Eskom: kragnetwerk is stabiel

EskomEskom het ʼn versoek gerig dat mense wat probleme met hulle kragtoevoer ondervind, hul munisipaliteit se dienssentrum  moet kontak omdat daar nie fout met Eskom se toevoer is nie.

Mense het gekla dat hulle nie elektrisiteit het nie ondanks die kragvoorsiener se belofte dat daar geen kragonderbrekings sal wees nie en dat die land se kragnetwerk stabiel is.

Volgens Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, moet diegene wat hulle elektrisiteit direk van dié kragvoorsiener ontvang, Eskom se dienssentrum kontak indien hulle navrae het.

Doelbewuste kragonderbrekings moes Donderdag toegepas word, maar Etzinger het gesê dat kragonderbrekings gedurende die naweek onwaarskynlik is.

Volgens Etzinger was die kragnetwerk in die algemeen die meeste onder druk op weeksdae tussen 17:00 en 21:00.

–   Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.