Eskom kap terug oor bewerings teen De Ruyter

André de Ruyter, uitvoerende hoof van Eskom. (Foto: Facebook)

Eskom het adv. Wim Trengove se volledige verslag waarin bevind is die kragvoorsiener se uitvoerende hoof, André de Ruyter, word nie by enige tenderongerymdhede betrek nie, nou aan die publiek beskikbaar gestel.

Eskom sê hy doen dit om die publiek “te waarsku” teen die verkeerde inligting wat in sommige mediaberigte versprei word.

“Die jongste bewerings is dat adv. Wim Trengove bevind het dat Eskom se uitvoerende groephoof, André de Ruyter, Eskom se raad mislei het oor ʼn tender vir die verskaffing van brandolie. Niks kan verder verwyder van die waarheid wees nie,” lui die verklaring.

Die kragvoorsiener beskuldig sommige verslaggewers nou daarvan dat hulle Eskom nie genoeg tyd gun op om navrae te reageer nie en dan ook nie geskrewe antwoorde in berigte gebruik nie.

“Dit bring ons by die gevolgtrekking dat hulle geen bedoeling het om die publiek oor die waarheid in te lig nie, maar eerder ʼn agenda teen Eskom se huidige leierskap najaag.”

Eskom sê Trengove se verslag, wat in Julie vanjaar afgehandel is, het De Ruyter onvoorwaardelik van enige betrokkenheid by ongerymdhede met betrekking tot die spesifieke tender onthef. Die raad het later dieselfde maand die verslag aanvaar en sy volle steun aan De Ruyter toegesê.

ʼn Afskrif van die verslag het intussen aan sekere organisasies uitgelek en Eskom sê hy maak nou die volledige verslag bekend om enige verdere bespiegeling te stuit.

Luidens die verslag het Sifiso Dabengwa, ʼn voormalige Eskom-raadslid, De Ruyter daarvan beskuldig dat hy die raad in Maart vanjaar by ʼn vergadering mislei het en dat dié beweerde misleiding tot die kansellering van ʼn kontrak vir brandolie gelei het.

Trengove is daarna aangestel om die bewerings teen De Ruyter te ondersoek.

Die tender hou verband met die voorsiening van brandolie aan sy kragsentrales. Eskom het drie verskaffers, Sasol Econ Oil & Energy en FFS Refiners, hiervoor goedgekeur. De Ruyter het die begroting vir die kontrak bevraagteken en ná ʼn ondersoek beslis die kontrak is nie behoorlik toegeken nie.

Die raad het eindelik die kontrakte gekanselleer.

Ná Dabengwa se klagtes is Trengove aangestel om die klagte teen De Ruyter te ondersoek.

In sy verslag kom Trengove tot die gevolgtrekking dat De Ruyter se stelling dat die raad ʼn nuwe strategie aanvaar het om brandolie net by raffinaderye aan te koop, bes moontlik korrek was. “Mnr. De Ruyter het die stelling ieder geval eerlik gemaak en het goeie rede gehad om dit te doen.

“Mnr. Dabengwa se beskuldiging, dat mnr. De Ruyter die stelling oneerlik gemaak het, was ongegrond en onverantwoordelik,” lui die verslag.

Trengove het voorts bevind De Ruyter se agterdog oor samespanning tussen Sasol en Econ was geregverdig en tersaaklik. “Hy het nie die raad mislei nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

So ek neem aan Sifiso gaan nou aangekla word van doelbewuste leuns oor ‘n persoon versprei PLUS Sifiso gaan betaal vir die tyds verkwisting, ingesluit die samestelling van die verslag?

Casper ·

Nee Johann net soos die agterbakse bewerings teen Mnr Oberholzer sal hy niks oorkom nie.Oberholzer is hardwerkend en eerlik nie soos Molefe en Ngubane nie

Baardman ·

Nie almal is so korrup soos jy en jou maters nie
Sifiso, betaal die ondersoek se geld asb

Dup ·

Mnr De Ruyter is blank en nie korrup nie.Sy profiel pas dus nie in by bestaande korrupte amptenare se modus operandi nie.

Kokerboom ·

Ja-nee Mnr Dabengwa en sy kadergenote begin nou dans soos ‘n kat op ‘n warm plaat. Kapinggeleenthede nou verby en hul sal nou enige strooihalm gryp om bevoegde mense verdag te maak en kan NIE hanteer dinge werk nou weer. Pateties. Ek stem Johann…looi hulle vir kostes en kwaadwillige verdagmaking!

Dries ·

Ons wil weet watter media berigte. Ons moet weet woie is die media wat hierdie berigte versprei

Wondermaarnet ·

Dit is omdat hy wit is wat hulle nou sal krap en karring om te kyk waar hulle die witman kan nail.

Casper ·

Liewe Mnr Dabengwa hoe voel dit om bloedneus te kry.Is dit ‘n hekesjag omdat André De Ruiter blank is en besig is om escom uit sy haglike situasie te red.Jy is seker nou teleurgesteld dat De Ruiter nie aan wangedrag en korrupsie skuldig bevind is soos jou comrades Ngubane en Molefe nie en natuurlik omdat DE RUITER sy werk doen.Ironies dat president Ramaphosa DE RUITER aangestel het.Dit sé vir my hy het vertroue in DE RUITER ,iets wat jy nie kan sê nie.

Suzette ·

Goed – nou wil ek weet – WAT GEBEUR met dabengwa??????

Boerkind ·

Dit is baie duidelik dat Mnr. De Ruyter ‘n reuse verskil by Eskom maak. As die ANC ophou kader aanstellings maak, kan ander entiteite ook gered word…. Dankie Mnr. De Ruyter en sterkte met jou taak!

Onnie ·

De Ruyter maak huis skoon, en almal keer vir hulle “wickets”. Natuurlik gaan hulle hom probeer swart smeer, hulle het nog nie genoeg geplunder nie.

Michael ·

“Die kragvoorsiener beskuldig sommige verslaggewers nou daarvan dat hulle Eskom nie genoeg tyd gun op om navrae te reageer nie en dan ook nie geskrewe antwoorde in berigte gebruik nie.”

Wanneer gaan die media ophou om hulle eie agendas te dryf? Antwoord: Nooit.

Yvonne ·

Ondersoek bietjie vir Sifiso hy het dalk iets wat hy wegsteek….lieg en bedrieg en korrup

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.