Eskom kla DA aan

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het strafregtelike klagte teen die DA aanhangig gemaak.

Die kragvoorsiener beweer DA-LP’s Natasha Mazzone en Kevin Mileham sowel as talle van die party se ondersteuners het Woensdag by sy hoofkantoor in Johannesburg opgedaag “sonder toestemming waarna hulle voortgegaan het om die ontvangsgebied te beset en daarop aan te dring om Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, te spreek”.

Eskom het strafregtelike klagte ingedien ingevolge die Wet op Openbare Byeenkomste. Mazzone het egter ontken dit was ʼn protesaksie en beweer die party het met Eskom gereël om ʼn petisie te oorhandig waarin aangedring word dat Eskom-bestuurders die miljoene rande wat hulle in prestasiebonusse ontvang het, moet terugbetaal.

“Ons het al nagenoeg vyf maande nie beurtkrag toegepas nie en ons gaan voort om onderhoud op ons aanleg te doen om langtermyn-volhoubaarheid te verseker,” het Eskom in ’n mediaverklaring benadruk.

“Dit is dus kommerwekkend dat ’n politieke party op ’n wyse kan optree wat daarop gemik is om die fokus van ’n maatskappy wat sy kernsake doen te versteur en ontspoor deur die maatskappy besig te hou met onsinnige petisies.”

Eskom sowel as Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het uitgevaar teen Mazonne en haar party en gesê die saamtrek was “onwettig, onverantwoordelik en onaanvaarbaar”.

Mazonne het egter volgehou dat die saamtrek nie ʼn protesaksie was nie, maar dat hulle gereël het om ʼn memorandum met 77 000 handtekeninge te oorhandig.

Eskom het intussen aangedui dat hy ook ʼn klag van bedrog teen die DA gaan indien weens beweerde teenstrydighede in die petisie. Volgens Eskom is van die handtekeninge glo deur dieselfde persoon gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Drogba rudenska ·

Praat die Anc nou namens almal….fokus liewers op hoe jul al zuma se hansworsery gaan regmaak dat suid afrika nie meer soos n sirkus vertoon nie…….

Berhalet Beukes ·

Eskom behoort ‘n plasing in die Genius World of Records te kry vir die swakste dienslewering ooit! Spul patete!

Sarie ·

Ai tog alles in hierdie land is vandag soos ‘n spul kinders wat vir mekaar tong uitsteek. Whe-whe jy doen dit en dan doen ek dit en ek sleep jou hof toe. Eskom melk die verbruiker vir elke moontlike send maar sy groot kom trek nog steeds miljoene en miljoene se bonusse, prestasiebonusse van alle dinge. Nou dat die verbruikers ander energie bronne gebruik en minder krag koop nou kla Eskom weer hulle kry nie genoeg geld in met die verkoop van krag nie laat ons tog nou net gou die verbruikers straf vir hul besparings en ons vra vir 16% verhoging! Nou gaan die speletjie nog verder omdat die DA op Eskom se tone trap word hulle aangekla en hof toe gesleep en miljoene rande gaan aan hofsake bestee word. Daar is tog seker baie beter gebiede waarop Eskom daai geld kan spandeer. Genade wat maak dit nou saak of die betoging voor hul kantore wettig was, maar dit is soos in die geval van nommer een, jy mag nie se wat jy van hom en sy vermoe om die land te regeer dink nie, dan is jy onmiddellik die vark in die verhaal en jy mag ook onder geen omstandighede se wat jy van Eskom se eskapades dink nie, dan is jy ‘n nog groter vark in die verhaal

alida ·

Ek stem saam hulle diens is swak maar die groot sondebokke is die Munsipaliteite wat nie betaal nie. Hulle steel die geld en dan moet die arme verbruikers dit ontgeld.

GES ·

Die winter kom. Moenie dat Eskom julle bluf nie. Belê maar in alternatiewe energie stelsels.

Gertjie ·

Nou’s dit tyd dat al die familie’s die ANC aankla oor die moorde in ons land.

Kobus ·

Eskom probeer die aandag van die probleem wegsteek.

Die probleem is die onbevoegde “werkers” wat aangestel is en geen benul het van hoe om die werk te doen nie, maar astronomiese salarisse betaal word.
By Koeberg is die werkernemers wat jare vir die instelling gewerk het laat gaan en “werkers” aangestel wat nie die nodige kennis het nie. Nou word die ou werkers weer gekontrakteer teen 3maal wat hulle voorheen verdien het om die wiele aan die rol te hou terwyl die “ladies” wat in hulle plek aangestel is en ‘n nog groter salaris kry (let wel nie verdien nie) in kantore sit en CV uitstuur vir ‘n nog hoër pos, want sy het mos nou ondervinding opgedoen en “verdien” die om verder op in die voedselketting te wees.
Eskom, word wakker! Deur meer as die helfte van die onbekwame werkers af te dank, en die mense met kennis aan te stel, sal daar oorgenoeg geld wees om al die uitbreiding en instandhoudingwerk te doen sonder enige tariefverhoging.
Bonusse kan slegs betaal word as ‘n besigheid wins toon. Eskom is in die rooi vir jare al. Hoe kan ‘n werker ‘n bonus van miljoene Rand kry as daar nie wins gemaak word nie.
Stop alle staatsinstellings wat nie op suiwer besigheidgrondslag bestuur word se buitensporige bonusse en raak ontslae van onkundige werkers. Die alternatief is, laat hulle opgelei word deur die mense wat die kennis het,maar betaal hulle die salaris van ‘n vakleerling totdat hy/sy gekwalifiseerd is om die werk te doen

martin ·

Ek hoop Eskom kan verduidelik hoekom hulle “instandhouding” vir “langtermyn” veroorsaak het dat Crystal Park in Benoni se Substasie en kleinere transformers vanoggend uitgebrand het. Dis GROOT skade en gaan seker nou weer weke vat om te herstel. Dis tyd dat daar kompetisie kom vir hierdie maatskappye wat ‘n monopolie het.

Paul ·

Waarskynlik omdat die substasie nie ‘n Eskom-substasie is nie, maar aan die munisipaliteit behoort en niks met Eskom te doen het nie.

Jy gaan mos nie vir Parmalat blameer as Checkers se yskas afgaan en die melk suur word nie.

Dan ·

Eskom dink omdat hulle vir n verandering hulle werk gedoen het dit regverdig n moewiese bonis.

Asjas ·

Meskien het die petisie gegaan oor die 17% verhoging wat hulle nou al weer uit ons wil wurg en nie noodwendig load shedding nie!!

Retief ·

Die enigste positiewe ding wat Vrotkom nog ooit in sy bestaan gedoen het, was om ons taal te verryk deur ons die woord “beurtkrag” te laat gebruik.

Ansibet ·

Ek weet daar staan Eskom orals in die berig maar dit kon ook maar ANC gewees het… Selfde ding anyway!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.