Eskom kry krag by Namibië

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

Nampower, die Namibiese kragvoorsiener, voer tans uitvoer elektrisiteit aan sy Suid-Afrikaanse eweknie Eskom uit wat sukkel om aan die vraag te voldoen.

“Ons voer tans tot 200MW elektrisiteit aan Suid-Afrika uit,” het Werner Graupe, senior bestuurder vir energiehandel by NamPower, aan Sapa gesê.

“Die elektrisiteit kom van ons Ruacana-hidrokragaanleg op die Kunenerivier wat aan Angola grens. Weens die goeie reën in die area, veral in die suide van Angola, vloei die Kunenerivier sterk, soms tot 300 kubieke meter per sekonde, en kan ons tot 200MW uitvoer,” het Graupe gesê.

Namibië voer gewoonlik tot 60% van sy elektrisiteit van naburige lande in, insluitend van Eskom. Gedurende ʼn goeie reënseisoen in die opvangsgebiede van die Kunenerivier, kan Namibië buite spitstye, wat laat in die nag is, elektrisiteit uitvoer.

Eskom sukkel om by te hou met Suid-Afrika se vraag na elektrisiteit weens gebrekkige infrastruktuur en ʼn agterstand in instandhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thys ·

Ek het beslis nie gedink dit sal ooit gebeur dat ons krag van naburige lande sou kry nie, dit is n skande, om te dink dat n land wat eens eerste wereld status gehad het nou op sy knieë moet staan vir krag van elders.
Maar eskom blameer alles behalwe die krag diewe.

Regi Marais ·

Ek wonder waar kry hulle die krag,daar was ook mos apartheid gewees.

Willie ·

Ek verstaan nie – Eskom lewer krag aan verskeie buurlande en baie groot ondernemings soos sekere aluminium smelters binne en buitelands – teen tariewe wat deur ons as normale huishoudings gesubsidieer word – en die rekeninge word net nie betaal nie (onlangs die syfer van R 56 biljoen gehoor wat Zim vir Eskom skuld?). Waarom word it nie gestaak nie ? Zuma stateer dat Eskom se probleem die gevolg is van “Legacy of apartheid” – wanneer gaan dit eindig en die ‘mense’ erken dat hulle n goed-geoliede geldmaak masjien ge-erf het maar kaal geplunder het ? Nog n voorbeeld van die algehele wanadministrasie van alle SOCs (State Owned Companies)?

Eish! ·

Geleerdes slaan vuis en stry wie is die skuldiges! Ek is ‘n doodnormale mens wat peanuts verdien, maar vir my se my brein dat as dit apartheid se skuld was, dan moes dit baaaaaaie lank terug gebeur het. Ja dit is apartheid se skuld! Swart mense teen die res van die bevolking se apartheid! Rasisme van swartes teen al die ander nasies wat graag werk soek en wil werk op ‘n earlike manier sonder om te steel! Tog wonder ek ook, die beurtkrag, niemand prober in elk geval spaar nie, maar ek weet ek prober orals spaar en ken baie wat regtig kyk hoeveel krag hul kan gebruik want hul val in ‘n baie beter inkomstegroep. Kan iewers nie ‘n stelsel bestaan wat elke huis tot ‘n sekere hoeveelheid krag beperk nie. Dan sal almal prober spaar, want as jy nou mors gaan jy later deur die dag swaarkry sonder krag. So spaar krag deurlopend om deurlopend krag te he.

CAV ·

Ja-nee. Ons ons gaan sekere op die einde van die dag vir hierdie gemors betaal. Als wat die Zuma regering aan raak is n gemors, en hy probeer dit wegsnou as “apartheid” se skuld. Kyk maar hoe gaan dit in die SAP, Gesondheid, Onderwys, E tol. Die lys is lank

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.