Eskom ‘jammer’ oor herinstelling van beurtkrag

Die Medupi-kragsentrale. (Foto: Hitachi Power Africa)

ʼn Verlies aan bykomende opwekkingsvermoë, vertragings om eenhede ná geskeduleerde instandhoudingswerk weer aanlyn te kry, asook ʼn beperkte dieselvoorraad. Dís hoekom beurtkrag nou weer ons voorland is.

Eskom het Woensdag gesê die kragnetwerk is onder geweldige druk en om bogenoemde redes moes hy ingrypende stappe doen.

“Dit was nodig om die kragnetwerk teen ʼn algehele ineenstorting te beskerm,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

“Die groot druk wat ervaar word, is weens hoë vlakke onbeplande instortings wat die 10 500 MW-vlak oorgesteek het.”

Wanneer dié vlak bereik word, moet Eskom oorskakel na noodhulpbronne soos dieselopwekking.

Die beperkte verskaffing word onder meer toegeskryf aan vyf opwekkingseenhede wat onbeskikbaar is weens meganiese probleme, asook ʼn vervoerband wat die Medupi-kragsentrale van steenkool moet voorsien wat Saterdag die gees gegee het.

“Dit het gelei tot klein volumes steenkool wat aan die kragsentrale gelewer kon word en het opwekkingsvermoë beperk tot nagenoeg die helfte.”

Eskom het gesê die tekort aan steenkool-opwekkingsvermoë en die gevolglike oorskakeling na ander opwekkers het sy dam- én dieselvlakke laat daal.

“Ons vra onvoorwaardelik om verskoning aan Suid-Afrikaners vir die negatiewe uitwerking wat [beurtkrag] op hulle kan hê en wil die land verseker dat ons onophoudelik werk om kragvoorsiening te verseker.”

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër die week in Londen gesê hy sal binnekort ʼn plan bekendmaak om Eskom reg te ruk.

Eskom het ook ʼn beroep op verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

No ·

Dit is net ‘n manier om hoër verhogings af te dwing. Dan is daar meer geld om te mors….

Fielies ·

Dit gaan nie beter word nie want niemand word aanspreeklik of verantwoordelik gehou nie want dit is nie hoe die staat werk nie.
Ons is nou amptelik vry van eishkom en sal maar van n kant af kyk hoe verbrokkel die storie heeltemal.

Mariana ·

Haai nee, regtig? Hulle is jammer oor niks. Soek net geld en nog geld. Hulle het ontslae geraak van die bevoegde mense en vervang met mense wat absoluut net daar is vir ‘n buitensporige salaris en werk is nie in hul woordeskat nie.

Willehond ·

Aag cyriltjie! Julle het al n miljoen planne maar nie een werk of gaan werk nie. Praaitjies en liegstories in die buiteland gaan nie help nie. Daarde mense het breins en hulle gebruik dit toevallig!

Johann cb ·

Ons land se ekonomie sal nóóit herstel as Staatsentiteite nie na behore bestuur en onderhou word nie!

Vonkprop ·

“Van algehele ineenstorting te beskerm”. Hahaha wat ‘n grap. Word wakker land van Eskom. Julle het al laaaaaank terug ineengestort.

Strooi ·

Dis nonsens. Hulle was mos vroeer die week in die hof oor kragtariewe. Dis elke keer as hulle meer geld soek, dan hou hulle ons gyselaar met beurtkrag. Ons is dalk dom, maar ons is ou dommes

Tiger ·

Verskonings verskonings en nogmaals verskonings.Dis sinoniem met Escom.
SNY DIE KRAGTOEVOER NA BUURLANDE TOE AF AS JULLE NIE GENOEG OPWEKKINGS KAPASITEIT HET NIE !!!!

Irma ·

Is vervoerbande nie slytasie items wat op voorraad gedra behoort te word nie? Dan verwag hulle simpatie en begrip vir hul swak bestuur en korrupsie. Is dit nie tyd dat ‘n ondersoekende joernalis hul elke dag se werking, of gebrek daaraan ondersoek en al die inligting bekend maak nie? Die regering sal dit nie doen nie want hulle beskerm steeds iets of iemand iewers. Ons moet aanhoudend tevrede wees met slim stories.

cornelis ·

Swerkaters is net weer besig met ‘n sagmaak operasie. Hulle wil Nersa beïnvloed. om toe te gee en die hof om aan hulle die verhoging toe te staan.

Erika ·

Sorry, maar wanneer gaan ons ophou verhogings betaal vir krag en bietjie resultate van julle kry. Privatiseer Eskom asb!

Jiem ·

As my krag Sondag af is wanneer die Bokke en Japan speel gaan ek iemand seermaak! Ek weet nog net nie vir wie nie, maar ek sal wel iemand van Eskom opspoor.

Anel ·

En ons moet dit glo? En hulle wil verhoging hê en ons moet betaal? Asseblief. Samel die gelg in by die wanbetalers dan praat ons weer.

Alex ·

Jammer hou toe nie die ligte aan nie. Ek dink ons moet in “beurt”ons rekeninge begin betaal. Raak nou regtig dik in die keel.

Jacques ·

Die probleem le net by jammer se nie , maar ook by faktore soos beplaning en besteding .
Op die stadium is nie een nerens sigbaar by die eishkom bestuur nie . Soos iemand hierbo gese het , n belt is veronderstel om n voorraad item te wees aangesien dit belangrike rol speel . Beplaning ?????

Ver ·

Al die kragstasies sit sonder steenkool en niemand het dit gemeld nie!

Haai oe! ·

Woon in Afrika maar julle is steeds so ‘verbaas’ hieroor? So dankbaar ons woon nou in ‘n beskaafde land.

Lou ·

Ons wag nou al van verlede jaar af vir CR se groot plan om Eskom uit die bollie uit te kry en dit bly net by beloftes. Die opsplit in 3 entiteite en die aanstelling van ‘n Hoof beampte wat na die elke dag se werking moet omsien het nog niks opgelewer nie. Tipies Afrika tyd. More is nog ‘n dag en die werk gaan tog nie op raak nie so hoekom moet enige iemand nou haastig raak. Ons ekonomie is in elk geval planke toe so ‘n bietjie beurtkrag sal seker nou nie te veel saak maak nie. Die Parlement het seker groot kragopwekkers om die groot menere lekker in koel vertrekke te laat vergader.

Pampoen ·

Wanneer gaan hulle erken dat hulle die W-woord mense nodig het om dit reg te stel?

pieter ·

Geagte ESKOM: Ek is ook bitterlik jammer dat ek nie die geld het om my krag rekening te betaal nie, ek sal alles in my vermoe doen om dit situasie so spoedig reg te stel.

Die uwe

wraggies ·

Baie kragstasies is al ver verby hulle beste, kan nie vir ewig onderhou word nie.

Rubber ·

Elke keer as Eskom vir verhogings vra soos nou dan pers hulle die betalende gebruikers af met beurt krag.

Christo ·

Gebrek aan instandhouding en swak beplanning is die mees waarskynlike oorsaak vir die gemors. Hulle hou ons vir die gek, maar soos die spreekwoord lui: “Dood het ook ‘n oorsaak”. Verskonings sal hulle kry…………

Piet parys ·

Stel witmense wat voorheen by eskom gewerk het aan . Solidariteit het mos naamlyste vol blanke kundiges . Daar is 3 keer meer mense wat nodig is wat by eskom is en nie werk mie . Wanneer gaan eskom ontslae raak van al die onbevoegde werkers . Ek sal eskom maar n rekening moet stuur want ek betaal vir constant supply wat ek nie kry nie. Gelukkig loop my inverter mooi as eskom af is teen my koste as die son skyn Het gelukkig backup ñ gastofie en daar is nog backup hout vir braai ook. Ja eskom het ook backup .’Meer bek as binnegoed

Arie ·

Solank die anc regeer sal daar beurt krag wees want hulle het nie ‘n clue om iets reg te maak nie – net breek

James ·

Maar Zimbabwe en Namibia, soweto en Lesotho word nie geloadshed nie. Hulle betaal nie eers nie.

Hansie Slim ·

Pres Ramaphosa,
Daar is net een manier wat jou “plan” sal werk. …
Kry die manne terug wat Eskom in die verlede bedryf het sonder verlies. Die mense wat nie met miljoene op pensioen gegaan het nie.. die manne wat eerlikheid en integriteit primêr was en steeds is… die manne wat korrupsie nie geken het nie. Dis toe Eskom se krag nog die goedkoopste in die suidelike halfrond was!!!
Dan het jy dalk ‘n halwe kans!!!

Susan ·

Sit Eskom pre-paid meters in en doen weg met korrupte munisipaliteite. Tyd het aangebreek om onwettige krag konneksies hok te slaan – begin by Soweto Mnr Eskom.

Michelle ·

Eskom is nie werklik jammer nie als het net so bly staan soos wat dit vir die afgelope paar jaar staan vir almal word daar gelieg en bedrieg en vir ander word daar agter sakke vol gestop trek maar jul kerse nader want hoekom het ons nie beurt krag in die winter gehad nie nie, hoekom nou in die somer as mense minder krag gebruik dit maak nie sin nie.

Peper ·

Toe Z sy kern wou koop toe sit ons elke dag met die probleem. Nou wil Eskom meer geld he, so nou sit ons weer met die probleem…
Sit die krag af van daai SuidWesDorp wat nie betaal nie en dan sal ons genoeg krag he…

Ruiklont ·

Kry die wat WEET terug om die werk te doen of bstuur die totale land ten gronde. Doen dit “ONMIDDELIK” daar is nie meer tyd om te speel nie. Honderde kenners van Eskom is nodig en duisende droëhout moet gaan

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.