Eskom kry nuwe raad

Argieffoto: GCIS

Die nuwe raad vir die kragvoorsiener Eskom is Saterdag aangekondig.

Tyrone Seale, woordvoerder vir adjunkpres. Cyril Ramaphosa, het gesê dít kom na ʼn vergadering tussen Ramaphosa, pres. Jacob Zuma, Lynne Brown, minister van openbare betrekkinge, en Malusi Gigaba, minister van finansies, Vrydag om die dringende uitdagings by die maatskappy te bespreek.

“Eskom is noodsaaklik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. Dit is ʼn sleutel tot ekonomiese groei en sosiale transformasie en sy finansiële en operasionele posisie kan ʼn reuse-invloed op die land hê,” het Seale gesê.

Die nuwe raad is Jabu Mabuza (voorsitter), Sifiso Dabengwa, Sindi Mabaso-Koyana, Mark Lamberti, Tshepo Mongalo, Malegapuru Makgoba, Busisiwe Mavuso, Nelisiwe Magubane, Rod Crompton, George Sebulela, Pulane Molokwane, Banothile Makhubela en Jacky Molisane.

Die regering het aanbeveel dat Phakamani Hadebe met onmiddellike effek as die waarnemende hoof aangestel word.

“Dié raad is aangekondig om alle Eskom-beamptes wat aantygings van korrupsie en ander oortredings in die gesig staar onmiddellik te verwyder. Dit sluit Matshela Koko en Anoj Singh in,” het Seale gesê.

Die regering het ʼn beroep gedoen op enigeen wat bewyse het van onregmatige optrede om daarmee na vore te kom.

Ramaphosa het gesê hulle is vol vertroue dat die ingryping die belangrike bydrae wat Eskom tot die ekonomie lewer sal herstel. “Ons is vasbeslote om aandag te gee aan die skade wat reeds aangerig is en die kragvoorsiener op ʼn nuwe pad van effektiwiteit en integriteit te plaas,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarel Strydom ·

Raad aangestel deur ANC regering en moet korrupsie teenwerk???

Oom Piet ·

Wat beteken BLSA se bewering dat Jabu Mabuza “un-impeachable” is? Hoeveel meer of minder “un-impeachable” was/is die vele Zupta se ANC aanbevole/aangestelde Voorsitters, Raadslede en Top Bestuur van watookal denkbaar geskaad het vir eie gewin? Het elk ‘n eed van geen skadende reputasie verbintenis gesweer en onderteken?

zoom zoom ·

Wie het besluit op die name vir vir die nuwe raad. Was daar gecheck wat se geraamtes hulle im die kas het. ??

Joe Hall ·

Dit is inderdaad laat in die dag wanneer hierdie droewe land sulke duidelike ooreenkomste met Nigerië se korrupte regering en burokrasie toon.
Sal die Ramaphosa bewind werklik veranderinge/verbeteringe kan bewerkstellig???

Wickus de Bruin ·

Wie by die regering kan ek kontak om korrupsie aan te meld?

Vryheid ·

Ongelukkig het eskom net so slegte reputasie soos die anc. Blinde stel die blinde aan….. sal maar moet sien.

Vermeende ·

Eskom is so diep in die rooi dat geen raad hoe goed en eerbaar ook al hom sal kan red nie.
Voor die einde van 2018 sal ons hierdie opskrift nog twee keer lees met nuwe name.
Eskom raad is soos toiletpappier, noodsaaklik maar waardeloos en elke dag n nuwe rol.

Hoopvol ·

Kom ons hoop al die ander State Owned Companies in SA kry ook nou ‘n nuwe bestuur!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.