Eskom kry aanmaningsbrief oor beplande kragonderbrekings

Argieffoto: GCIS

AfriSake het ʼn aanmaningsbrief aan Eskom gestuur oor die beplande kragonderbrekings in Musina in Limpopo.

Dié dorp staar kragonderbrekings in die gesig ná dit aan die lig gekom het dat die Musina- plaaslike munisipaliteit Eskom R72 miljoen skuld. Eskom dreig om die dorp se kragtoevoer op 6 Julie af te sny.

Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake, het Dinsdag gesê dorpbewoners kon tot en met Maandag voorleggings aan Eskom maak om te verduidelik waarom die kragtoevoer nie onderbreek moet word nie. AfriSake het ook ingegryp deur ʼn aanmaningsbrief aan Eskom te stuur wat versoek dat Eskom nie hierdie roete moet inslaan nie weens die gevolge wat dit vir die ekonomie en prioriteitsdienste kan inhou.

“Met beurtkrag wat skynbaar weer eens die norm in Suid-Afrika word, gaan Eskom voort met sy aanslag op die onskuldige verbruiker deur krag te onderbreek na munisipaliteite wat in gebreke bly om hul rekenings te betaal,” het Greyling gesê.

“In sy brief bring AfriSake hofsake onder Eskom se aandag waar howe die elektrisiteitverskaffer verbied het om krag na plaaslike munisipaliteite te onderbreek. Sommige van hierdie sake is tans besig om hersien te word. Dit sal verstandig wees van Eskom om te wag totdat ten minste een van hierdie groot sake beslis word voordat hy die vernietigende en arbitrêre roete inslaan van kragonderbrekings as ’n manier om skuld in te vorder.”

Hy het gesê Eskom het in elk geval ander remedies tot sy beskikking om munisipale sake te hanteer, naamlik ingryping deur die provinsiale of nasionale regering. “Dit blyk dat Eskom hierdie remedies egter wil omseil sonder enige gedagte aan onskuldige verbruikers.”

Greyling het gesê indien Eskom AfriSake se voorstelle ignoreer, sal regsaksie ingestel word ten einde ʼn nasionale in plaas van ʼn plaaslike oplossing te kry vir die kragtoevoerkrisis wat Suid-Afrika tans in die gesig staar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

marous ·

Ondersoek indringend welke munusipaliteite depositos gedoen het by vbs bank As dit enige munusipaliteit is wat geld skuld moet hul bates en elke persoon wat betrokke is , se eiendom tot hul tee koppies verkoop word..

1+1 ·

Uitstekende houding wat deur AfriSake ingeslaan word. Eskom het hulleself in die voet geskiet met wanbestuur oor jare. Hulle moet ook maar leer dat daar so’n uitdrukking in ‘n beskaafde same-lewing bestaan. Sterkte Armand

Jannie ·

Sit af hulle krag as hulle nie betaal nie, dis hoekom ek nie kan byhou met die verhogings nie want eskom moet hul slegte skuld erêns invorder.

Oom Ekonoom ·

Wat van die wat werk skep en wel rekeninge betaal, maar die munisipaliteit onderskep die betaling vir korrupsie? Jy het seker nie n besigheid in n geaffekteerde munisipaliteit nie?

Frikkie Geld en huis ·

As ek nie my kragrekening betaal nie, word dit binne ‘n paar dae afgesny om te verhoed dat die munisipaliteit verliese lei. Waarom het Eksdom nie dieselfde met die munisipaliteite gedoen nie. Hul het egter gewag totdat daar miljoene rand geskuld word en nou wil hul die verbruikers straf. Baie verbruikers het pre-paid meters en is daarom geregtig op die krag wat hulle reeds vooruit betaal het. Dis goed dat Afrisake hul probeer wakker skud.

Johannes ·

Ja frikkie.
Hul het nie agterstallige gelde ingevorder nie want dan ontstel hul die anc stemvee.
Nou sit eskom met die anc se probleem…..

GM ·

Laat ALMAL vir krag betaal. Dan is daar genoeg geld vir dienste EN vir die korruptes om te skep.

Mossie ·

Vat die betrokke burgermeester en sy raadslede wat verantwoordelik is vir betalings aan Eskom vas. Die verbruiker betaal homself bankrot, die burgermeester en kie pocket en Eskom wil net krag sny. Dit wat hul wel invorder verdwyn ook tussen neus en oë. Baie word gesê oor Eskom en Verbruiker, maar bitter min word genoem oor die middelman, Burgermeester en kie, waar die eintlike probleem by sommige munisipaliteite lê.

Peet Schabort ·

Eskom moet maar eers wag totdat daar deur die howe ‘n beslissende uitspraak is. Wat ek wel weet is dat dit bietjie baie anders gaan verloop as die uitspraak oor die vuurwapenwet!! Pragtig die uitdrukking ‘ . . . ná dit aan die lig gekom het dat . . . ‘ Ek neem aan dis kerslig, sonlig of lamplig maar definitief nie elektriese lig want daarvoor sou daar nie krag wees . . . !!??

Cherokee ·

Skakel die munisipale kantore se krag af wanneer hulle nie betaal nie. Dit behoort te werk.

Lea ·

En die burgermeester, munisipale bestuurder en raadslede van wyke wat nie betaal nie.

Snowball ·

Dié wat nou daar werk (en mens gebruik daai woord ‘werk’ teen jou sin) sal dít seker verwelkom, hulle doen in elk geval alles teen die spoed waarmee gletsers beweeg.

JM ·

Laat die person of persone wat die geld aan Eskom moet oor betaal die uit staande bedrag terug betaal , daag hulle voor die hof.

Wilma ·

Ai die stadsvaders. Hukom wil mense ni besef hul het dut ni om te govern ni. Of is ek nou weer n rassis. Gn besigheid kan mos survive sonder betaling. Mens het sekerlik net een breinsel nodit om dit uit te figure

Jaco ·

Uitstaande skuld is vir maande lank nie ingevorder nie.
Nou is daar n krisies war NIE DEUR GEREELDE BETALERS veroorsaak is nie.
Ook is areas waar kragdiewe ongehinderd hul gang gegaan het steeds van krag voorsien .
Verantwoordelike krafgebruikers moet nou betaal sodat n kragstasie gebou kan word om aan kragdiewe krag te kan verskaf.
Ope beief aan ESKOM BESTUUR:
Key jou guis in orde en voorsien krag aan hulle wat gereeld elje maand vir gul kraggebruik betaal.

koos1 ·

Ek dink dit is tyd dat die bortjies verhang word. Die verbruiker moet sy rekening direk aan ESKOM betaal en dan moet ESKOM die munisipaliteite vergoed vir die verspreiding van die krag. Hoe klink daai?

JJ Botha ·

Ek voel Beurtkrag is maar net n werkwoord wat gebruik word om maklik tot n persoon te komminukeer en nie werklike oorsaak rakende die probleem oplos nie.
BEURTKRAG IS REGILEERBAAR, MAAR NET SEKERE AREAS word geaffekteer en dit is wat my kwel , is dat die krag nie altyd soos op voorgestelde tye plaasvind nie.
Wat my die meeste kwel is dat ons gedurig tussen een uur tot selfs 11 ure per dag /NAG sonder krag sit asgevolg van kabel diefstal en krag kabel foute asgevolg dalk van oorlaaide krag verbruik of instandhouding redes WIE SAL WERKLIK WEET?
bml

Flip ·

Eskom moet die munisipaliteite dagvaar. Hulle sal nie verdediging aanteken nie omdat hulle geen verweer het nie. Eskom kry dan vonnis by verstek en lê beslag op al die bates van die munisipaliteit insluitende kantoormeubels en rekenaars. Die munisipaliteite stort in duie en miskien kom daar dan iets beter in die plek daarvan.

bgj van der westhuizen ·

laat die mense by Eskom die krag koop en dan kry hulle hul geld dadelik en sny die middel man uit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.