Eskom kry miljarde rande se lening by China

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, lê die maatskappy se jaarlikse finansiële uitslae voor by die kragvoorsiener se kantoor in Johannesburg. Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA

Suid-Afrika se beleërde nasionale kragvoorsiener het Dinsdag ʼn $2,5 miljard leningsooreenkoms (ongeveer R33 miljard) met die China Development Bank onderteken.

Dié lening sal Eskom na verwagting help om ʼn paar gate in sy balansstaat toe te stop. Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het gesê die leenooreenkoms is “strategies” vir die kragvoorsiener, beide in terme van belegging en kapitaalgroei. Die lening gee Eskom se befondsing vir die jaar ʼn hupstoot van 22% na 66%.

“Dit is ʼn voortsetting van ons befondsing en bring ons al baie nader aan ons befondsingsteiken vir hierdie jaar. Ná [ontvangs van] hierdie lening sal ons 66% van ons befondsing vir die finansiële jaar gedek hê,” het Hadebe gesê na afloop van die seremonie waartydens die ooreenkoms onderteken is.

“Dit kom ook nou op die regte tyd. Toe ons gister ons finansiële state voorgelê het, het ons beklemtoon dat daar ander transaksies is wat in die volgende maand of twee sal inkom, so ons verwag dat ons al ons befondsing teen dan sal finaliseer.

“Hierdie ooreenkoms beklemtoon die vertroue wat [China] in ons het, maar ons sien ook ʼn toenemende vraag [van beleggers] in die plaaslike mark wat goeie nuus is vir ons.”

Eskom het in Julie verlede jaar ʼn $1,5 miljard-leenooreenkoms (ongeveer R19,6 miljard) met die China Development Bank (CDB) onderteken om deel van die Medupi-kragstasie te finansier.

Hadebe het Dinsdag die nuwe ooreenkoms met die voorsitter van die China Development Bank, Hu Huaibang, by die Uniegebou in Pretoria onderteken.

Intussen het pres. Cyril Ramaphosa ook vandag vir Xi Jinping, die president van China, by die Uniegebou ontvang. Jinping is in Suid-Afrika vir die BRICS-vergadering wat Woensdag sal plaasvind.

Ramaphosa het aangekondig dat Suid-Afrika en China verskeie ooreenkomste onderteken het, insluitend memorandums van verstandhouding oor beleggings, waarvolgens China ingestem het om R14,7 miljard in verskeie van Suid-Afrika se sektore te belê. Dit sluit in infrastruktuur, oseaan-ekonomie, groen-ekonomie, wetenskap en tegnologie, landbou, die omgewingsbedryf en finansies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

marco polo ·

Maroela, Xi Jinping se van is Xi, nie Jinping nie. In China word mens se van eerste geskryf. Tensy die berigskrywer op voornaamterme na hom wou verwys.

Wonder ·

marco polo, die berig is ‘n Suid-Afrikaanse een, so hulle mag maar die van laaste skryf.

humor ·

Gggggg, die vertroue wat China in ons het. Opgrond waarvan???? China het groot planne met ons dierbaar vaderland!!!!!!

Walter ·

So dis dan gereeld, dus eskom het die land verkoop en nu is die mense van Suid Afrika dus die nuwe slawe van China haha.

Andrea van Vuren ·

Ons verander in ‘n goedkoopland. Chinese besit reeds klerewinkels, aandele in konstruksiemaatskappye, restaurante ens. Hulle kan nie eens ons taal praat nie, dus sal die swartes vir hulle moet tolk… waarheen nou SA?

humor ·

Toenemende vraag van beleggers, wat goeie nuus vir ons is. Wie is hulle??? Muishondlande. China is al lank besig om die land in bankrotskap te kry sodat hul drome verwesenlik kan word.

ferdi ·

Daar woon alreeds meer as 10 miljoen in Suid Afrika baie besighede drankwinkels kafees behoort aan hulle en nog meer ons sal binnekort Chinees vir President he en meer drugs en misdaad op straat geluk da gaan Eskom

Coenie ·

‘n Land soos China gee nie sommer net geld nie, leen ook nie geld sonder ‘n prys nie. China soek plek vir sy groot getal mense en ons land is ‘n aantreklike en maklike plek daarvoor.

Arno ·

Met ander woorde ESKOM is vir 33Miljard verkoop. Redelik onder boekwaarde.

piper ·

en wanneer hulle hulle oe uitvee besit china eskom. hulle sal dit bestuur soos die myn op phalaborwa. veiligheid prosedure daal. bring hulle eie mense in wat kom werk en van hulle is prisoniere. hulle deel beddens. as die een werk slaap die ander een. bring eie kos in asook masjienerie. dra min by aan pla.aslike ekonomie en plaaslike werkers verloor hulle werk

zoom zoom ·

Die geld gaan seker ‘n paar kaders se sakke volmaak en nog ook bunusse betaal vir al die hardewerk wat ingesit is om eskom te sink. Molefe gaan seker ook die res van sy pensiongeld by eskom kry.

Sê-ma-net ·

Iewers is iemand wat nie mooi kan tel nie. Of dalk uiters slim en skelm.
As Eskom verlede jaar alreeds R19 miljard van die Chinese gekry het en nog steeds etlike miljard rand verlies toon ‘n jaar later, op wat basseer die Chinese dan ‘n verdere amper R30 miljard lening?
In die geval van ‘n verlies is die skuld mos ook nog uitstaande, of is dit ten volle terug betaal? Weet hulle nie hoe werk risiko lenings en kapitaal vloei beheer nie, of is hulle besig om Eskom op ‘n paaiement basis te koop?
Hoe lank voor ons “Made in China” op ons krag rekenings sien? :)

JSG ·

Gee nog ‘n jaar of wat kans. Daar is alreeds ‘n finansiële gestoei aan die gang tussen USA en China wie SA gaan uitloop. Sterkte aan wie van die twee dit regkry.

gatiep ·

Geen hoop meer oor vir ons nie.
Nou is amper alles van apartheid goverment verkoop.

Rynhardt ·

China sal met ooreenkoms sorg dat hy groot voordeel trek uit SA !SA word heeltemal uitverkoop aan die buiteland met lelike nagevolge wat le en wag!

Vegter ·

Dis so funny want hul wil nie onder wit regering wees maar hul verkoop land klaar aan wit kapitaliste

Her ·

Eskom is ten minste 50% over staffed. Een van sy probleme. China gaan dalk sy groot aandeelhouer word..

Gekonkel? ·

mandarin eet praat sien koop werk en sowaar
die liggie brand lag nee wag maar die regverdige eerlike wiel draai máàr dankbaar nie met daai geleende krag nie.

Piet ·

Hoe leen jy geld aan ñ instansie wat elke jaar in ñ minus op sy state wys.

Henk ·

Laat ek raai – eerste word die res van Molefe se pensioengeld aan hom uitbetaal. Dan word die top struktuur se prestasie bonusse uitbetaal. Hulle kry hul 12% jaarlikse verhoging en dan word hulle jaarlikse bonusse betaal. Die res gaan aan die Zuptas en hulle kamerade wat nog steeds in die parlement van hierdie piesang republiek sit en dan maak hulle volgende jaar n 50 miljard verlies

Vegter ·

Hoekom gebruik zimbabwe nou us dollar?
Oorsese lande is agter afrika se minerale rykdom aan en regering te onnosel om te sien hul gaan weer mt wit regering sit want hul verkoop klaar die land
Dis so funny

pieter ·

En net so maklik het die Chinese n verdere reuseaandeel in die oorneem van ons land

Johann cb ·

Ongelukkig moet lenings terugbetaal word, teen ‘n prys! Die vuisvoos belastingbetaler sal nog net méér moet uithaal en wys!!! Eina tog, wanneer gaan bedrog vasgevat word…?

JoeV ·

En wie gaan die lening betaal nou weer? is dit die mense wat die lening aangegaan het of het iemand nou weer namens die belasting betalers lening aangegaan?

Alida ·

CR sal moet bontstaan as our people begin agterkom die chinese vat hulle werk. China het nog niks gesien as our people kwaad word nie. CR moes nie n sent van China aanvaar het nie. Hier kom groot bollie.

Lerato ·

Die unies probeer nou die lewe uit ESKOM druk. Die 7% is nou nie genoeg nie.

Dis om n man wat lê te skop. As soveel hul werk verloor, was die unie leiers hulle hande in onskuld

Helizna ·

Privatisering is nie die antwoord vir Eskom nie. Doen eerder soos met Telkom en verander die wet om kompetisie toe te laat. Telkom is nou meer markverwant as ooit tevore en al doen hulle landlyn afdeling sleg, is Telkom Mobile, BCX en OpenServe geldmasjiene. Eskom kan dieselfde pad volg.

LouE ·

Hulle verkoop nou die land se siel aan die Chinese. Ons gaan slawe word van China.

Net my opinie ·

Ek dink die Chinese maak n helse fout. Hulle ken nie die ware karakter van ons regering nie. Die Chinese is n eerbare nasie, wat respek en eerlikheid hoog op prys stel. Ons regering respekteer net die wie iets positief vir die balans staat het, verkieslik die privaat bank rekening….

Snowball ·

Na wat China met Tibet gedoen het, is ek oortuig hulle is nie ‘n eerbare nasie nie….maar dis dalk wat “our people” verdien. Wie wind saai sal storms oes.

Tom Nel ·

So is ons land reeds 5jr gelede en nou ook weer aan China uitverkoop asook die Arabiere, wie moet ons bedank – RAMAPHOSA & KIE PTY LTD, niks beter as sy voorganger ZUMA nie, hy en die ANC sal SA verkoop vir eie gewin. PUNT!!!

PJC ·

Eskom sowel as die regering sukkel al reeds om net die rente op al die lenings te betaal. Nou wonder ek waar gaan hulle die geld kry om hierdie terug te betaal. Die Chinese is wel deeglik bewus hiervan. Hulle is egter uitgeslape en dit is deel van ń strategie om hulle uiteindelike doel te bereik.

Bets ·

Oom Siener het voorspel dat Chinese ons land gaan binnestroom………

Johan ·

China weet dat ons land se kommuniste dom is, so hulle koop Suid Afrika vir n halwe appel en dan word ons hulle slawe.

SjN ·

Hul besef nie dat die lening terug betaal moet word nie, volgens kultuur is dit nie nodig, Chinese gaan n bargain teen halfprys kry.

Insig ·

Almal wat krag gebruik moet betaal daarvoor .

Ongelukkig word wanbetalers se krag nie afgesny todat dit op datum betaal is nie .

E.K. die eerste ·

Regering hand om die blaas met die klomp; wonder wat die voorwaardes van lening is? Hou jul oë toe vir renosterstopery, leeus wat doodgemaak word vir hul leeuwyn, olifante, ens ens…

kat ·

ja nou kan hulle die anc kaders voorsien van extra inkomste en nuwe karre en verder plinder

Casper Labuschagne ·

Viva! Viva! Bonusse, 13e tjeks, aanprysings bonusse vir top bestuur en ook baie oorsese reise is op pad en sommer nog baie nuwe poste vir skoolverlaters teen tienduisende rande per maand. Viva! Viva!

Amanda ·

Met hoeveel renosterhorings, leeu bene en pangolins het ons hiervoor betaal???

HPV ·

Keuse, leef onder die anc/eff regime, onder die Russe of Chinese, enige iets is ‘n verbetering op eersgenoemde regime.

Wonder ·

Wow, mense, ek het nog nooit gesien hoe baie mense so kan oorreageer en hulself in ‘n koma in, opwerk nie! Dit is BAIE gevaarlik om afleidings sonder feite te maak. Ontspan liewer en geniet jul Chinese teetjie. Hul kos is bobaas!

Siek en sat ·

Niks van opwerkery nie. Korrupte spul wat al daai geld gaan mors. Hullle reputasie vertel die storie. Ploeter voort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.