Eskom kry nuwe bedryfshoof

Argieffoto: GCIS

Jan Oberholzer is pas as die nuwe bedryfshoof van Eskom aangestel.

Eskom het Vrydag in ʼn verklaring gesê Oberholzer het 38 jaar werkervaring waarvan 24 daarvan by Eskom is waar hy verskeie poste, onder meer die pos van die operasionele afdelingshoof, beklee het.

Phakamani Hadebe, hoof van Eskom, het gesê Oberholzer bring ʼn skat van operasionele ervaring in die energiesektor met hom mee.

“Namens myself en die raad wil ek mnr. Oberholzer graag gelukwens en hom die beste toewens in die uitvoering van sy belangrike taak,” het Hadebe gesê.

Die verklaring verduidelik verder dat die noodsaak vir dié pos aan die lig gekom het ná die aanstelling van die Eskom-raad op 20 Januarie.

Die raad meen die grootte, funksionele diversiteit asook kompleksiteit van Eskom in sy huidige toestand regverdig ʼn uitvoerende span hoofde wat uit drie persone bestaan: ʼn uitvoerende hoof [Phakamani Hadebe], ʼn bedryfshoof [Jan Oberholzer] asook ʼn finansiële hoof.

Eskom het aangekondig dat ʼn finansiële hoof binne die volgende paar weke aangestel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Toi Toi ·

Maandag toi toi iemand weer oor die blanke wat aangestel is.

Johanna Botha ·

Ag vader net soos die poskantoor …toe dinge op sy ergste is toe moet hulle n Oberholzer aanstel …hoe gaan die arme man dit regkry met al die GEMORS ! !

Basjan ·

Uiteindelik het common sense iewers ingeskop!

Baie geluk Jan, en sterkte met die taak wat voorlê!

Sarel ·

Geluk mnr Oberholtzer , hoop jy word waardeer vir jou werk en nie gesien of geignoreer vir jou witheid nie. Hoe julle as n bestuurspan werkers gaan kry om te werk en produktief en eerlik te wees weet ek nie . Genoemde kwalitete is deesdae vloekwoorde . Alle sterkte en mag julle saam wel sukses behaal tot voordeel van ons almal.

Noellene ·

Sterkte mnr Oberholzer. Jy het n hele bondel gemors om uit te sorteer. En vinnige vingers gaan na jou gewys geword as di ge nie gou genoeg gebeur nie. Ons hou vir jou duim vas !!

Alida ·

Geluk Mnr! Uiteindelik het die lig aangegaan. Hulle kan nie sonder die blanke se kundigheid klaarkom nie. Na 25 jaar besef hulle dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.