Eskom kry R2,6 miljard-lening vir skoon energie

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Die Brics-lande se Nuwe Ontwikkelingsbank het die eerste fase lenings ter waarde van $811 miljoen goedgekeur vir hernubare energieprojekte.

Die Brics-bank het oor die naweek bevestig die vier projekte, een van Brasilië, een van China, een van Indië en een van Suid-Afrika, is tydens die lentevergaderings van die Internasionale Monetêrefonds en die Wêreldbank in Washington voorgelê.

Die Brics-bank staan $300 miljoen aan Brasilië toe, $81 miljoen aan China, $250 miljoen aan Indië en $180 miljoen aan Suid-Afrika.

Die bank is in Julie 2014 deur die Brics-ledestate, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika op die been gebring om hulpbronne te mobiliseer vir infrastruktuur en volhoubare ontwikkelingsprojekte.

Met ʼn aanvangskapitaal van $100 miljard, het die bank op 21 Julie 2015 met sy bedrywighede begin.

-ANA Sputnik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

sethos ·

Dt is iets goeds wat di land se ekonomie op 4 bene sl bring.

Hein ·

Ek dink nie so nie. Ons benodig baie werkskepping soos Staalfabrieke ens wat duisende werksgeleenthede skep. Elke bietjie help seker.

Frederikf ·

Sotho, SA se ekonomie is op die stadium so swak dat ons te veel elektrisiteit het. Die ystererts en mangaan myne in die Noord-Kaap staan basies stil. Dis hoekom Eskom die laaste verhoging aangevra het. Hul reken hul wins is te laag, want die aanvraag is te laag. En hul is nou al bekommerd oor Desember ’16 se vet bonusse.
Die ekstra bietjie krag gaan dus niks aan die SA ekonomie verander nie. Al wat die SA ekonomie gaan of kan verander is ‘n nuwe regering en al kry ons môre ‘n nuwe kapitalistiese regering gaan dit minstens 20 jaar neem voor ons meer krag gaan nodig hê as wat ons tans kan opwek.

Dirk Breytenbach ·

Eerstens is daar nie ‘n vraag vir ekstra elektrisiteit nie want verbruikers gebruik nou veel minder krag. Tweedens moet die geld eers deur die burokratiese aankope proses gaan met tenders , daarna word dit aan ‘n ongekwalifiseerde maatskappy toegeken, daarna appelleer die ontevredenes en gaan soek verligting deur die howe en dan miskien kan ‘n paar werksgeleenthede geskep word nadat toerusting van “verwante” maatskappye in die ooste aangekoop is. Ek wil niemand verveel nie maar dis die proses waardeur die R2.6 miljard moet gaan en teen dan is dit ook 6 jaar later. Moenie enigsins hoopvol of opgewonde raak oor die lening nie. Kom ons fokus op dit wat ons het en kan uitbou nie op wens dromery nie. Ek sou eerder direkte werksgeleenthede wou skep met die bedraggie. Kan iemand asb. ons regering dien ooreenkomstig inlig?

Thys ·

En Nene is toe nie daar nie. Dalk besef hy ons neem nou die juk met die verkeerde span osse op.

Pieter dp ·

En hoeveel gaan weer in die ANC kardes se sakke beland.

Tiger ·

En hier kom die volgende groot krag tarief verhoging oor die bult aan!Waar anders gaan eskom die geld kry om sulke groot lenings terug te kan betaal?

Rupert Ashford ·

Jip, die enigste manier om sg “hernubare” krag kompeterend te kry is om die tradisionele bronne kunsmatig baie duur te maak. Dit is die armes en die middelklas wat vir die gelag moet betaal…

Yvonme ·

Al waarooe ek wonder is hoe diep en groot die korrupsiepot is waarin hierdie handige meevaller gaan beland!

Jo ·

Jippie……..nog meer geld wat hulle gaan steel en ONS moet dit tetugbetaal!?

GP ·

Vir n land soos SA om sulke lenings te kry is skokkend. Waar gaan die geld vandaan kom om dit terug te betaal? Meeste dorpe en stede is so diep in die skuld by eskom al klaar. So daar gaan ons wat wel betaal se rekeninge nog verder belaglik raak.

Theuns ·

Hier is definitief iets snaaks aan die gang? Die “Baksteen Bank” (sic) word gestig met kapitaal afkomende van tenminste vier van die lande waar die Staatshoofde Korrup( lees eienaars) is. Die klomp “Facebricks” le die lenings voor aan die International Monitere Fonds(IFM) vir goedkeuring? Die lenings word goedgekeur en die geld wat die Bakstene by hulle eie lande gesteel het dien as waarborg? Wie het in Suid Afrika toesteming gegee vir die geld wat geskenk is vir die Baksteen Bank? Het die tesourie daarvan geweet? Ek het gedink dat die Baksteen Bank juis gestig is om weg te kom van die IFM af. Ek weet ook nou hoekom Zuma gelieg het oor die pos wat NENE sou kry by die Bakstene. Hy het dit oorweeg (Die Pos Vir Nene) maar is deur sy vriende(PUTIN en Ander) aangeraai om dit nie te doen nie want NENE sal die Korrupsie van die Bakstene verongeluk! En wat se Zuma” Eisgh, Sorry man, ek het nie gadenk nie!!”

Scalla ·

Besef hulle dat die lening terugbetaal moet word, het hulle sover gedink. met die vorige regering was daar ook korupsie gewees, die verskil is hul het begroot om te steel, die huidige steel sommer die begroting.

Bolander ·

Whow, nou is Zuma en sy trawante in die 7de hemel want nou is daar weer baieeee geld om te steel!!!!!!!!!!!!!!!!! Hou die spasie dop, dit is net ‘n kwessie van tyd, dan is die geld weg!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.