Eskom lê beslag op Emfuleni se bates

Die balju het weens agterstallige skuld aan Eskom op die Emfuleni-munisipaliteit se bates begin beslag lê. (Foto: Gerda Senekal/Facebook)

Eskom het Dinsdag begin met die inwerkingstelling van ʼn beslagleggingsbevel teen die Emfuleni-munisipaliteit, weens dié owerheid se versuim om agterstallige skuld van miljoene rande te vereffen. Die balju het begin beslag lê op voertuie, meubels en ander roerende bates.

ʼn Hofbevel wat reeds in 2018 aan Eskom toegestaan is, gee hom toestemming om R615 miljoen in agterstallige skuld van die munisipaliteit in die weste van Gauteng te herwin. Volgens Eskom skuld die sukkelende owerheid hom inderwaarheid meer as R2,3 miljard.

Munisipaliteite landwyd skuld Eskom gesamentlik meer as R26,4 miljard.

Sikonathi Mantshantsha, ʼn woordvoerder vir Eskom, het bevestig die kragvoorsiener verskerp sy veldtog om agterstallige skuld van munisipaliteite te verhaal, maar sê ook sover hy weet, is daar nie ʼn hofbevel vir enige ander munisipaliteit buiten Emfuleni nie.

Werkers van die balju se kantoor dra meubelstukke uit die plaaslike owerheid se kantoor. (Foto: Gerda Senekal/Facebook)

Gerda Senekal, ʼn VF Plus-raadslid by die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit, het gesê werksaamhede by die owerheid het heeltemal tot stilstand gekom.

Die owerheid bedien Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging.

“Die VF Plus is besig om ʼn omvattende plan saam te stel wat die munisipaliteit in staat sal stel om sy verpligtinge teenoor debiteure na te kom. Dit is noodsaaklik aangesien die balju selfs die vloot van 45 diensleweringsvoertuie wat in samewerking met nasionale tesourie in Oktober verlede jaar aangekoop is, verwyder het,” het Senekal gesê.

Sy sê ingevolge die afbetalingsooreenkoms moes die Emfuleni-munisipaliteit teen Dinsdag R220 miljoen aan Eskom betaal om ʼn gedeelte van sy uitstaande skuld te vereffen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Jaco ·

ANC-beheerde eskom lê beslag op ‘n ANC-beheerde munisipaliteit. Iets maak nie sin nie. Ek sou so ‘n aksie teen ‘n DA-of IVP-beheerde munisipaliteit verwag het. Sekerlik kon dit alles binne dieselfde ANC-huis geskik gewees het. Vreemd dat die ANC blykbaar NIKS geleer het uit hulle jare in ballingskap nie. Hulle kommunistiese gasheerlande het nooit sulke nonsens beleef nie. Een regerende party het eensgesind alles beheer.

Dries ·

Dalk is Eskom se nuwe baas nie polities geaffilieerd nie, en bestuur hy actually nou die instansie soos wat dit moet wees, as ‘n besigheid.

Jaco ·

Wit baas van eskom wat ‘n swart munisipaliteit se bates laat konfiskeer. Hier kom ‘n groot klag van rassisme…

Foefie ·

Verbasend hoe vinnig hulle R220m in die hande kon kry om te begin skuld betaal toe hulle sien Eskom speel nie. Hoog tyd dat die mense begin kortgevat word want ons ander dra die las nog al die jare.

Gato ·

Weet nie of ek verkeerd verstaan nie maar vir my lyk dit dat hulle bates geneem word juis omdat die R220m nie betaal is nie?

Werner ·

Kyk, as die staat nou al op die staat se goed beslag lê, dan weet jy die einde is naby

netekalleen ·

my vraag is, wat doen die munisipaliteite met die gelde wat almal elke maand inbetaal vir hulle water en krag gebruik??????

Scalla ·

Hulle gebruik dit om buitesporige salarisse aan onbevoegde amptenare te betaal.

Kobus ·

Alles goed en wel,maar wat van Soweto? Eskom is besig om kleiner munisipaliteite te teiken en ek stem saam dat hulle nou moet begin aksie neem maar dan moet alle nie/wan betalers onder dieselfde kam geskeer word.

Wondermaarnet ·

Eskom is te bang om iets in Soweto te doen want dan word die land afgebrand!

Wondermaarnet ·

Wat help dit hulle lê beslag op bates? Eskom self verkoop dan hulle bates jaarliks teen bv ‘n lessenaar vir R20 of ‘n staalkas vir R30 en bakkies vir R10 000 en dan is dit nie eers ou goed nie.

Fedup ·

Shame man. Plastic stoele moet nou maar gebruik word. Hulle moet maar sommer by die se maaitjies ook maar gaan oplaai. So sal hulle hopelik leer. Maar ek gaan definitief nie my asem ophou vir die sub sirkus nie.

gaia3 ·

Ek voel dat dit reg is dat die munisipaliteite moet verantwoording doen. Ons betaal elke maand ons rekeninge getrou aan die munisipaliteit, maar hulle betaal nie vir Eskom nie, nou wat noem mens dit nou, dalk diefstal of dalk bedrog?? Nou dreig Eskom om dorpe se krag af te sit daaroor!! Hoekom?? Die publiek is nie verantwoordelik dat die munisipaliteite nie ons geld aan Eskom oorbetaal nie! Hou die munisipaliteite direk daarvoor verantwoordelik en hou op om ons as betaalde verbruikers daarvoor te wil straf asb Eskom.

Elize ·

Ek gaan weer probeer met ander woorde om kommentaar te lewer. Gaan lê beslag op die “fat cats” se huishoudelike ware, klerekaste en motorhuise. Daar is genoeg om nogal ‘n aardige bedraggie aan Eskom te betaal.

Sandra ·

Hulle kan nie Soweto teiken nie, dis hul grootste ondersteuners as die by die verkiesing kom. hulle beloftes, hoe leeg ook al, word mos so hard in geglo. Dit sal die ANC seerder maak om hul krag af te sny as om Eksdom te kelder.

minnie muis ·

in vorige bedeling het die anc mense gese hul moet nie betaal nie….. so nou kry hul maar net terug

ElizeK ·

Hulle vat verkeerde bates. Gaan vat die wat die munisipaliteite in die afgrond bestuur het se bates.
Woon in mansions en ry almal slap motors.

SJM ·

Ten minste (hopelik) sal die ander munisipaliteite nou begin regop sit…

Cherokee ·

Wanneer ‘n besigheid nie die pyp rook nie, dan word handoek ingegooi en deure toegemaak. Dat die besef na meer as’n ¼ eeu nog nie tot die ANC deurgedring het dat hulle nie slaag nie, is nie verstaanbaar nie.

Alet ·

Hoekom kan almal nie direk van Eskom krag koop nioe. Sluit die middelman uit en die geld word dadelik in Eskom se rekening geplaas. Vra maar net

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.