Eskom is land se ‘kopseer’, sê Ramaphosa

beurtkrag-kers

Argieffoto.

Fase 4-beurtkrag van verlede maand was sleg vir die Suid-Afrikaanse ekonomie en moenie weer gebeur nie, sê pres. Cyril Ramaphosa.

Ramaphosa het Donderdagaand dié onthulling aan gemeenskapslede in Sandton in Johannesburg gemaak waarin hy erken het dat die kragvoorsiener Eskom die land se jongste “kopseer” is.

“Elke oggend wanneer ek wakker word, kry ek inligting van minister [van openbare ondernemings, Pravin] Gordhan wat my op die hoogte hou van hoe die kragstelsel lyk … elke keer dat ek groen en ʼn bietjie kragsurplus sien, haal ek makliker asem,” het die president gesê.

“’Eskom hou ons ekonomiese vooruitgang ​​in sy hande. Ons moet Eskom herstruktureer, maar die groot uitdaging is finansies. Eskom is ons enigste staatsonderneming met R300 miljard skuld … dit is te veel.

“Fase 4 [beurtkrag] was sleg, ons moet seker maak dat dit nooit weer in Suid-Afrika gebeur nie. Dit was sleg … sleg vir die ekonomie en ons vooruitgang. Natuurlik moes ons dit geweet het, maar dit moenie weer gebeur nie,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa het die kragvoorsiener fase 4-beurtkrag verlede maand ingestel aangesien hy gesukkel het om in die vraag na elektrisiteit in die somer te voorsien.

Gordhan het vroeër vandeesweek gesê die regering is besig met die inwerkingstelling van ʼn plan om die ineenstorting van kragsentrales te verminder en om beurtkrag tot minstens fase 1 dié winter – wanneer die vraag na krag toeneem – te beperk.

 

  • Maroela Media wil jou “Lig in die donker”-storie hoor. Vertel vir ons van iets snaaks wat in julle huis gebeur het toe die ligte skielik afgaan, of van ʼn slim plan wat julle gemaak het om die kos gaar te kry, of iets lekkers wat julle as gesin aangepak het terwyl die krag af was. Die mooiste, lekkerste, snaaksste of mees positiewe storie mag dalk net vir jou en jou gesin ʼn kragopwekker ter waarde van R7 500 in die sak bring. Lees meer oor dié kompetisie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Vicky ·

Ag, ek gaan nie eers jou bog praaitjies lees nie… Tyd om af te klim van jou troon af… Dis mos weer verkiesing, nou word die heuningkwas weer misbruik… Net jammer duisende mense gaan val vir dit… Alweer… Die mensdom sal ook nooit leer nie.

Alida ·

Die vraag na elektrisiteit is groter in die winter hulle beter noual voorsorg tref.

Enna Burger ·

Die beurt krag is die oorsaak dat baie van ons krag toestelle uitgebrand het. Alle huise en ondernemins het dieselfde skade gelei asook voorrade. Wie gaan dit herstel of koop Eskom ????

Boer ·

Nee……julle is die land se grootste kopseer!
Maar blameer dit maar weer op apartheid want julle stemvee gaan dit weer glo
Ek sê jou wat…..veel erger wag op SA as net fase 4!

IK ·

Stem met jou saam Boer, dis maar net die gewoond raak aan SA se donker toekoms op alle gebiede.

Robert Naude ·

Ja, en jy en jou Anc regering is die oorsaak daarvan. ” GO FIGURE” (SH)

Elna ·

Jammer om dit te se maar die ANC is n groter kopseer vir die land as wat Eskom is. Eskom kan nog reg geruk word as hulle die BEE stelsel uithaal en kwalifiseerde mense aanstel wat die wettige kwalifikasies en ambag het om die soort werk te doen. Die tjommie tjommie storie blaas nou in hulle gesigte op dis hoekom dit so gaan in Eskom. Dis my opinie

Neels ·

Nou my liewe Mnr die President as Eskom nie eers die somer vraag na krag kan volhou nie , vra ek jou hoe gaan hulle dit in die winter met n hoer vraag daarna volhou. Sien maar n droewige winter vir die land

Werner ·

As ek so na die weervoorspelling kyk is die winter nog vroeg ook die jaar

Heksie ·

Hoekom skeer jy die hele land onder dieselfde kam? Dit is beslis nie die wittes se skuld dat ESKOM sy gat gesien het nie! Daarvoor kan ons wittes die anc en hul kaders bedank.

Hanna Hoekom ·

Maklike oplossing! Stap 1: Laat ALMAL vir dienste betaal. Stap 2: Stel kundige mense (geen BEE) by Eskom aan. Ek weet, ek weet… Wensdenkery! Hy moet seker maar sulke beloftes voor verkiesingstyd maak.

Heinrich ·

Nee Cyril, die ANC is die land se kopseer want julle is in beheer van ESKOM.

fred ·

Ramaphosa self was die laatste jare die gate keeper van Eskom…hy is die groot skuldige….maar ja :”do not hear, do not see, do not talk…”
dit was lekker maklike tye onder Zuma…niemand het geworrie,net hulle self gehelp en verryk..

Willempie ·

Nee Ramaposa jy is ons land se kopseer, jy die ANC en al julle bedrog.

Willie ·

Wag maar tot na die verkiesing dan is beurtkrag weer terug en die diesel opgebrand!

Francois Joubert ·

Willie, presies wat ek ook gedink het. Die skip vol diesel kan die “nood” kapasiteit net vir so lank aan die gang hou.

Hennie ·

Ja en dan wie gaan betaal dan sal julle beslis die pensioen fonds se geld vat ,maar ou Cyril en Kie as dit gebeur sal SA brand so waar as waaragtig so wees voorbereid daar op ons as pensioenarisse van nie toelaat dat dit gebeur nie die hell sal brand in SA waag dit net ons het ook inside information .

Mary ·

Ja CR, en die minste van jou bekommernisse is al die moorde wat elke dag gepleeg word. Hoop dit kan ook een of ander tyd vir jou ‘n kopseer raak.

Alida ·

CR moet eerstens ERKEN dat hulle plundery die oorsaak is, tweedens behoort hy die blankes te bedank dat hulle hulle rekeninge betaal en nie onwettige krag gebruik en die skuldlas net groter maak nie. As hy eerlik is en erken waar die fout lê kan mens miskien respek kry vir hom maar die skelms is nogsteeds op vrye voet en in hoë poste. Hoe meer geld ingepomp word hoe langer word hulle vingers.

Derick ·

Nee boet, Ramaphosa en die ANC is die land se kopseer, ……. wakker word prez!

Andreas ·

Ek neem aan dan is daar ook voersiening gemaak dat die ekonomie vanjaar met 1,5% ‘gaan’ groei, en wat van die jaar daarna en die jaar daarna. Ek het idee ek sal graag jul beplanning vir die volgende 5 – 10 jaar wil sien, asook jul aksieplanne en hoe julle dit uitvoer. Dan dink ek ‘n maandelikse verslagdoeningsesse sal in orde wees. En natuurlik sal die prestasiebonusse alkante toe werk. As jy presteer word jy daarvolgens vergoed, as jy nie presteer nie, sal daar na verhouding weggeneem word.

Andreas ·

Kyk, die ANC, regering betaal mos toelaes aan seker mense, ek is nie seker of dit net werkloses is nie, dan het hulle vergoeding vir elke kind wat die lig sien. Nou is my voorstel dat hulle ‘n toelae daarstel vir elke persoon wat dit veil vir sy land het, bliks/baie hard werk en daardeur ander inspireer om die ekonomie vorentoe te neem, nie die slappes nie, nie daardie wie se hande permanent, ja toema … los dit nou daar, dit is nou die mense wat laatnag met ‘n kers in die hand gaan slaap, en met ‘n kers in die hand ‘n paar uur later opstaan. Dis nou van die stryders wat ek praat.

Andreas ·

Ek wonder of die ANC regering en Cyril dié ene verstaan. Mens begroot vir groei, jy doen klomp dinge met beloftes, groot beloftes, maar dan het jy nie die land se infrastruktuur in ag geneem nie. Eskom en die ander entiteite hoor maar oor die nuus, wat jy belowe het, ook van die krag wat beskikbaar sal wees vir die miljarde se beleggings wat Cyril tot dusver gaan bedel het.

Andreas ·

Die aansporing vir werkgewers moet mos in belasting toegewings raakgevat word, maar nou straf die ANC regering die werkgewers.

Elizabeth ·

Ek het lanklaas ‘n man wat aanspraak maak op redelike intelligensie sulke vae, niksseggende, infantiele uitsprake hoor maak. Dank die geldvreters af en stel bevoegde mense aan – maar dit is te veel gevra, daarom die modderglyery.

Gemaskerde Sopbeen ·

Zumpies het in die openbaar afgekondig dat beurt-krag “NOOIT WEER SAL GEBEUR NIE”?? En nou? Nou lieg die volgende een….en dan? Dan lieg die volgende een….en so aan en so aan en so aan………….en NIKS verander nie….In Afrika is almal gelyk net so gou as wat almal ewe veel NIKS het nie…Gaan kyk maar…

Lou ·

Snaaks dat CR nie weer verbaas was oor die probleme wat Eskom het nie of verbaas was dat hulle soveel geld skuld nie. Hy is seker die enigste President van ‘n land wat so min weet wat in sy eie land aangaan dat hy altyd verbaas is oor alles. O ja maar hy was mos eintlik verantwoordelik vir Eskom toe hy nog JZ se nommer 2 was.

Anoniem ·

Wakker word jong ons is nie veronderstel om beurt krag te he nie maar nie julle spend mos al ons swaar verdiende geld, 25 Jaar gelede het ons nie geweet wat die woord beurt krag is nie, nou is dit n daaglikse probleem.

Johanna Botha ·

Nie net eskom nie maar die hele wanbestuur van die land deur die anc !

Anoniem ·

Pateties – vir wie terg Julle HIER IS GEEN WET EN ORDE NIE – WIE REGEER ??????

KEER TERUG NA GOD ???

Jerry ·

Die ANC met sy BEE kaderontplooiing is die wortel van die probleem, nie net by Eskom, maar by alle SOE’s, staatsinstellings en munisipaliteite. Die land moet vir duisende oortollige werkers wat aangestel was by SOE’s, se salarisse pa staan. Die voormalige BEE kaders in CEO poste by SOE’s het op bedrieglike wyse aanstellings laat doen waarvoor daar geen poste strukture was nie en het doodeenvoudig daardeur revolusionere strukture vir die ANC geskep wie op papier vir salarisse vir die SOE’s werk, maar in die praktyk vir die ANC werk. Hierdie strukture skuil nou agter vakbonde sodat daar nie van hulle ontslae geraak kan word nie. Eskom se grootste kopseer is nie om krag te voorsien nie, maar om van die oortollige werkers ontslae te raak en om wanbetalende munisipaliteite sover te kry om vir kragvoorsiening te betaal. Eskom se kopsere bestaan dus agv doelbewuste klimaatskepping vir kaping, selfverryking en verryking van die geskepte revolusionere strukture, waarby wanbetalende munisipaliteite, onder wie sekere gemeenskappe, ingesluit is. Dit alles gebeur ten koste van die belastingbetaler en wetsgehoorsame verbruikers en nie CR of Gordhan gaan dit verander nie, want dit is deel van die ANC NDR strategie. CR/Gordhan gaan wel hulself sterk teen dit uitspreek en dit dan net bloot bestuur. So skep die ANC doelbewus werk en rykdom vir die revolusioneres en verarm hulle die teenrevolusioneres. Kaders wat in die ry staan en wag, lek reeds hulle lippe af vir Medupi ens. The never ending story of the ANC continues!

Koos ·

ANC kan nie met die belastingbetalers se geld vertrou word nie;
As ANC nie eers Eskom aan die gang kan hou nie Hoe sal hulle ooit
ons land behoorlik kan bestuur.

Sirkus ·

Na hoe lank se stilswye deur die agbare CR, wil hy praat oor Eskom, Pravin Gordan se ontydige afdanking. Hy weet nie hoe voel beurtkrag nie. Alles wat hy nou sê is om die massas te paai en dis net ‘n publieke media platform en verkiesing veldtog.

Alida ·

Nie een van hulle het ‘n idee wat beurtkrag is nie. Hulle generators is 24/7 op standby. Praat ‘n klomp bollie net voor die verkiesing na 8 Mei 2019 gaan hulle net aan.

Buite Stander ·

Dit klink soos ‘n groot Boswell en Wilkie sirkus naby die Uniegebou waar die ministers woon. Maar eintlik is dit in elk geval ‘n sirkus.

BTW ·

Die belastingboikot gaan nog n groter probleem as ESKOM word vir die ANC , kyk maar.

Willehond ·

Die land se probleem? Asseblief! Dink jy ons is dom? Dis jou en anc probleem! En bla bla bla ons voort. Land het klaar sy alie gesien!

Robert ·

Ongelukkig weet of besef almal dit nie. Dit is hoekom 52% ( of ong 14miljoen)vir die Anc gaan stem. As hulle net wil besef……

Penellope Jones ·

Eintlik hang die serp om die regering se skouers.

Gert van Wierdapark ·

Dis ook maar reg dat hy elke oggend vir min Gordhan met sy kopseer bel, want minister Pravin was mos ‘n apteker op sy dag! Wonder nogal wat is die voorskrif vir CR se ongemak?

Koos ·

Geen simpatie. Julle wil mos alles EE en demand sonder om self iets te doen. Lekker man, lekker!!

Piet parys ·

Hoop cyril lees al die kommentaar dan kry hy dalk ñ ssssshock
Moenie worrie nie cyril want die philomons van die land is mos instaat om escom reg te ruk ?

Michelle ·

Nieland wil enige iets aanvaar nie want die hele land is vol korrupsie maar ons kan seker kies watter krag ons wil gebruik en betaal as die een nie wil werk nie.

Andreas ·

Diesulkes soos Ramaphosa, wat ook ‘n boer is, is almal ge-SEB, dis hoekom hulle geen kundigheid het om oplossings vir die bedryf te kan bied nie, hulle het nie deur die stelsel gekom nie. Dit is die kruks van die storie.

Enigiemand wat nie deur die stelsel van die onderneming is, of dit nou in landbou, bedryf of industrie is, het n groot agterstand om oplossings vir probleme te vind, hulle verstaan net eenvoudig nie die werking nie, nog minder die remedie.

Kom ek spel dit verder so uit, juis omdat mense ge-SEB is, is hulle daarvan ontneem dat hulle vaardighede ontwikkel om probleme en oplossings betreffende daardie bedryf die hoof te kan bied, daardie mense het nie die pad geloop om die uitdagings van die bedryf te verstaan nie.

Dit is in effek nie SEB nie, dit is SEO = Swart Ekonomiese Ontmagtiging, dit wat die resultaat nou al vir oor die 20 jaar is, die ANC se ekonomiese beleid het hulle versaak en ontmagtig. Voorbeelde hiervan is Eskom en die ander entiteite, gesondheid, hordes private ondernemings, in effek is die hele ekonomie hieraan blootgestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.