Eskom-kontrakteurs dank 1000 werkers af

Medupi Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook

Medupi Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook

Eskom-kontrakteurs het meer as 1000 werkers afgedank wat aan ʼn onwettige staking by die Medupi-kragsentrale in Lephalale in Limpopo deelgeneem het.

“Die werkers wat Woensdag aan die onwettige staking deelgeneem het, is afgedank. Meer as 3000 werkers het aan die staking deelgeneem, maar 1000 van hulle is afgedank aangesien hulle reeds vorige waarskuwings teen hulle het,” het Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, Vrydag gesê.

“Die res van die werkers het skriftelike waarskuwings gekry.”

Die werkers het gestaak om op beter werksomstandighede aan te dring.

Phasiwe het gesê Eskom sal met die kontrakteurs vergader om te bepaal of hulle van plan is om die afgedankte werkers se poste te vul of ekstra skofte by die kragsentrale gaan implementeer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Manie ·

Dit is hoogtyd dat die Kontrakteurs hulle voet moet neersit. Dit is mos waarvoor daar Dissiplinêre reels en regulasies is.
Pas dit net progressief toe. Ongeag van die uitkoms !!!

Tammy ·

Hulle bid vir werk en wanneer jy hulle werk gee trek hulle dit deur en gee nie n flenter om vir die werk of die werkgewer nie. Nee wat ,as hulle nie wil hoor nie, jaag hulle weg en maak plek vir mense wat nie werk kan kry nie weens huidige regeringskwotas!

My mening ·

Dit is hoekom ander lande nie meer in ons land wil investeer nie. Niemand wil met ‘n klomp mense werk wat NIE wil werk nie. Ek doen op hierdie stadium 3 mense se werk, maar kry steeds net my eie salaris, moet ek ook nou begin staak?? Nee, ongelukkig kan ek nie, want ek weet ek het verantwoordelikhede en mense wat afhanklik is van my inkomste, soos my gesin!!

Johan ·

Hierdie klomp afgedanktes gaan nie die saak daar laat nie.Hy mag mos brand en hy mag mos afbreek. Hulle gaan sekerlik vir Escom teiken.

Gerhard Bezuidenhout ·

Stem saam dank die klomp saboteurs af. Wanneer almal dit begin doen sal hulle miskien ore kry.

Paplepel ·

Hoekom daar stop? Raak ontslae van die klomp soustrein ryers in die hoër range ook. Net so nikswerd soos ‘n staker.

dries ·

Ons mense soek werk en ons is bereid om in enige toestand te werk gee net vir ons werk.

CHRISTA ·

Noudat Eskom so desperaat is om hulle kragstasies te bou, gaan daar nie meer so ligvoets met stakers gewerk word nie. Volg Margaret Thatcher se voorbeeld – maak staking ONWETTIG!

Swanna ·

Hoekom neem hierdie kontrakteurs nie wittes indiens wat erinstig werk soek? Nee hulle moet ‘n sekere persentasie swartes in diens hê soos die kwotastelsel om die kontrak te kry of te kan tender op die werk. Dit weet elke kader, dit is hoekom alles so ‘n gemors is om die werk gedoen te kry. Jy moet X-persentasie BEE goed gekeur wees voor jy op die tenderlys mag kom. Daarna moet jy X-persintasie swart werkers in diens hê om heel moomtlik die werk te kry. Dit gaan alles absoluut oor SWART BEMAGTIGING! JZ en KIE is voorstaanders vir stakings. Dit gaan alles oor om die witman te ondermyn en uit die ekonomiese speelwêreld te dryf.

Swanna ·

Wat het ek nou volgens jou verkeerd gekomentaar MNR. DIE MODERATOR!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.