Eskom kry R20 miljard-lening by Ontwikkelingsbank

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Eskom het Donderdag drie leenooreenkomste met die Afrika-ontwikkelingsbank onderteken ná die bank finansiering van sy privaat sektor goedgekeur het.

Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê die bank se $365 miljoen ongewaarborgde lening sal in ʼn randbedrag van R5 miljard beskikbaar gemaak word. Eskom het ook ʼn $10 miljoen gewaarborgde A-lening verseker.

Eskom het ook die Afrika-ontwikkelingsbank aangestel om ʼn verdere US gewaarborgde gesindikeerde B-leningsfasiliteit van US$965 miljoen te fasiliteer van verskeie handelsfinansierders insluitend die Bank of China, Bank of Tokyo-Mitsubishi, CaixaBank, Citibank, HSBC, JP Morgan Chase, KfW Ipex Bank, Siemens Bank en Standard Chartered.

“Die senior ongewaarborgde lening en die A-lening is terugbetaalbaar oor 20 jaar, albei met ʼn twee jaar grasieperiode vanaf datum van ondertekening,” het Eskom gesê.

“Die hoofskuld op die B-lening sal binne vyf jaar vanaf die datum van ondertekening afgehandel word. Ander voorwaardes van die lening is onderhandel gebaseer op mededingende markverwante koerse van finansiële instansies.”

Eskom het gesê die lenings sal die algemene kapitale uitbreidingsprogram, wat die bou, instandhouding en opknapping van opwekking, oordrag en verspreidingsinfrastruktuur en vaardigheidsontwikkeling insluit, finansier.

Brian Molefe, uitvoerende hoof van Eskom, het gesê die Afrika-ontwikkelingsbank bly ʼn beduidende vennoot en sleutelbydraer tot die vordering wat die kragvoorsiener maak tot die bestaande bouprogram. “Ons is veral dankbaar vir die volgehoue ondersteuning in ʼn tyd wat Eskom groot vordering gemaak het om bedryfs- en finansiële volhoubaarheid te behaal en die bouprogram spoedig af te handel,” het hy gesê.

“Hierdie fasiliteite is ʼn bewys van die bank se mandaat om tot die ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike vordering van Afrika-lande by te dra.”

Eskom het in die jaar wat in Maart geëindig het, ʼn nettowins van R4,6 miljard getoon, in vergelyking met ʼn nettowins van R200 miljoen die vorige jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Nici ·

En raai net wie gaan vir hierdie lening pa-staan… die verbruiker!!!!!!?

vermeende ·

Ek sien sommer die Guptas gaan terug trek.
Eskom toon n wins van R4.6miljard en nou nog n lening van R20miljard. Dit is mos net teveel geld vir die klomp met lang vingers.

Daai klop op die skouer bonusse gaan bitter groot wees.

Hasie ·

Ek is seker negatief, maar hier kom weer groot diefstal en korupsie van baie rande.

Pietman ·

Dink nou aan iets wat n vriend van my altyd gese het: ‘Ek ken die verskil tussen bollie en botter. Hierdie IS NIE BOTTER NIE’.

Blondie ·

Goeie genade, dis duidelik hierdie mense kan nie normaal dink nie….hulle het reeds so baie lenings aangegaan wat hulle duidelik nie kan betaal nie…hoe gaan hulle die lening betaal. All melk hulle ons tot die laaste pennie, sal dit nie genoeg wees nie. En die banke wat die geld uitleen dink ook nie normaal nie, hulle is nie verseker van die terugbetalings nie. Ai toggle.

John ·

Opknapping, instandhouding… algemene gebruik .. ooeehie, ja nee, dis ‘n lekker, lekker lewe… op die’ elektriese treintjie op pad na nog salarisverhogings en groot bonusse vir die flukse base.

rudi ·

Eskom is een van die grootste bedreigings in SA. Hul onbevoegdheid het mense laat sukkel en het beleggings weg gejaag. Maar as jy in Sowetho bly is die lewe lieflik met GEEN elektrisiteits rekening

Milan ·

Dit gaan my verstand te bowe. Hulle beskik nie oor die vermoeë om hul munisipale debiteure te vorder nie, maar lenings word aan hulle toegestaan. Waarom? Omdat die gans wat die goue eiers lê weereens geforseer gaan word om meer eiers lê. Intussen lui die verkiesingsplakkate: “Free electricity for the poor”. Begin solank lê my volk.

Jaco ·

Is Eskom veronderstel om sulke groot winste te maak? Nou gaan daar darem baie geld wees om uit te deel vir tenders.

Motor verkope gaan styg ·

Na die goedkeuring van die Eskom lening gaan verkope by BMW, Porche, Ferrari en Mercedes baie goed wees, want 80% van die lening sal waarskynlik vir korrupsie aangwend word.

Jan maak n Plan ·

Die topstruktuur in Eskom het mos nou die dag so ou klein bonussie gekry – hulle kry nou seker die ander helfte.

John ·

Mens dog jy’t nou alles gehoor oor Eskom se truuks. Die nuutste is dat Bloemfontein se inwoners meer vir krag moet opdok in die winter… omdat dit dan so koud is daar…
Ek hoop nie wetsoortreders kry sommer ook langer tronkstraf omdat die regters in die rosestad vroeg moet opstaan uit ‘n warm kooi op witgerypte wintersoggend nie… of erge boetekaartjies vir glyende spoedoortreders op die ge-yste paaie oppad werk toe.
Dalk ‘n nuwe Eish-Tol-sisteem wat inskop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.