag”

Hendrik ·

Die probleem is dat die ware prentjie nooit sigbaar is nie. Onthou dit is hoe Afrika opereer, daar is altyd ‘n vaasigheid, soos Artikel 25 waar die ware uitkoms nooit seker is nie, soos die ’94 onderhandelde konstitusie waar die minderheidsbeskerming nooit duidelik uitgestippel is nie en so gaan dit aan. Dit is die verskil tussen 1ste wereld en derde wereld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.