Eskom is ʼn sinkende skip, sê DA

Jabu Mabuza, raadsvoorsitter by Eskom, sal vir minstens drie maande lank die leisels oorneem by Eskom (Foto: Eskom)

Die Demokratiese Alliansie het Dinsdag gesê finansiële verliese by Eskom is die gevolg van jarelange korrupsie en wanbestuur en dit laat die kragvoorsiener in die ergste finansiële toestand in sy geskiedenis.

Maroela Media het vroeër berig Eskom het ʼn reuseverlies van R21 miljard in die boekjaar tot einde Maart gely. Dit is R2,3 miljard meer as die vorige jaar.

Jabu Mabuza, voorsitter en tussentydse uitvoerende hoof van Eskom, het gesê die verlies vir die finansiële jaar is nie ʼn refleksie op (uittredende uitvoerende hoof) Phakamani Hadebe nie, maar eerder ʼn kombinasie van verskillende onvermydelike faktore.

Natasha Mazzone, DA-woordvoerder oor openbare ondernemings, het gesê ander kommerwekkende neigings sluit die toename in munisipale skuld in (van R13,6 miljard tot R19,9 miljard), en gesê die situasie versleg by die kragvoorsiener. “Eskom se finansiële trajek is nie volhoubaar nie. Suid-Afrika kan nie weer beurtkrag bekostig nie. Dit sal onherstelbare gevolge inhou vir die ekonomie en gewone burgers.”

Mazzone het gesê die kragvoorsiener vereis kundige leierskap om beheer te neem. “Ons het hierdie scenario van tussentydse aanstellings al herhaaldelik by staatsbeheerde instansies gesien. Dit lei slegs tot onsekerheid en onstabiliteit. Dit is presies wat Eskom, en ons nasionale ekonomie, nie nodig het nie.”

Sy het ook kritiek uitgespreek dat Mabuza as tussentydse waarnemende groepshoof aangestel is vir die volgende drie maande, terwyl hy as raadsvoorsitter aanbly, wanneer Hadebe die amp Woensdag verlaat. Sy het gesê die verantwoordelikhede van die twee poste is te groot vir slegs een persoon. Volgens haar is dié besluit teenstrydig met enige poging om goeie leierskappraktyke by Eskom te bewerkstellig.

“Eskom is ʼn sinkende skip en as mens die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se aankondiging Maandag in ag neem, dat die entiteit sy huidige raadsvoorsitter, Jabu Mabuza, as die tussentydse waarnemende uitvoerende hoof gaan aanstel, is daar geen permanente kaptein om die skip deur die storm te lei nie.

“Gegewe die feit dat Eskom finansieel besig is om te sink, kan ons nie enige vorm van onstabiliteit by die raad bekostig nie. Die aanstelling van Mabuza as waarnemende hoof sal slegs sy onafhanklikheid bevraagteken, aangesien die raad se primêre verantwoordelikheid is om die uitvoerende lede aanspreeklik te hou en oorsigtelik op te tree.”

Mazonne doen ʼn beroep op Gordhan om seker te maak dat ʼn permanente groepshoof so vinnig as moontlik aangestel word, omdat die huidige onstabiliteit nie ʼn goeie teken is vir beleggersvertroue of Eskom se finansiële welstand nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Michael P ·

O La La Eskom n sinkende Skip. Die ANC. het die land gesink.

John ·

Wie het voorheen so ‘n hoedjie gedra… Was dit Robin Hood of was dit Hansie Slim…
Die fliek, The Greatest Show on Earth word glo by Mega Park geskiet… Miskien speel Jabu die hoofrol. Hy lyk redelik opgesit met homself… so dit is dalk die waarheid…

Gert van Wierdapark ·

Dis een van die beste verskonings wat ek nog gehoor het rakende die finansiele moeras waarin Eskom die land jaar na jaar dieper intrek. ” Dis eerder ‘n kombinasie van verskillende onver-mydelike faktore”, reken mnr Mabuza!! Dit voel nogal soos 1 April as ek dit lees – maar ek is nie lus om te lag nie!!!!

Adam ·

Jammer om te verskil, maar die skip het reeds gesink en redelik lank gelede ook.

Megaweet ·

EKSDOM kan nie gered word nie! Terminaal siek en net n kwessie van tyd voor die laaste liggie afgeskakel word.

Tanya ·

Nie net is Eskom is besig om te sink nie alles sink. Hulle maak mos net wat hulle wil. Wag africa gaan net n stuk stof wolk wees soos die ander afrika lande is.

Gert van Wierdapark ·

Stem saam dat ‘n skip wat reeds vergaan het, nie weer “dryf-gemaak” kan word nie!

George in Bloem ·

Hahahahahaha! Regtig komies. Spul onbevoegde korrupte narre.Seker ook weer als Jan Van Riebeeck se skuld.

sweis ·

Snaaks genoeg die DA is ook n sinkende skip kyk net na pretoria.

Mpie ·

Dit wat tans in Pretoria aangaan het niks met DA te doen nie. Dis twee dae se stakings agv belaglike verhogings-verwagtinge. Ons het GEEN verhoging gekry hierdie jaar nie, want dis waar ons land/goewerment ons laat beland het. Terug by die probleem, Eskom moet privatiseer in my opinie daar is geen ander opsie. Anders gaan ons as belastingbetaler boet.

Dafer ·

en wat, presies, is die bydrae gelewer deur Afriforum wat hulle wil vestig as ons skerm heer? Kom ons versoek eerder die organisasie Sakeliga om na hierdie probleem te kyk. Hulle doen ten minste iets EN gee terugvoer. Maroela bring asseblief hierdie kommentaar onder hulle aandag.

KrokodilBotha ·

Nuus trek maar stadig in die Een Suid Afrika vir almal. Orals borrel die DA se waansin skielik uit. Daars iets op die horison as hulle nou skielik kommentaar daagliks op alles wat verval het lewer. Welkom in 2019 DA

Swanna ·

Die DA probeer nou inteligent klink oor al hulle dinge wat hul nou in die laaste tyd kwyt raak. Wonder wat is op hul agenda. Ons weet hierdie dinge al “laaaaaankal”. Wil seker soos
malema ook deur die media gesien en geprys word.

GL ·

Kry net Eskom se ervare Blankes terug om die gemors te red voor dit te laat is, hulle het n paar maande gelede hulle hulp aangebied. Eskom sal dom wees (of bang) as hulle nie die manne gebruik nie.

wielie ·

blah blah blah …………… praat nog 10 jaar en ons kripeer soos ons buurlande. Hou aan vingers wys en modder gooi. STAAN OP EN BEGIN IETS DOEN EN HOU OP PRAAAAAAAT.

ne ·

Eskom kan nie meer gered word nie! Ons weet dit lankal. Hoekom word die staatskapers nie voor die hof gesleep nie? Want almal het ‘n hand in die koekieblik. Kaders sal NOOIT tot verantwoording gebring word nie. Verkoop eskom aan die zuptas.

Hanna Hoekom ·

Die verskil tussen Eskom en die Titanic: die Titanic se ligte het ten minste gebrand terwyl hy gesink het! Ja nee, nog n suksesverhaal van BEE, kaderontplooing, korrupsie en woonbuurte wat weier om vir basiese dienste te betaal. Lets call a spade a spade.

A Mac ·

Ek dink nou, met regerings wat in staatsgrepe omvergewerp word, kan mens nie so-iets oorweeg vir Eskom nie? Dalk ‘n kraggreep uitoefen en die belastingbetalers kry om dit te doen, die regte mense wat bevoeg is aanstel en die instelling weer op die been kry. Ontslae
raak van al die korruptes, die luies en die onbevoegtes. Ek dink jy sal met minder mense wat weet en hoe dinge gedoen moet word meer sukses behaal. (Mens mag maar droom!)

Jannie ·

Die hele Suid-Afrika is ‘n sinkende skip!!! Net die siende blindes en horende dowes en LibTards wil dit nie erken nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.