Eskom kondig weer beurtkrag aan

Argieffoto

Eskom het pas aangekondig dat hy Woensdagoggend fase 2-beurtkrag vanaf 01:00 tot 06:00 gaan toepas.

Luidens ’n verklaring gaan die kragvoorsiener nou beurtkrag snags in werking stel om die beskikbaarheid van elektrisiteit gedurende werksdae te verseker.

“Weens die verlies van bykomende kapasiteit moes noodreserwes gebruik word om die kapasiteit gedurende die dag aan te vul. Die stelsel bly beperk en onvoorspelbaar,” lui die verklaring.

Dié rondte beurtkrag word ingestel ter wille van die matriekuitslae wat môre bekend gemaak word, verduidelik Eskom.

“Fase 2-beurtkrag word uitgestel tot 01:00 om matrikulante die kans te gun om hulle matriekuitslae te ontvang. Hierdie besluit sal matrikulante ook genoeg tyd bied om hulle weg huis toe te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Die wollerige skaap ·

Ek dog dan Ramapoza het belowe dit gaan nie weer gebeur ? Alweer

Kobus ·

Dit is n klomp bollie. Watse flou grappies gaan hulle nog uitdink vir hulle onbevoegdheid

Ig ·

Bla bla bla. Selfde storie, ander verskoning. Is daar nog verskonings oor om te gebruik?

Seeklong ·

Iets maak nie sin nie. Jy kan nie krag opgaar gedurende die nag om dit in die dag te gebruik nie. Krag word gebruik soos wat dit voorsien word, daar is nie batterye waar dit gestoor word vir later gebruik nie. Iewers is ‘n groot slang in die gras, hulle gaan ons nou gewoond maak om krag snags af te sny, juis dan wanneer diewe en moordenaars toeslaan. Maak gereed mense, hier kom moeilikheid, in die nag nogal.

Kobus ·

Dis nou n klomp bollie. Watter flou grappies gaan hulle nog uitdink vir hulle onbevoegdheid

Ollie ·

Dit is baie duidelik dat hierdie onbevoegde blikskottels my Eksdom glad nie weet wat hulle doen nie! Ons is uitgelewer aan ‘n heeltemal disfunksionele instelling wat maar net ‘n verlengstuk van ‘n heeltemal disfunksionele regering is.

KO ·

Mnr die president die feit dat jy Eskom bestuurders se verlof gekanseleer het oor Kerstyd, het geen effek,
Of hulle by werk is of nie, HULLE BETEKEN NIKS.

WELKOM ·

Grootste KLOMP SNERT wat hulle kan Kwytraak vir onbekwaamheid
SUID AFRIKA se EKONOMIE gaan hierdie jaar die swakste word nog.
Al die besighede ket nog nie eers oopgemaak vir 2020 en Beurtkrag word al toegepas

Die regering is so onbetroubaar, jy kan hulle nie eers vertrou op die afskrif van ‘n foto nie

KP ·

En so maak die regering geld. Hierdie diesel opwekkers gebruik 13 liter diesel elk per sekonde, jy lees reg per sekonde.
Ek weet want het help bou aan een van die 5 buite Mosselbaai.
So maak die maklike som en jy sien dat die regering amper R590 miljoen per maand maak met net n diesel heffing van R3-50 per liter en dit net vir die 5 eenhede buite Mosselbaai.
Dan is daar nog nege van hulle buite Atlantis in Weskaap en nog ander belastings ook.
Geen wonder Escom is bankrot!!!

Fanie du Preez ·

Enron – Smartest Guys In The Room . .
..
Eskom werk nou volgens daardie manifes…en dit werk…jy kan nie op n beter manier fondse bekom nie . . .kyk gerus dit op Youtube.
..

John ·

… dit is so waar, die tyd genees alles. Kyk bv in Zimbabwe: Van lui hand na bakhand na plathand.

emily ·

ESKOM, TELKOM EN DIE REGERING is almal vol beloftes.
Pleks hulle ontslae raak van al die koruptes, en onbevoegdes wat nie weet hoe om te werk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.