Eskom kry sy R30 miljoen terug

Brian Molefe.

Eskom het ná ’n gespook eindelik die R30 miljoen ontvang wat hy in 2016 onregmatig aan sy pensioen-en-voorsorgfonds (EPPF) tot voordeel van sy voormalige bestuurshoof Brian Molefe betaal het.

Die kragvoorsiener het Woensdag in ’n verklaring gesê hy is verheug om aan te kondig dat hy die geld kon verhaal.

Dít volg enkele maande nadat die hooggeregshof in Pretoria beveel het dat die geld aan Eskom terugbetaal moet word.

Daar is in 2018 reeds bevind dat Molefe persoonlik betrokke was by die onwettige toekenning van pensioengeld ten bedrae van R30 miljoen, waarvan R10 miljoen aan hom persoonlik uitbetaal is.

Die hooggeregshof het in Julie beveel dat Molefe R9 985 540,64 plus rente terugwerkend tot 2016 moet terugbetaal. Die voormalige Eskom-bestuurshoof se regspan het aansoek om verlof tot appèl teen die hofbeslissing ingedien.

Die EPPF het intussen gesê hy sal Molefe se aansoek teenstaan. “Die EPPF glo dat daar geen meriete in Molefe se appèlaansoek is nie, en dat dit ’n poging is om die implementering van die hofbevel te vertraag,” het Shafeeq Abrahams, hoofbeampte van die fonds, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Niklaas ·

Hierdie is beslis nie ‘n geïsoleerde geval. Dit het al baie gebeur en sal nog steeds nie end kry nie

Flip ·

As dit n privaat maatskappy was, was hy tronk toe gestuur…..

Delia ·

Dit was te maklik. As Molefe appel aanteken, waarom nie die ander. Kan Maroela Media vir ons bewyse kry van die terugbetaling, want ek glo dit nie

SjN ·

Wanneer gaan die trane kader sy bedrag terugbetaal soos deur n hof reebs bepaal in 2018, hul almal speel vir tyd.

Kobus ·

Kan dit waar wees? Nogal skepties. Kan dit geverifieer word?

Sarel ·

Verskoon die vraag maar wat gebeur nou met die geld en hoe gaan dit die verbruiker help?

domheks ·

Sekeres is verhewe bo die wet! Dit was al maande terug ‘n hofbevel! Nou hoekom is dit nog nie betaal nie? Het hy weer in trane uitgebars? Skelm!

Faraway ·

Kan ek asb vergoed word uit jul R30 miljoen vir al die loadshedding terwyl ek getrou my krag rekening betaal! Ek kan doen met n miljoen . . .

vuurvliegie ·

Molefe kan maar die R10M van die R30M hou want SA het amper geen Loadshedding onder hom gehad nie. Daar was geen weeklikse verskonings van Eskom se kant af nie.

Jacobus ·

Ek glo nie wat ek lees nie!!!!! Escom is onder sy beheer geplunder tot waar ons vandag sit. Jy bou nie jou huis wat deur staatskapers afgebrand is tot op die grond binne twee weke weer op nie.( Net n voorbeeld.) Escom gaan dekades vat om weer opgebou te word, indien ooit, en Andre deRuyter doen sy bes en dit met kaders wat aangestel is deur die staatskapers en nog steeds die plek saboteur. Dan moet hy nog polities korrek optree ook. Moenie jou laat breinspoel deur mense wat nog steeds gekaap is nie. Ek weet waarvan ek praat ek het vir Escom gewerk.

vuurvliegie ·

Hallo Jacobus. Ding Ding Jou maatskappy Escom se naam het in 1987 verander na Eskom as jy nog nie agter gekom het nie. Geen Eskom CEO kan sy hande in onskuld was nie, nie eers De Ruyter nie. Sterkte met jou loadshedding

Republikein in die Wes Kaap ·

“Bes doen” is nie goed genoeg nie. Daar is te veel op die spel. Ons moet ophou om die verlede te blameer. Dis ANC retouriek. De Ruyter moet na 3 jaar al nuwe planne begin implementeer. Of loop. Hy kerm nes die kaders oor die verlede.

Kokerboom ·

Ek wonder wat is bedrag van totale vergoeding wat die skepsel onregmatig ontvang het?!!!Wat ‘ absolute skande

Danie ·

Dalk is daar n ligstaal aan die einde van die tonnel.Kry vir jou skurk.Wat van die rente van 2016 dis nogal heelwat.

Madz ·

Beteken dit die krag gaan nou bietjie langer kan aanbly…? Minder loadshedding?

Republikein in die Wes Kaap ·

En om te dink dié man was geoormerk om minister van finansies te word. Dalk nog eendag president. Skrikwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.