Eskom kondig beurtkrag aan

(Foto: pixabay)

Eskom het Donderdagmiddag aangekondig dat hy beurtkrag gaan instel.

Eskom sal van 16:00 tot 23:00 fase 2-beurtkrag instel weens ‘n kapasiteitstekort.

Die kragvoorsiener het Donderdagoggend nog gesê dat beurtkrag nie vandag verwag word nie maar dat die kragnetwerk steeds onder druk en kwesbaar is.

Teen 10:00 vanoggend was daar 12 300 MW se onbeplande onderbrekings. Eskom het ook toe gesê daar is genoeg diesel vir gasturbines en water by die pompopgaarskemas om die tekort aan kapasiteit aan te vul indien nodig.

Waar kry ek my beurtkragskedule?

Indien Eskom jou elektrisiteit verskaf, kan jy jou beurtkragskedule kry deur www.loadshedding.eskom.co.za te besoek of 0860 037 566 te skakel.

Indien ʼn munisipaliteit jou elektrisiteit voorsien, kan jy die volgende webwerwe besoek of inbelsentrums skakel.

City Power (Johannesburg): www.citypower.co.za of 086 056 2874
Ekurhuleni (Oos-Rand, Gauteng): www.ekurhuleni.gov.za of 086 054 3000
Tshwane Metro (Pretoria): www.tshwane.gov.za of 012 358 9999
eThekwini (Durban en omliggend): www.durban.gov.za of 080 131 3111
Stad Kaapstad: www.capetown.gov.za of 086 010 3089
Nelson Mandelabaai: www.nelsonmandelabay.gov.za of 041 506 5555
Polokwane (Limpopo): www.polokwane.gov.za of 015 290 2490
eMalahleni (Witbank en omliggend): www.emalahleni.gov.za of 013 690 6911
Umhlathuze: www.umhlathuze.gov.za of 080 022 2827

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Siener ·

Loadshedding beteken daar is nie kapasiteit nie.
Eskom het nie krag om te verkoop nie. Dit het niks met bonusse te doen nie.

Hannetjie ·

Hennie…presies..ek se ook so..bonusse en die 13de en 14de bedraggie ook.

ou stok ·

Ja, gaan maar na ekurhuleni se tuisblad en vind dat die skedule beskikbaar is vir 2014

PIETER ·

Josi, Hennie is soort van reg, en jy ook… Kragopwekkers word nou verkoop. Gemiddelde prys is tussen 7000 en 9000, plus BTW, m.a.w, daar word R1050 BTW per kragopewkker betaal, plus die heffing op brandstof, en die wat kan bekostig gaan eet uit, teen gemiddeld R100 per persoon, nog R13 per persoon aan BTW…. So kan ons aangaan…..

Stuiwer ·

Nee Willem. As R115 is, dan is die BTW porsie R15. R100 minus BTW = R86.96.
Ok, ok, Pieter is wel 4c uit :-)

koos ·

Seker die reën se skuld. As dit nie reën nie, dan is dit water tekorte. As die warm of koud is kry mense wat lugversorging en verwarmers gebruik, die skuld. Eskom, julle is meesters op verskonings, behalwe om die skuld te plaas waar dit hoort.

André-Chris ·

Dit is van ligte af en sit en niksdoen dat die mense vervelig raak. Volgende jaar word ons weer vertel hier is nou 80 miljoen mense in die land.

sdp ·

As die geliegery op hou, en die publiek opgehou paai word, en opgehou dink word almal is stupid sal dit ok al beter gaan

Vintcent ·

Die vet katte se boeke moet klop, anders verbeur hul, hul R1miljoen bonus. Die volk sal ly, want hul is onnosel en dit speel in die kraal van eersgenoemde.

Piet parys ·

Wil net vir eskom se ek kan hulle nie einde van die maand betaal nie want mens betaal net vir n diens nie vir n sirkus nie . NS ek is onder sakeredding .

Nico Ferreira ·

Interresant hoe daar altyd ‘n tekort aan kapasiteit is, en dit die rede is hoekom daar Beurtkrag is, maar daar is genoeg kapasiteit om aan Zimbabwe krag te voorsien. Kyk eers na jou eie land en sy mense voordat daar na ander lande gekyk word !!!

Willem Grobler ·

Ja Nico. En varke vlieg! As hierdie lot praat van “our people” sluit dit nie vir ons in nie. Die brothers in Zim is hoër op die ranglys as die whites alhier.

Hendrik ferreira ·

Ek verstaan dit ook nie beurtkrag in SA wat krag voorsien aan Botswana,zimbabwe en mosambiek dit maak nie sin nie.

Chris Ws ·

Nico ek se presies ook so!Sorg eers dat Suid Afrika genoeg krag het en voorsien DAARNA krag aan buurlande as daar genoeg is om dit te doen.Ons moet ‘n plan beraam om op ‘n manier beheer te kan oorneem met voorsiening aan buurlande in tye van ‘n kragvoorsienings tekort in die land.Escom gee duidelik nie ‘n duit om nie.

Susan ·

Dit is deel van die duister wat voorlê vir Suid-Afrika….. Die volgende instansie wat onder administrasie geplaas gaan word

A Mac ·

En daar word ons deur die donkerte geslaan. Gelukkig is kersie en vuurhoutjies altyd op dieselfde plek, flitse altyd gelaai, honde teen die tyd kos gekry. Dis sommer so stil, selfs die bure se aircon wat 24/7 hardloop is stil. Nou maar die donkerte in stilte geniet. Dit het nou weer ‘n paar weke te goed gegaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.