Eskom kan teen April bankrot wees

Argieffoto: GCIS

LP’s het Woensdag gehoor indien Eskom nie ʼn finansiële reddingsboei van die regering ontvang nie, die kragvoorsiener teen April insolvent verklaar kan word.

Regeringsbeamptes het die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings ingelig oor die beroerde stand van sake by die kragvoorsiener.

LP’s het gehoor Eskom is reeds tegnies insolvent en verkeer in ʼn krisistoestand wat lei tot gereelde kragonderbrekings en die toepassing van beurtkrag.

Thuto Shomang, waarnemende direkteur-generaal van openbare ondernemings, het gesê dié krisis is die gevolg van onder meer jarelange wanbestuur, korrupsie en swak besluitneming by die kragreus.

Shomang het ʼn uiteensetting van die operasionele en finansiële krisis by Eskom aan LP’s voorgelê. Hy het gesê die inkomste wat deur die kragvoorsiener gegenereer word, is nie genoeg om bedryfskoste en skuldbetalings te dek nie.

Die personeel het van 32 000 in 2007 toegeneem tot 48 000 in 2018 en die gepaardgaande koste het van R9,5 miljard tot R25,9 miljard toegeneem. Munisipale skuld het toegeneem tot ongeveer R1 miljard per maand.

Operasionele uitdagings sluit in ʼn verouderende kragopwekkingsvloot wat nie behoorlik in stand gehou is nie, asook ontwerpfoute by die twee jongste steenkoolkragstasies, Medupe en Kusile.

Dié kragstasies kan tans net teen 40% kapasiteit funksioneer, wat die situasie nog erger maak en die moontlikheid van beurtkrag verhoog.

Fase 3-beurtkrag is vanoggend weer toegepas, die vierde agtereenvolgende dag wat Suid-Afrikaners beurtkrag ervaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

70 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann cb

Met ander woorde, indien hulle nie ‘n reddingsboei van die belastingbetaler ontvang nie!

At Dippenaar

As Soweto eendag opdok is Eskom in die groen. Gaan soek jul geld daar!

Corne

Het Eskom se base 2018 n bonus gekry? Heel moondlik ja wat my bring tot die vraag vir wat het hulle dit gekry?Omdat hulle nie uitgevang was nie? Verkoop Eskom en maak dit PVT en ek belowe jule binne 6maande is ale probleme verby want hulle benodig dalk sleg 15 000 personeel wie weet PVT Eskom sny daai ANC draad af

Koos de Meyer.

Hoeveel jaar kry hulle al ‘n reddingsboei en dan gaan die geld in ‘n bodemlose put. Ons moet net betaal en betaal. Waar gaan dit op einde van die dag stop. As die melkkoei opdroog wat dan. Onbevoeg. In ons vorige bedeling was daar nie iets soos krag probleme nie. Daar is gans en alte veel werkers ook.

Judge Dredd

Dis reg so:
Eskom To BBBEE or not to BBBEE.