Eskom krag, skuld in gedrang

(Foto: pixabay)

Die Suid-Afrikaanse kragvoorsiener Eskom het Woensdag gesê hy is teleurgesteld oor die afgraderingsbesluit wat die graderingsmaatskappy Moody’s gemaak het rondom sy langtermyn korporatiewe eenheidsgradering (KFG), of dan nou skuld wat nie deur die staat gewaarborg word nie.

Dié gradering, wat spekuleer of ʼn korporatiewe eenheid al sy betalings sal kan nakom, is aangepas van B2 na B3. Dit beteken dat Eskom tans ses vlakke onder beleggingsgraad gemeet word, of kniediep in rommelstatus. Dit beteken dus dat Eskom waarskynlik nié sy betalings sal kan nakom nie.

Jabu Mabuza, Eskom se uitvoerende hoof en tussentydse voorsitter, sê in ʼn verklaring dat die kragvoorsiener verstaan waarom Moody’s bekommerd is, maar dat hul nou saamwerk met regeringsdepartemente om die onderneming se struikelblokke te oorkom.

Die graderingsagentskap het egter steeds vertroue in die skuld wat wel deur die regering gedek word en het dié gradering by Baa3 gehou. Dit is steeds een vlak bo rommelstatus.

Jabuza het verder gesê dat Eskom voorts daaraan sal werk om sy skuld met al sy krediteure te vereffen, omdat hy hard aan die werk is om sy korporatiewe bestuursprobleme van die vorige regime uit te werk. Eskom het tans ʼn skuldlas van R450 miljard. Die regering het weer in die onlangse mediumtermynbegroting R138 miljard se reddingsboeie aan die sukkelende kragreus beloof.

“Ons kontantvloeivlakke bly laag, maar ons het reeds ondersteuning vir ons regrukplanne van die plaaslike markte ontvang. Saam met die finansiële ondersteuning wat ons van die regering ontvang, is ons optimisties, maar versigtig dat ons ons skuldverantwoordelikhede sal kan nakom,” het Eskom gesê.

Die kragreus is tans in die proses om sy negepuntplan, wat daarop gemik is om die kragverskaffer reg te ruk, te implementeer. Die plan is daarop gemik om meer sekerheid te bied en om Eskom se kragstasies te stabiliseer.

Eskom het egter Woensdagoggend gesê dat sy netwerk steeds onder hewige druk verkeer, nadat omtrent 12,000 MW van sy opwekkingsvermoë verlore gegaan het as gevolg van onbeplande instandhoudingswerk wat uitgevoer moes word.

Die kragvoorsiener se noodsentrum sou die situasie monitor om te verseker dat beurtkrag nie geïmplementeer word nie. Eskom se pompopgaarskemas en dieselopwekkers is tans voluit besig om druk op die stelsel te verlig, maar dié noodstelsels was ook besig om leeg te loop, het Eskom in ʼn verklaring gesê.

Beurtkrag kan steeds op kort kennisgewing geïmplementeer word, sou daar enige verandering in die stelsel ontstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Bianka ·

Dit kom daarvan as gratis krag aan sekere groepe belowe is. Daar te min blankes in hierdie land om sekere ander groepe se krag rekeninge te dra. Eskom kan nie tariewe bly verhoog nie, blankes word droog gemelk en ander groepe weier om te betaal. Vorder bietjie julle geld in van Soweto en ander nedersettings of sit hulle krag af! Hulle skuld raak meer en meer.

KO ·

Bianka, dit is wat Moodys wil hoor n daadwerlike plan nie n speel-speel plan, voeg daarby hoe om sy werksmag van 50 000 werkers te verminder.

Dafer ·

Slegs as hulle die hele bedryf aan Suid Afrikaanse blankes oorhandig sal die besigheid kan slaag. Andersins, gladnie!

Saint ·

Aag, tog nie alweer nie ?
Hoeveel keer het ons dit nie al gehoor nie en daar kom dadels van.

So hartseer as wat dit is, is dit wat waarskynlik weer gaan gebeur.

James ·

Die skuld kan nie betaal word nie. Ons land behoort leterlik aan n ander land.

Johann cb ·

Nou sal ons waarskynlik beurtkrag beleef en afgepers word om meer te betaal vir elektrisiteit! Gaan die belastingpligtige nog méér moet hoes vir ekstra “reddingsboeie”?

Pieter ·

Ons eie skuld johan ons blankes wil nie standpunt in neem nie en afriforum is te besig om hulle op te hou met nonsens pleks kom hulle met n plan saam met ons blankes om die regering bietjie in die bek te ruk

Gert ·

Hulle wil die probleme van die vorige regime uitsorteer? Dis nou die ou Suid-Afrika waar daar altyd elektrisiteit was, en teen 10 keer goedkoper as nou? Waar Eskom ‘n wins gewys het?

Dirkie ·

Begin by die Presidensie, die ministers, die oorvol departe in die regering, die anders staatsdepartemente – sny hùlle salarisse, laat álmal elektrisiteit betaal, raak ontslae van die duisende leeglêers in die staatsdepartemente. Betaal dán Eskom se skuld daarmee. Daar is meer as 29000 staatsamptenare wat meer as R1m pj verdien. Net ‘n gedagte; gebruik dit, of nie.

Willem Grobler ·

“Korporatiewe bestuursprobleme van die vorige regime” – wat de duiwel beteken dit? Wat dit ookal beteken dit klink vir my of hulle alweer iemand anders blameer. Dis mos hul storie. Dis altyd iets of iemand anders se skuld.

HPV ·

Eskom se gradering na rommelstatus is heeltemal geregverdig na die enorme skade aan die ekonomie deur hul onvermoë om elektrisiteit te verskaf. Dit is die produk wat hulle veronderstel is om te verskaf sonder om op dieselopwekkers te steun. Ongelukkig vreet dieselopwekkers, prestasie bonusse en salarisverhogings die reddingboei wat ons die belastingbetaler moes opdok teen ‘n skrikwekkende spoed weg. Staan binnekort grootoog bakhand vir die volgende reddingboei.

wilma ·

Oe die onbevoegdes lyk my blameer weer die vorige regime. onnosel. ons het krag gehad. nie geweet van beurtkrag. ons almal weet hukom Eskom probleem is. Mos n spaarvarkie vi die grootkoppe

ore ·

En daar doen hulle dit weer.Perfekte strategie.Die beleggers van oral oor is hier en nou speel Eskom weer die “kry ons jammer”kaart.Beurtkrag word nou genoem en die woordjie word nou ‘n “Sleutelwoord”want Eskom wil dit so stel dat een van die gaste dalk sy beursie sal oopmaak om SA van donkerte te red.Die vakbond is ook besig om ons in die grond in te druk.Hulle stel net eise.Hoe verwag regdenkendes 11% verhoging terwyl nie-staatsinstellings slegs 4% toestaan?Die gemmiddelde salaris is R840,000 per jaar!Alla magtag!

Kraaitjie ·

Ja tiepies, stem saam Willem, en dink net as hulle van 25 jaar se bestuur nie die ” Korporatiewe bestuurstekortkominge van die vorige regime” kan uitsorteer nie sal hulle dit nooit kan uitsorteer nie. Die enigste mense wat daai snert glo is ook maar lekker stupid!!

peet harmse ·

Wat my meeste bekommer is die misbruik van die nood generators by Mosgas en Koeberg. Veral die Koeberg Diesel opwekker is n kritieke nood maatreel indien daar fout kom in die Kernaanleg. Deur dit te gebruik vir normale opwekking in die netwerk verkort dit die lewensduur daarvan en as daar iets sou verkeerd gaan met die hoof aanleg kan dit nie die bystand verleen waarvoor daar beplan was nie. Potensiele ramp?

Alta O'Kelly ·

Ek het gister vir ‘n Eskom amptenaar gevra, of Eskom regtig finansieële probleme het. Want hoekom maak hulle nie plan om al die uitstaande geld in te vorder nie. Ons kry krag direk van Eskom. My vorige huurder skuld Eskom bykans R 8000. Toe vra ek haar kan hulle nie ‘n dagvaardiging aan die huurder stuur nie. Die antwoord was net nee hulle doen dit nie. Nou wonder ek net of hulle voorkeure aan ras gee waat dit by die invordering kom. Of ag hulle dit as te klein bedrag vir invordering. Dit is nou my probleem om die geld van haar af te kry. Vir meer as 7 maande het sy nie betaal nie en daar is ook geen rente bygevoeg nie.
Ek wonder maar net!!!! Het hulle regtig geld nodig, want indien dit die geval is sal hulle mos alles in die stryd werp vir die invordering van slegte skuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.