Eskom kondig fase 2-beurtkrag aan

Argieffoto

Eskom het gesê fase 2-beurtkrag sal Woensdagaand van 21:00 tot Donderdagoggend om 08:00 ingestel word.

“Beurtkrag word in die aand ingestel om die maksimum kragvoer deur die werksdag te verseker,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

Eskom skryf die besluit toe aan ʼn gebrek aan bykomende kragopwekkingskapasiteit en noodreserwes wat deur die loop van die dag gebruik moes word.

Die kragstelsel bly kwesbaar en onvoorspelbaar, aldus Eskom.

Beurtkrag kan Donderdag ook ingestel word indien bykomende kragopwekkingseenhede onklaar raak. “Ons sal verbruikers op hoogte hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

James ·

Aggenee nie weer nie. Ek woordeloos. As fabrieke almal oop is en wat dan… terug op fase 6 vir 2020..

bekommerde ·

eskom lieg soos tandetrekkers, aanvraag is verskaffing, niks wat in die aand spaar kan deur die dag gebruik word nie, gee dit natuurlik vir die “buurlande”
ons is nie so dom nie

Knapie ·

Bekommered,

Daar is voor 1994 al stelsels geïmplenteer om oortollige energie in die aand te stoor. Die probleem is dat ‘n kragopwekkingseenheid by n kragstasie baie lank vat om op te start. As almal vanmiddag by die huis kom en wil stort en kos maak is die elekrisiteit aanvraag baie hoër as deur die res van die dag. Vanaand as almal slaap is die verbruik weer baie laer. Daarom was daar pompskemas geïmplementeer, waarvan ek weet dat die sterkfontein dam stelse een is.

Gedurende periodes van laer aanvraag, word water vanaf laer damme in die sterkfonteindam ingepomp. Gedurende periodes van hoë aanvraag, loop die water weer terug deur n hidroelektriese turbinne na die laer damme toe. Die stelsel kan binne 5 minute maksimum drywing lewer.

Ja, die stelsel was nie bedoel vir beurtkrag nie.

So ook, nie die gasturbines nie. Gasturbines was geïnstaleer as rugsteun vir die pompskemas as daar buitengewone hoë aanvraag is, of daar baie eenhede buite werking is.

Goed breek en het instandhouding nodig, dit is hoekom daar altyd spaar kapasoteit geïnstaleer moet word. SA het nie meer daardie spaar kapasiteit nie.

jaco ·

Het die ANC in hulle exile jare in kommunistiese lande dan NIKS geleer nie? Die Sowjetunie, Oos-Duitsland, Tsjeggo-Slowakye ens was SONDER goed soos:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Lae standaard onderwys waar leerders onderwysers MAG aanrand
En so kan my lys aangaan en aangaan. Plaas die ANC eerder daardie beter kommunistiese stelsels net so in SA toegepas het en dan maar die Christene vervolg het. Selfs onder sulke vervolging sou ons dan darem in ‘n beter samelewing gebly het.
Eks seker daarvan dat manne soos Karl Marx, Lenin en Stalin elke dag selfs daar waar hulle in die hel brand, LAG vir die ANC se nonsens in SA.

DS ·

Jaco jy kan nie oordeel en se die mense is in die hel nie. Tel maar jou woorde en dink voor jy god probeer speel. En glo my vervolging van die Christene is geen grap of “sal jou in beter samelewing laat bly nie” dis ‘n baie kortsigtige uitlating. Jou kommentaar spreek van onkunde.

K P ·

Die woord beurtkrag is iets wat deur die patetiese regering geskep is om dit so mooi te laat klink wat werklik gebeur. Die spul wat deur de klerk en meyer op ons losgelaat is n skande in die wêreld geskiedenis.

Lou ·

Voorheen voordat Eskom se wiele afgeval het, was daar in die nag en oor naweke surplus elektrisiteit beskikbaar om water uit die Kilburn dam na die Drie Kloof /Sterkfontein dam te pomp en dan wanneer die aanvraag na elektrisiteit hoog is word die water met gravitasie deur Turbine generators vrygelaat terug na die Kilburn dam om elektrisiteit op te wek.
As die stelsel ooit nog werk lyk dit asof Eskom nou beurtkrag in die nag moet instel om die water te kan pomp van een dam na die ander.

My opinie ·

Eskom het aangekondig dat Fase 2 tot Vrydag oggend 06h00 sal duur …. Vir nou

koos ·

Fase 2 is verleng tot môreoggend 6 uur. Wat ‘n geMORS. Wat sê ons president nou van sy belofte?

Naas ·

As die ou by Eskom wat hierdie blinknuwe idee uitgedink het om krag snags af te skakel wakker word sal hy besef die dag begin reeds om 06:00 en nie 08:30 nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.