Eskom leen R15 miljard

Argieffoto

Eskom het ʼn lening van R15 miljard verseker by ʼn konsortium van plaaslike en internasionale banke.

Die lening is danksy ʼn staatswaarborg bekom en sal gebruik word om die kragvoorsiener se kapitaalbestedingsprogram te help finansier.

Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het gesê dit is bemoedigend dat finansiële markte die kragvoorsiener steeds in ʼn “positiewe lig” sien terwyl gepoog word om finansiële en operasionele stabiliteit te verseker.

André Pillay, tesouriehoof van Eskom, het gesê die kragvoorsiener het nou nagenoeg 95% van sy behoefte van R72 miljard vir die boekjaar geleen. Die oorblywende 5% sal van verskeie finansieringsbronne, insluitend plaaslike effektemarkte, ingesamel word.

Volgens Pillay sal die versekering van die fasiliteit verseker dat Eskom se likiditeitsvereistes op tyd vervul word.

Hy het gesê Eskom het ook reeds 30% van die finansiering bekom wat vir die volgende boekjaar benodig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Elsa ·

Goed en wel om te leen, maar dit moet terugbetaal word…. En pasop vir verdere staatskaping

Deon ·

Die lening is staatsgewaarborg, so die belastingbetalers gaan die rekening betaal, saam met hoër kragpryse.

Marietjie Cilliers ·

Al wat ek wil weet waar is die geld wat ons betaal het. Verseker moet daar wees. Maar dit is wat my bang maak die is n bodemlose put waarin die geld verdwyn. En ons moet net bly betaal. Ons is pensionarise. Jy kan nie meer nie.

Siekensat ·

Hulle leen en betaal nie terug nie. Waar het jy al gehoor ‘n sekuriteitsbeampte verdien R20 000 per maand sonder oortyd en voordele en spog dan hy doen nie veel nie en is moeg van sit. Gaan kyk ‘n slag hoe lyk koeberg en haal die goed uit wat so slaap en ‘n astronomiese salaries verdien en medies en pensieon het.

Dries du Toit ·

Elsa jy is reg.. Die rowery gaan nooit ophou nie. Ons moet uit hierdie hel kom. Waar is ons regte leiers

zoom zoom ·

Dries du Toit.

Die leiers wat ons in die gemors gedompel het Bly in luukse huise met hoë mure en wagte wat julle oppas. En julle kry vet pensions maandeliks so hulle voel ‘n vy vir die gewone mense

CW ·

Die regte leiers is hier maar hulle kan niks doen want dir stemvee steun anc, sonder genoeg stemme kan jy net doen wat huidig gedoen word, sorg dat wereld weet wat hier aangaan

Stoffel ·

Eskom se kwitansie aan my vir die lening:

R15,000,000,000-00
Handtekening is versteek en waarborg deur die bank met watermerk is om sekuriteitsredes ook versteek.

Ander Koos ·

Weet maar, binnekort is die geld op en dan word daar weer geleen

HPV ·

Koos, hulle staan reeds tou vir belaglike prestasie bonusse en salaris verhogings, net soos die bankrot SAL. Jy is reg, die geld is waarskynlik al weg voor hulle dit ontvang het! Hulle sal binnekort die land weer begin afpers met beurtkrag. Absolute onproduktiewe bodemlose put.

jaco ·

Eskom se kapitaalbestedingsprogram sal sonder n lening REG bestuur kan word as hulle net die reusagtige salarisse vir hulle topbestuur minder maak.

Johan ·

Die leen storie is net n storie om meer geld te kry v verbruiker af.

Slimvangsybaas ·

Ja nou gaan hulle ook mense minder maak omdat hulle werk geskep het vir die regering. En raai wie gaan hulle laat loop?

Michelle ·

Is so mooi dat hul aanhou leen want ons as belasting betalersertifikaat gaan krom buig om terug te betaal daarvoor kan julle maar verseker wees die regering het al klaar ‘n plan uitgewerk, net soos petrol wat sou daal nou gaan dit op, kyk die verassing in staatkapings kan nie beter gaan in Suid-Afrika nie.

Theresa ·

Jy kan nie aanhoudend geld leen om n uit n finansiele gemors te kom ni. En oor 3 jaar leen jy weer….en weer. Staatswaarborg? Klink amper of die staats pensioen fonds moet pa staan vir Eskom. Hoeveel van dai geld gaan na hul sakke toe?

koos ·

Ons hoor mos nou weer verkiesings beloftes. Geen een van die groot 3 is eerlik nie. Gratis huise, krag, water, onderwys ens. Niks is gratis nie, waarvoor jy nie betaal nie, betaal iemand anders voor. Soos skoolgeld subsudies, die betalende ouers dra die rekening en die staat gee nie eers 10% van die totaal terug nie. Nou my punt, Soweto skuld Eskom hoeveel? Munisipaliteite skuld hoeveel? Wie betaal hierdie rekening op die einde van die dag? Ja weer die getroue betalers. Wanneer gaan SA burgers eerlik met hulself wees en besef dat die nie ons reg is om alles verniet te kry nie!!

Frans Rootman ·

Munisipaliteite mag regtens nie geld leen sonder vooraf geleentheid aan inwoners om kommentaar daarop te lewer. As ESKOM verbruiker en ESKOM wat openbare onderneming is, dring ek aan dat wetgewing verander word om ESKOM te verhoed om geld te leen sonder publieke insette. Dieselfde geld staatswaarborge. Effektief is dit ‘n waarborg verskaf deur belastingbetalers. Beteken ons beloon ESKOM ten spyte van eie geskepte krisis en swak bestuur wat gelei het tot beurtkrag.

John ·

… en wanneer word die bonusse uitbetaal? Dit moet mos gewoonlik eerste geskied. Die bestuur maak my bang … dieselfde storie as voorheen, Wat het die banke laat instem? Of is hul met nasionalisering gedreig? Is dit hoekom die Absa-baas loop? As hierdie plan flop… is ons in ‘n erger plek as in ‘n beeste kraal. Is kerswas sleg vir ‘n selfoonlaaier?

Rina ·

Wat hulle nie sê nie, is dat daai lening van n bank in China.
Terugbetaling moet in 20 paaiemente oor 10 jaar geskied, wat Junie 2019 begin.
Indien paaiemente nie betaal word nie, sal die bank totale beheer van Eskom oorneem.

Gert J ·

Eskom ken nie van terugbetaal nie. Ons as verbruikers kan weer verhogings verwag. Eskom se huis is nie in orde nie. Hulle spandering aan top bestuur en hulle behoeftes moet regtig hoog wees????? So word SA verkoop stelselmatig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.