Eskom kry R32 miljard van tariefverhogingaansoek

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het Donderdag bekendgemaak hy gee Eskom die reg om R32,69 miljard ekstra te verhaal vir die boekjare 2014/2015, 2015/2016 en 2016/2017.

Dit kom nadat Eskom drie aansoeke betreffende ʼn regulatoriese aansuiweringsrekening (RCA) ingedien het. Eskom het aansoek gedoen vir ʼn 19,9% tariefverhoging om R66,7 miljard in addisionele inkomste te verhaal. Die aansoek is deur die meerderheid van die burgerlike samelewing, sakelui en verbruikers teengestaan.

Eskom het gesê hy neem kennis van die energiereguleerder se besluit en sal uitgebreide kommentaar hieroor lewer sodra die redes vir Nersa se besluit bekendgemaak is.

Calib Cassim, waarnemende finansiële hoof van Eskom, het gesê die kragvoorsiener het die aansoeke ingedien in ooreenstemming met die beginsels van die multi-jaar prysbepalingsmetodologie vir RCA-aansoeke.

“Ons sal in staat wees om die volle grondslag van die besluit te verstaan wanneer ons deur die redes vir die besluit gewerk het,” het Cassim gesê.

Intussen het duisende Eskom-werkers Donderdag by die kragvoorsiener se kragstasies en hoofkantoor aan protesaksies deelgeneem om ʼn 15% salarisverhoging te eis. Eskom bied geen salarisverhoging aan nie en hou die maatskappy se benarde finansiële posisie voor as die rede vir dié besluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Mrs H ·

Ja ons gaan nou lekker kamp, sonder al die inpak en uitpak! Jippee …
Ons verbeel ons dis n lang termyn vakansie.

Nettie ·

@Willem – probleem is net, teen September het die petrolprys al seker weer drie keer geklim, dus is gas ook al weer seker teen daai tyd drie keer duurder. En daar is sommige mense wie se huise net nie van die “grid” kan afkom nie – soos my ou 1960-geboude huisie (wat ek in elk geval huur, so ek kan nie enige veranderings maak nie).

Alles wat in my huis is, loop op krag: yskas, vrieskaste, stoof, geiser, strykyster, waaiers/verhitters, ketel, TV – de lot. Ek het nie ‘n kaggel nie, dus kan ek nie eens kaggelvuur maak vir hitte nie; die huis is só oudmodies, dat g’n mens sal oorweeg om ‘n gaslyn-installasie daar te doen nie. En ‘n generator is ook buite die kwessie (die petrolprys is amper erger as Eskom se 19,9% verhoging).

Nee wat, in my geval is dit maar “Betaal: dit is die Wet van Transvaal”.

Johann cb ·

Gaan hierdie klomp geld van ons, die verbruikers, verhaal word?

Sneeuleeu ·

Inderdaad Johann cb, as hulle aanvanklik 67 miljard wou verhaal teen ‘n 19.9% verhoging, en hulle kry op die ou eind 32miljard, dan kan ons maar veilig aanneem dat daar ‘n 10% gaan wees…..

Ja né ·

Sjoe en daar kry Eskom weereens hulle sin. En die verbruiker moet heeltyd opdok

Pieter ·

Ramaposa moet hernubare energie nog meer bespoedig.Dat hierdie bodemlose put n einde kan kry.Hulle spandeer geld op wat?bonusse vir die vetkatte wat sit en niks doen nie.Wat n grap.

Meyer ·

Elke plakkershut het gemiddeld 4 “backyard dwellers”, huurders van buitekamers wat ook aan die reeds onwettige kragverbinding van die verhuuder gekoppel is.

Koos de Meyer. ·

Hierdie regering het Unies toe gelaat nou pluk hulle die vrugte daarvan en ons betaal. Wat ‘n skande.

Weduwee ·

Ek sit reeds nie eers my geyser aan nie, bad in yskoue water. Gebruik net een keer per dag die stoof vir ‘n potjie kos gaarmaak. Kan nie ‘n verhoging bekostig nie, dis my broodgeld.

Mrs H ·

Sponsbad met warm ketel water van gas stofie afkomstig, het n nuwe mening. Los darm net genoeg kook water vir n koppie koffie, terwyl n mens nou besig is en spaar gas ook. Beenhare moet maar gelos word, wie weet…hulle word dalk so lank, dat jy dstv verniet sal kan opvang! Lol

Hm ·

Lyk my die tyd het aangebreek waar ons vir ons eie krag moet sorg. Ons sal ons dakke (huise en afdakke) moet volpak met sonpanele, inverters en batterye aanskaf en onsself skei van Eskom…aanvanklike kostes sal duur wees maar met die huidige kragpryse betaal ons sommer binne 2jaar die toetie af en daarna glimlag ons al d pad. Hierdie tariefverhogings raak buitensporig.

Netso ·

Dis nog ñ groter grap!!! Hulle gaan wetgewing implimeteer wat die wat hulle eie krag opwek te belas omdat hulle geld verloor! Hoe wen jy?

John ·

Aai wat ‘n show… Net toe Eskom se verhoogde tariewe goedgekeur moet word toe begin sy kinders keelopsit en gooi die speelgoed uit die pram en raai wat lekker verhogings word toegestaan. Eskom is werklik verslaaf aan dieselfde muti wat dieselfde effek het en dieselfde mense weer gaan opdok. Hoera! Die ANC het Eskom reggeruk… Koebaai ons ligte het nou net opgeskop… Fase 1…

Andre ·

Wat was daardie bedrag nou weer wat met Eskom se medewerking deur die Gupta’s verduister is? Hierdie verhoging is om onder meer daardvoor te betaal.

Helen ·

Die grootste probleem by Eskom is ten minste 20,000 personeel té veel, duidelik was dit die grootste werkskepper wat homself nou in ‘n ongekende penarie weens die dwaasheid bevind. Die ander groot probleem is die Munisipaliteite wat die geld in hul persoonlike bankrekenings in betaal het in plaas van Eskom se rekening. Dit is om van naar te raak want ek het nog nooit in my 40 plus jare as werker naby ‘n 12% verhoging gekry nie, as jy durf kla vir meer geld was jy eenvoudig meegedeel om elders ‘n werk te soek waar jy meer geld kan kry as jy nie tevrede is nie, nou word daar na almal se pype gedans en nie in belang van die Maatskappye nie. Ek sê maar net!

Ben ·

Ag nee wat…al kry hulle 15 persent verhoging, volgende jaar wil hulle wéér verhoging. Nóóit tevrede nie. SA gaan rerig die afgrond in!

Lynette ·

Wat van die miljoene wat hulle so vrywillig as pensioen aan Brian Molefe betaal het en wat hy moet terugbetaal? VERHAAL DIT EERS VOOR JULLE ONS BELAS. ESCOM MOET GEPRIVATISEER WORD!!!!!!!

Michael ·

Net in SA kry jy besighede wat so baie geld maak en dan bankrot is en dan net van die staat geld kry om voort te gaan. Enige ander besigheid sluit sy deure as hy bankrot is. 32 miljard die top bestuur moet minder kurupt wees dan sal daar geld vir verhoogings wees dit sal nie nodig wees om die verbruiker so hard te slaan nie waar gaan dit eindig. Nou kom die na gevolge van Zuma en die Guptas sterk deur. en hulle geniet hulle lewe lekker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.