Eskom kondig beurtkrag aan

Argieffoto

Eskom het aangekondig dat daar Donderdag van 12:00 af beurtkrag toegepas sal word.

Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê fase 1-beurtkrag sal van 12:00 tot 22:00 toegepas word. Volgens Eskom is dit weens beplande instandhoudingswerk en weens onvoorsiene kragonderbrekings.

Eskom het gesê fase 1-beurtkrag maak voorsiening om tot 1 000 MW kragverbruik te spaar. “Beurtkrag word as ʼn laaste uitweg ingespan om die kragnetwerk te beskerm teen ʼn totale ineenstorting.”

Die kragvoorsiener het ʼn beroep op verbruikers en sakeondernemings gedoen om krag te bespaar en geisers en ander nie-noodsaaklike toerusting af te skakel om elektrisiteitverbruik te verminder.”

Klik hier om die beurtkragskedule vir jou woongebied te sien, of kontak jou munisipale kragvoorsiener vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

penny ·

Skielik is die liggies uit ha ha ha ,piesang republiek !!!!

weetnie ·

Ek dink hierdie is dalk een van die “wigte” en “teenwigte” wat nou inskop.

Andrew ·

Gelukkig is daar soveel “Wigte en teenwigte” ingebou dat niks verkeerd kan gaan nie.
Behalwe as jy Afrika beter ken.

Philip ·

Hulle moet op hul salarisse afskaal en minder verdien as ons ons krag moet afskakel .

RECCE ·

Dis seker hulle beplanning vir die 12de Desember om dan totaal sonder krag te wees he he he he

Olga ·

EK GLO VERSEKER HIERDIE IS ‘N OEFENLOPIE. Dis ‘n kwessie van die spreekwoordelike padda in die pot! Ons krag was al van gister middag 12h00 af aan tot 09h45 vanoggend.

Klaasvakie ·

Regstellende aksie, kader ontplooing en dekolonisasie in aksie!!!!! Afrika denke.

Johann cb ·

En só moet Suid-Afrika se wetsgehoorsame burgers bly betaal vir JZ se wandade! Dit is géén grap meer om ‘n onskuldige landsburger te wees nie! Ai tog…

MTSteyn ·

Nie wandade van JZ nie; JZ – in sy eie woorde – is ‘n produk van die ANC.

Daar kom dae waar behoudendes gaan terug verlang na die “goeie ou dae” van JZ. Die NDR in volle glorie moet nog aanbreek.

Johann ·

ANC LEGACY!!!!! Onbevoegdheid en onaanspreeklikheid, dis nou NADAT die beursies leeg gedra is.

jaco ·

kan iemand die Engelse uitdrukking “load shedding” verduidelik? Waarom gaan die krag AF as daar dan wel ‘n “load’ krag beskikbaar is? waarom moet die” load” dan “ge-shed” word?

Haan ·

Jaco, in kragstelsels en krag netwerke word na n punt wat energie gebruik as n ‘las’ verwys (motor/fabriek/dorp)
Om hierdie las af te sny (te “shed”) verlig die totale las op die netwerk en sentrale(s)

Pieter ·

Hoekom skakel hulle nie net die munisipaliteite wat skuld se krag af nie. No pay no power.

Willie ·

Dis hoekom hulle dit “donker afrika” noem…. hulle wil graag terug gaan na die donker eeue !
Eskom hits mense aan om krag te bespaar, baie mense doen en baie gaan oor na son panele – en die net effek is minder krag verbruik wat dan ook beteken minder inkomste, wat dan weer maak dat hulle meer geld wil vra vir elektrisiteit, en dan gebruik mense NOG minder…. dan gaan die sirkel weer om en om todat daar niks meer oor is nie. Viva !

SjN ·

Wanneer kondig hulle aan dat hul nie bevoeg is om Eksdom te kan bestuur nie.

Andrew ·

Ouvrou, jy kan dit laat werk van ‘n sonlig stelsel af, en jou waterverwarmer ook. Baie goedkoper op die lang duur en meer betroubaar boonop.

Johannes ·

Wolla, as jy dankbaar is om ‘n sub-standaard Afrika hool te bly, geluk. Maar ek is nie tevrede nie… veral nie as ek weet hoe SA eens gelyk en gefunksioneer het nie.

Verstom ·

En volgens se Eskom se uitvoerende hoof aan die begin van die jaar, sou beurtkrag nie weer gebeur nie, maar dit was voor die Zupta gemors uitgekom het, nou is 9 kragstasie se steenkool uitgeput, maar weereens lieg hulle om te sê dit onderhoud, snert man, praat ‘n slag die waarheid, ons is nie die dom onnosel goed wat ons voor aangesien word nie. Julle moet maar stadigaan julle sonkrag stelsels aankoop. Erger gaan dit erger word.

corne ·

met n tong in die kies is dit baie snaak beurtkrag 2dae voor die vertooe sluit hoekoem eskom nie krag tarief moet aanpas snaaks

Ken ·

Ek doen besigheid met die steenkoolmyne. Daar is hoegenaamd nie ‘n steenkool tekort nie, en die kragstasies het meer as genoeg steenkool om die stasies te laat funksioneer. Bog storie dat steenkool uitgeput is!!!! Wanbesteding van geld deur Eskom en sukkel om werknemers te betaal. Gebeur as jy oor jare bestuurders het wat Eskom se koffer leegtap!! R10 m bonuses ens…. Maak mens de hel in…..

Golden Leaf ·

Alles word opgefoeter. My huiswerker kom vandag, so sy gaan NIKS doen nie, gaan julle haar salaris betaal? Julle stel MINIMUM lone vas wat ons al lankal oorskry het maar as sy kom werk KAN sy nie werk nie want daar is nie krag nie . geen wasmasjien, geen strykyster geen stofsuiker nie . so WAT MOET SY DOEN?? Moet ek haar maar laat gaan?

Judge Dredd ·

Goeie tyd vir verbruikers om met protes aksie teen Eskom te begin.

Almal hoef slegs vanaand al 4 hul stoof se plate aan te sit.

Kom ons wys die ANC/Eskom ons is nie gelukkig met hul gemors nie !!

Pegasus ·

As dit dan nou so gaan in die somer waar gaan dit volgende jaar se winter eindig !?

riana ·

Ja nee kyk sal die land of Eskom ooit regkom. Regtig oor vakansie tyd wat mens moet worry of jou huis en alarm ok is en yskaste. Dit is baie sleg.

Ria ·

Kyk na gegoede buurte in jou omgewing of provinsie, b.v Bishops Court, Bantry Bay ens – geen rekord van hulle skedule nie. Die GROOT huise met baie ligte waar b.v ministers woon. Hoekom word hulle nie ingesluit nie?????

Anel ·

Waarom lieg? Sê net beurtkrag GAAN GEBEUR! Dan weet ons en No Surprises!
Ek haat ……

Karina ·

Ons krag al van gisteraand 7 uur af uit. Nog nooit aangegaan…..

Andre ·

R1 biljoen gratis aan die Gupta’s, korrupsie, enorme salarisse en bonusse vir die “werknemers” en veral grootkoppe by Eskom, wanbestuur, onbevoegdheid, ens, en nou as gevolg daarvan beurtkrag. ‘n Totale fiasko.

Vet bettie ·

Niemand dit nog agtergekom nie? Elke jaar wanneer tarief verhogings tersprake kom is daar skielik beurtkrag. Klink so of hulle ons(Nersa?) wil oortuig hulle het 15%verhoging nodig

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.