Eskom kondig beurtkrag aan

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Vrydag aangekondig dat hy fase 1-beurtkrag toepas.

Die kragvoorsiener het op Twitter gesê die aanvraag na elektrisiteit is meer as wat voorsien kan word. Beurtkrag sal tot 22:00 landswyd toegepas word. Dit is nog nie bekend of beurtkrag oor die naweek toegepas gaan word nie.

Eskom het Woensdag gesê die risiko vir beurtkrag is hoog nadat twee van Eskom se kragopwekkers onklaar geraak het. Een van die kragopwekkers is intussen herstel, maar die tweede een verskaf nog steeds nie elektrisiteit aan die stelsel nie.

“Die probleme met die kragopwekkers is een van talle ander uitdagings wat die situasie vererger het,” het Khulu Phasiwe, ʼn woordvoerder van Eskom, in daardie stadium gesê.

Eskom sukkel al die afgelope paar weke om die ligte aan te hou en ondervind instandhoudingsprobleme.

Gebruikers kan Eskom se webwerf besoek om die beurtkragskedule te bestudeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Brian van der Westhuizen ·

Nes jy daar se. Ek wonder waar ek een van daai gloeilampe kan koop wat nie met krag werk nie?

pop ·

Die kampeerwinkels koop mens oulike lampe wat jy bedags in die son neersit en saans het jy lig vir 3 ure. Te oulik en lig is sterk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.