Eskom-krisis: Solidariteit bied hulp aan

dr-dirk-hermann-blf-konferensie-2019-02-14

Dr. Dirk Hermann is die bestuurhoof van die vakbond Solidariteit. Foto: Reint Dykema.

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn kennisbank bekend gestel waar ingenieurs en tegnici wat oudwerknemers van Eskom is, kan registreer sodat hul vaardighede opnuut gewerf kan word om die Eskom-krisis te help verlig.

Die skepping van hierdie kennisbank volg op pres. Cyril Ramaphosa en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se aankondiging dat kundige oud-Eskom-werkers, plaaslik én in die buiteland, ingespan moet word om Eskom se vaardigheidstekort te help verlig.

Solidariteit het sy hulp aangebied en ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om die redding van Eskom ʼn nasionale projek te maak.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het egter gesê die voorwaarde vir die hulp is geregtigheid. Solidariteit het ʼn versoek aan pres. Ramaphosa gerig om ʼn kommissie van ondersoek onder voorsitterskap van ʼn regter aan te wys om die krisis, wanbestuur en korrupte aktiwiteite in Eskom te ondersoek.

Volgens Solidariteit moet die opdrag van so ʼn kommissie só opgestel word dat die bevindings na die vervolgingsgesag verwys kan word vir vervolging.

Solidariteit beplan om die kennisbank wyd onder sy lede, oudlede en hul netwerke te versprei. “Ons beplan om dit op buitelandse groepe te plaas en doen ʼn beroep op Suid-Afrikaanse ambassades en missies om Suid-Afrikaanse vaardighede te help registreer sodat ons die geleentheid kan hê om dit terug te werf.

“Talle kundiges is tydelik daar en sal graag hul vaardighede eerder in Suid-Afrika wil aanwend. Duisende ingenieurs en tegnici in Suid-Afrika het afgetree en is beskikbaar om te help,” het Hermann gesê.

Volgens Solidariteit is die beste belegging wat nou in Eskom gemaak kan word ʼn belegging in topvaardighede, al is dit net tydelik om Eskom uit sy krisis te help.

Hermann het ook gesê dat Solidariteit-lede alles sal doen wat nodig is om die land se ligte aan te hou. Tydens die vorige Eskom-krisis het Solidariteit-lede in kragstasies geslaap om elektrisiteitvoorsiening te verseker. Hulle het dit nie gedoen vanweë Eskom se lojaliteit aan hulle nie, maar uit lojaliteit aan die land.

Hulle sal dit weer doen, maar dan moet daar ten minste sekuriteit aan die huidige werknemers gebied word. Die werknemers op kragstasievlak hou Eskom aan die gang, nie topbestuur nie – hulle neem verkeerde besluite.

Solidariteit het ook gewaarsku dat pakkette en afleggings daartoe gaan lei dat nog duisende geskoolde werkers Eskom verlaat. Die beste mense gaan eerste loop.

Argieffoto: GCIS

Eskom kan nie die verlies van een vaardige personeellid bekostig nie. Indien tegniese personeel nou onseker is oor hul werk, gaan hulle vlug na veilige maatskappye, nasionaal én internasionaal, waar reusetekorte aan vaardige personeel ondervind word.

Wat personeel betref, moet daar ʼn behoorlike vaardigheidsoudit gedoen word. Vaardigheidswanpassings moet geïdentifiseer en reggestel word. Die onmiddellike kostebesparing lê in die kansellering van opgeblase tenders, die aggressiewe uitwissing van bedrog tot op kragstasievlak, die verandering van aankoopprosesse, en aan die inkomstekant moet agterstallige skuld ingevorder word.

“As werkers is ons woedend oor die gemors waarin Eskom verkeer. Ondanks hierdie woede besef ons dat Eskom se krisis ons almal se krisis is. Ons bied dus aan om te help. Ons sal help om topvaardighede terug te werf, ons lede sal help om die ligte te laat brand, al slaap hulle in ʼn kragstasie.

“Ons doen ʼn beroep op die publiek om krag te help bespaar en ons doen ʼn beroep op groot ondernemings om te help. Ons doen ʼn beroep op almal in Suid-Afrika om die redding van Eskom ʼn nasionale projek te maak waarby almal betrokke is. Ons stel egter ʼn voorwaarde aan dié hulp en dit is geregtigheid. Die plunderaars durf nie wegkom nie,” het Hermann verder gesê.

“In ruil vir die hulp verwag ons ʼn kommissie van ondersoek oor die krisis in Eskom. Ons as Suid-Afrikaners gaan nie tevrede wees om in die donker te sit, terwyl die plunderaars verryk wegkom nie.”

Besoek die webwerf vir Solidariteit se kennisbank hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Niek ·

Nie seker of Eskom die aanbod sal aanvaar nie. Hulle het destyds vir ‘n ingenieursvriend wat afgelê is gesê dat hulle ten alle koste nooit weer van sy dienste sal gebruik maak nie. Ek dink daar is ‘n skaam-kwaad gevoel jeens hierdie ouens. Hulle sal dalk eerder Kubane of soos ek gister gehoor het Italianers gebruik. Sal ‘n groot stap wees as hulle net toelaat om te help.

Oom Doug ·

Hoekom Italianers en nie Duitsers of Amerikaners. Vra maar net.

Herman ·

Ek dra darm my deeltjie ook by om heel van die grid af te wees.
Vir net oor n R100 000 is ek klaar met eksdom

Mel B ·

Los die rassisme. Soveel van my swart kollegas is meer gatvol as ek. Uitstekend solidariteit.

Johanna Botha ·

Nou moet mense weer tergkruip …so bee het nie gewerk nie ook n rede hoekom niemand wil bele nie ?

Renier Lubbe ·

Hulle sal nie maklik SA wittes gebruik nie. Sal eerder wittes van ander lande invoer of nog meer Chinese.

Jan ·

Ek verstaan nou nie mooi nie. Maar solidariteit praat oor net tydelik uithelp. Dis nie regverdigbaar om ons mense terug te roep om Eskom en die regering se gemors reg te maak nie. Die mense, as hulle weer aangestel word behoort n vaste aanstelling te kry om die huidige probleme te herstel en ook tegeltkertyd jonges opleiding en vaardigheid te gee. Maar niks tydelike opknapwerk te laat doen nie en dan weer terugval waar ons nou is nie. Aikona dit moet nie gebeur nie.

PJC ·

Oom Doug die italianers word beskou as eksperts op hierdie gebied en was in die sestiger jare ook behulpsaam met die aanbring van hoogspanningslyne toe die spoorweĕ sy lyne geelektrifiseer het en die destydse Evkom blykbaar nie die nodige kundigheid gehad het nie.

Eddy ·

Ek glo die Italianers is bekwaam.n ou oom het vir my destyds gesê die Italianers het die Hugenote tonnel gebou ,wat 1988 geopen het.

Johan H. ·

Die stupid anc se ego is te groot om te kniel voor n witte en raad te vra. En beste van als,, om te erken hulle kannie die mas opkom nie. Die 30% is toe gladnie genoeg nie,shampies!!

hb ·

Dis alles goed en wel maar ek kry di idee dat die regering niks van ons blanke Suid Afrikaners wil he nie. Maar met buitelandse blankes het hulle ni n probleem nie. Ek dink hulle haat ons met mening. Dis my gevoel. Ek ervaar dit by my werk ook.

Vrydenker Piet Whatchamacallit ·

Ontspan. Los die ANC-leierskap dat hulle self die gemors wat hulle geskep het, opruim. Anders, wat het hulle uit hul foute geleer?

Werner ·

Hoekom help as jy net tydelik kan werk dan moet hulle maar self sien kom klaar ons word dan nou deur solidariteid misbruik help julle self

Hanna Hoekom ·

So, ons kan dus nou tot die slotsom kom dat BEE n totale mislukking is? Hulle sal dit nooit erken nie. Toemaar, ons weet al lankal! Nou moet die Italianers die brouwerk kom regmaak sodat daar maar net weer van voor af geplunder kan word…

Jennifer ·

Steek daar enige waarheid in, dat sou Eskom nie die biljoene wat hy by n chinese bank geleen het terug betaal ,binne n 5jaar tydperk , Eskom die eiendom van die bank word?

Chris Ws ·

Solidariteit,een van jul voorvereistes moet wees die algehele en onvoorwaardelike onmiddelike afskaffing van regstellende aksie.
Hoe dit ook al sy en hoe eerbaar Solidariteit se poging mag wees om Eskom te help,glo ek bitter min sal van die poging kom omdat baie vorige ras benadeelde Eskom werkers reeds met pensioen is en NIE na ‘n reuse gemors terug gelok sal kan word om tydelik uit te help nie.Ek glo hulle sal eerder sorg dat hulle ingerig is met sonenergie!Die geleerdes wat in die buiteland gaan werk het sal ook nie als daar wil prys gee net om tydelik te kom help nie al word hulle watse salarisse aangebied.Nee wat ek sien nie die lig in hierdie poging van Soldariteit nie.

jaco ·

so semi-wit Kubane en volledige wit Italianers is goed genoeg om Eskom te help, maar nie SA wit mense nie. Sover ek weet is wit maar net wit. Italianers is ook die laaste wat behoort te help. hulle het dan goeie bande met die apartheidsregering gehad.

Deon ·

Eskom is by die draaipunt verby en kan nie meer gered word nie. Daar moet ander planne gemaak word.

Martin ·

Blank SA is “DIE” haat punt vir die ANC, wat rassisme in al sy fasette verteenwoordig, dis hoekom alles wat die blankes tot stand gebring het moet uit die weg geruim word en/of verander word omdat dit hulle aan rassisme herrinner. Die kanse dat hulle weer die ou blanke kundiges weer gaan gebruik is nul want dan moet hulle besef dat hulle gefaal het en dit sal hulle nooit doen nie. Hul haat is te groot.

lewies ·

Baie arggumente maak sin. Die feit van die saak is “die oorgang van SA was hals oor kop gedoen, maar dis nie nou tyd om te beskuldig oor wie wat gedoen het of te min gedoen het om volhoubaarheid vir die nuwe SA te verseker nie.

Ondersteun die oproep van Solidariteit asb. Kom ons wag totdat ons weet wat die reaksie van die ANC is oor hierdie “handuitreiking” As die Zim president bereid was om te vra dat die wit boere moet terugkom, om te help bou aan die landbou weer op te bou, waarom, dan nie ook Suid-Afrika nie. Almal het dure lesse geleer, wat nie maklik in die toekoms herhaal sal word nie. Regstelling van beide kante af kan net ‘n goeie ding wees. Kom ons behou die morele hoegrond!!

Peet Schabort ·

Ek was in 1998 op ‘n bus saam met die befaamde radioman Johannes vd Walt nou oorlede. Hy het gesoek na ‘n alternatiewe woord vir ‘regstellende aksie’. My voorstel was ‘teregstellende aksie’ wat definieer dat jy besig is om jouself op te hang. Hy was ingenome met my voorstel, dit is presies wat nou gebeur.

Lizelle ·

Beste gaan maar wees om vir jouself n generatortjie te koop en n jojo tank want di water is ook permanent n probleem. Daar is nie vooruitsig vir tydelike oplossings nie en nog minder vir die gene wat nie kan dink nie. Dit gaan meer kos om buitelanders te gebruik as ons eie ouens. Maar ek sou ni terug gekom het na n land wat my volk so moor, vir praatjies nie. Maak jy een ding reg die kant plynder hul n ander een daai kant. Die land is bietjie geskroef.

Brutus ·

Basies alles vou onder die mantel van BEE en transformasie maar regering sal dit nooit erken nie , dalk het hul dit te vinnig en aggresief afgedwing en nou wys die negatiewe gevolge op die ekonomie.

Nou verstaan ek ·

Verstaan ek reg, hulle soek nou ons kundigheid dieselfde kundigheid wat te wit was toe Bee en black economic empowering in ons keel afgedruk was, ons het geen kans meer vir bevordering gekry nie. Eskom het ons toe pakette aangebied sodat daar plek gemaak kon word vir die nou Baie slim tegniese spul wat nie bevoeg is om n gloeilamp te ruil nie. As ek so Dom sal wees om my 30jaar ondervinding weer met eskom te deel en als werk weer behoorlik – gaan eskom ons nie maar weer in die pad steek nie?

Johannes F ·

Baie rein gedagte.
Twyfel egter of dit enigsins sal byval vind by die huidige eskom bestuur.
Blanke mans? En dan nog afrikaans? Eish…. Aikona……..
As bewys: Eerste reaksie is om oorsese spesialiste in te roep, terwyl baie plaaslike mense/werkers presies kan vertel wat verkeerd is en wat gedoen moet word.

Hans ·

Sou so ‘n databasis liewers gebruik sodat van die kundiges kan saam groepeer om effektiewe alternatiewe bronne van kragopwekking tot stand te bring en instand te hou.

Lalie ·

So die wittes moet nou weer die kalf uit die put uit red. Hoe belaglik.

kollie ·

Moet net nie probeer die indruk skep dat ALLE swart ingenieurs en die in ander beroepe onbekwaam is nie want dit is nie so nie.

wet ·

Ja, maar hoeveel? As daar ‘n goeie getal is waarom val alle infrastruktuur uitmekaar? Waar is die ingenieurs wanneer sewage in riviere gepomp word, pompe wat nie werk nie. Ja, miskien het die munisipaliteit nie geld nie maar glo my ‘n ingenieur wat sy sout werd is sal nie so kan werk en net terug sit en kyk hoe alles uitmekaar val nie. Dit is ook wat by eskom gebeur. Nou wanneer alles wil platval nou skrik almal wakker.

Irma ·

En toe werk regstellende aksie glad nie.
Raak ontslae van die “dooie hout” en kry mense wat WIL werk – maar in SA is die hardwerkendes met lojaliteit en verantwoordelikheid dun gesaai.

T-Bone ·

Daars niks fout by Eskom nie, dis mos wat julle voor gevra het dan nie, “Ja” , onthou jy. Die “wigte en teenwigte” is mos in plek, nes oom FW en oom Roelf gese het. Nes jy gelglo het omdat jy te lui was om te dink oor wat die “weste” al vir die laaste 400 jaar weet. Kon jou oe nie nie brein vertel wat die werkilkheid om jou was, of is nie. “Ja” dis als perfek, “Ja” oom FW, “Ja ” oom Roelf, ons verstaan nie wat om ons aangaan nie, ons is te onnosel, en julle is “Ja” slim “Ja”

Chris Ws ·

T- Bone jy slaan die spyker op die kop!Dis ‘n skande dat die meerderheid van DAAI mense te skynheilig is om te erken dat hulle ja gestem het vir die gemors wat die hele land nou in is!

Ja stemmer ·

Die land was destyds op die rand van finansiële ondergang. Die bankkoers was na aan 30% en ons moes buitelanse lenings terugbetaal nadat ons ekonomie tot “junk” gedaal het. Wit pa’s, seuns en kleinseuns mans sou nou 8 maande van die jaar in uniform gewees het om die swartes in toom te hou. Niemand sou gewerk het in myne en op plase nie. Buitelandse vervaardigers sou die land verlaat het. Die probleem was Kodesa waar die ANC almal gestoomroller het. Die NP was ruggraatloos en wou alles vinnig afhandel om Mandela in te sweer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.