Eskom kry groen lig vir kernkragstasie

Koeberg-kernkragstasie.

Eskom het gesê die departement van omgewingsake het aan hom toestemming verleen om ʼn nuwe kernkragstasie in Duynefontein in die Wes-Kaap, naby die bestaande Koeberg-aanleg, te bou.

Volgens die kragvoorsiener wag hy nou op die regering om ʼn beleidsbesluit te neem of daar voortgegaan sal word met die land se omstrede kernkraguitbreidingsprogram.

Dave Nicholls, Eskom se kernkraghoof, het die departement se besluit verwelkom en gesê dit is ʼn mylpaal in die ontwikkeling van Suid-Afrika se kernkragkapasiteit. “Ons verwelkom die goedkeuring van die departement van omgewingsake betreffende die finale omgewingsimpak-verslag (F-EIR) van die Kernkrag-1-kragstasie en gepaardgaande infrastruktuur,” het Nicholls gesê.

Volgens hom was Eskom oortuig die departement sal toestemming gee vir die ontwikkeling van ʼn alternatiewe terrein by Thyspunt naby Kaap St. Francis in die Oos-Kaap, maar het hom ook voorberei om voort te gaan by Duynefontein. Hy het gesê Eskom het Thyspunt as die voorkeurterrein vir die F-EIR geag, maar meen albei terreine is ewe gepas om die kernkragstasie te huisves.

“Ons het daarom voortgegaan met die kernkraginstallasie-terreinlisensie aan die nasionale kernkragreguleerder vir albei terreine.” Hy het gesê geen “noodlottige gebreke” is by Thyspunt of enige van die drie ander terreine – Schulpfontein en Brazil in die Noord-Kaap en Bantamklip in die Wes-Kaap – gevind nie. Hierdie terreine bly dus opsies vir nuwe kernkragaanlegte in die toekoms.

Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, het gesê in dié stadium kan Eskom nie bepaal of en wanneer hy met die verkryging van nuwe aanlegte sal kan voortgaan nie, aangesien die proses deur ʼn hofgeding gestaak is.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het in April bevind die staat se verkrygingsprosesse vir sy kernkragbouprogram is onwettig en ongrondwetlik. Die hof het ook die Suid-Afrikaanse regering se kernkrag-samewerkingsooreenkomste met vyf lande waaronder Rusland, die VSA en Suid-Korea ter syde gestel.

Mmamoloko Kubayi, minister van energie, het besluit om nie die uitspraak in die hof te betwis nie, maar het bevestig dat die byvoeging van kernkrag tot die nasionale kragnetwerk steeds die regering se “verklaarde bedoeling” bly, gegrond op die kernkragbeleid wat in 2008 aangeneem is en die staat se geïntegreerde hulpbronplan (IRP).

Phasiwe het gesê Eskom sal gelei word deur die voorskrifte oor kernkrag in die bygewerkte IRP, maar beplan om voort te gaan met voorbereiding vir Duynefontein en moontlike ander terreine, sodat daar vinnig voortgegaan kan word sodra die meesterplan vrygestel is.

“Ons probeer om vroegtydig voor te berei. Sodra die besluit geneem word, dan weet ons reeds waarheen om te gaan en het ons reeds die toestemming aan omgewingsake se kant. Alles hang nou van die besluit van die regering af oor hoeveel terreine hulle wil hê.”

Die Duynefontein-terrein is ongeveer 600 ha groot en lê langs Koeberg, Suid-Afrika en Afrika se enigste kernkragaanleg wat in 1984 in werking getree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Rupert Ashford ·

Hier ondersteun ek Eskom. Kry alles net eerlik en binne die reels gedoen asb.

dries ·

Met di huidige begroting (en {verminderde} inkomste uit belasting, watter feetjies gaan hiervoor betaal?
Di groot nuwe steenkoolstasies is nog nie voltooi en of betaal ni, en Verbruik van krag neem af…

Ben ·

Dit is baie “Sad” eintlik. Dit lyk nie of die regererings amptenare enige verantwoordelikheid het nie. Kernkrag is uiters gevaarlik. Ek verwys na “Chernobyl” en “Fukushima”. Gaan Google dit. DIe gevaar is dat die mens nie beheer het oor die natuur nie. As ek die president was het ek daardie minister in die tronk gesit en die sleutel vir altyd weg gegooi. Kernkrag is nie vooruit gang nie, maar ‘n ramp wat wag om te gebeur. Omdat Koeberg en die nuwe Krag sentrale by die see is beteken dit dat enige groot moondheid wat ‘n vloot het, terroriste ens, die land maklik gyseslaar kan hou. Ons vloot het nie eens branstof vir die skepe nie. Nee, begin bietjie dink.

Boerseun ·

Verkies jy groot gate en swart lug soos in witbank en middelburg.

Vermeende ·

SA het genoeg steenkool vir 400 jaar, is n kernstasie rwgtig geregverdig, na dit in werking kom, hoeveel wersgeleenthede word geskep teenoor steenkool terbines en myne wat moet kool myn.

Mens sal nooit se ons het n werkloosheid probleem nie ne.

Boerseun ·

Steenkool word nie met die hand gekap nie. Uraan myn en steenkool myn maar beide meganiseerd in aard oor dit oopgroef is. Een besoedel net meer as die ander

tamboti ·

40 jaar gelede kon SA baie opgewonde wees oor so ‘n kern projek, selfs bie baat geving het.
Maar nou is daar alternatiewe – wat blyk om goedkoper en veiliger en gesonder is as kern krag! Nou streef onse ESKOM om teen alle raad en oordeel aan te gaan en ons belastingbetalers verder te belas (verkrag).
NEE ek hoop die hele Eskom sink voor hul kans kry om nog geld te mors.
Ek verneem hulle het R1.6 mijard bestee aan konsultante vir omkeer strategie! Liewe hemel, en wat het dit opgelewer? Nie eers dadels nie!
Ek sal vir hul dit gratis doen met str.5 Wiskunde! Jy kan my maar bel Sean Maritz…..

Dolla-nie-dof ·

Al die kommentare bo my is 100% !… Wie wil nou ñ ramp wat wag om te gebeur befonds??!!

knor ·

…en net gister lees ons hoe baie oorskot krag daar gaan wees as Medupi en sy “buddy” vol aanlyn gaan kom. Soveel so dat baie van die ouer krag stasies af gesit sal kan word, maar die oorskot krag is die hoof rede hoekom Eskom verhoogde voorsienings tariewe voor aansoek doen. Dít is ook die rede hoekom Eskom so skop teen die uitgee van lisensies vir hernubare krag.

Boerseun ·

Yip.maar Ontwikkeling geld moet van enens af kom en die in beheer moet lekker kan after so die keer Koop ons kern krag aankegte en nie fliegtuie of duikbote Nie. Het almal vergeet n groot reel van hitachi SA was eens op n tyd deur die anc geld besit?

SE MAAR NET ·

Hoekom leer hul nie eerder van oorsee nie. Power windmills om krag op te wek.
Dis natuurlik en hou geen gevaar vir mens en dier. Ek dink ook dit gaan goedkoper wees as ‘n kern krag stasie. Ons kry beslis genoeg wind in Suid Afrika om dit te laat draai…..

G ·

In 1984 sê hul, toe kenners nog agter die stuur van sake was? Die wat vandag in beheer is kon nie eers gewone kragstasies hanteer nie. As jy ‘n werk wil hê, kry net die regte vriende, los die kwalifikasies. En ons het gekla oor beurtkrag! Run Forest, run!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.