Eskom: Kragtekort kan tot April voortduur

EskomEskom het Vrydag tydens ʼn perskonferensie gesê probleme met die land se elektrisiteitstoevoer kan tot in April voortduur met die moontlikheid dat gereelde beurtkrag ingestel kan word.

Die kragreus het Donderdagaand om 22:00 die noodtoestand in die land se kragtoevoer opgehef nadat beurtkrag deur die dag regoor die land toegepas is. Eskom het egter gesê met die winter oppad is die probleme nog lank nie iets van die verlede nie.

Andrew Etzinger, woordvoerder van Eskom, het Donderdag gesê die afgelope week se reën het daartoe gelei dat die kragreus se steenkoolvoorraad nat is, wat die kragnetwerk onder groot druk geplaas het. Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ook gewaarsku dat swaar reënval vir nog twee weke verwag kan word, wat die steenkoolvoorraad kan beïnvloed en meer spanning op die kragnetwerk kan plaas. Eskom het ʼn beroep om verbruikers gedoen om elektrisiteit spaarsaam te gebruik.

Donderdag was die eerste keer seder 2008 dat beurtkrag toegepas moes word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.