Eskom-loononderhandelings: Vakbonde debatteer aanbod

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Al die erkende vakbonde by Eskom het Dinsdag met die kragverskaffer vergader om die praatjies oor lone te hervat en ʼn nuwe aanbod van 4,7% te debatteer.

Die National Union of Mineworkers (NUM), National Union of Metalworkers of South Africa (NUMSA) en Solidariteit het in ʼn gesamentlike verklaring gesê hulle het met Eskom se bestuur vergader deur middel van die sentrale onderhandelingsforum.

“Eskom bied ʼn vierjaar-loonooreenkoms aan met ʼn gewaarborgde verhoging gelykstaande aan inflasie. Vir 2018 is die aanbod 4,7% en dan ʼn inflasie-gebaseerde verhoging elke jaar daarna vir die volgende vier jaar. Alle ander eise wat ingedien is bly onveranderd,” lui die verklaring.

“Eskom stel voor dat al die ander eise soos ʼn verhoging van behuisingstoelaag, betaling van prestasiebonusse ens. nie verbeter sal word nie en onveranderd gaan bly. Alle unies het die aanbod ontvang en debatteer dit. Ons sal ʼn gesamentlike antwoord aan Eskom verskaf Woensdagoggend wanneer die tweede ronde praatjies hervat.”

Die vakbonde wou nie kommentaar lewer oor hul reaksie op die aanbod voor hulle dit met Eskom bespreek het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Arie ·

Molefe en sy trawante verspeel biljoene rande en die werkers kry beswaarlik 4.5%.

Ek dink dit word nou by die dag duideliker wie die skirkimkels was wat met Eskom (ek bedoel die belastingbetaler) se geld wou wegloop en wie moet geregtiglik daarvoot verantwoording doen.

Werner ·

Hoop nie hulle klim in die pensioenfons in om die geld vir die verhogings te kry nie kan nie sien waar hulle dit anders gaan kry nie

kas ·

Dat die geld verkwis is,is ‘n feit wat nie geignoreer kan word nie maar dit is nie die werkers se skuld nie.Ek lees iewerd die staat wil nou pakette aan staatsamptenare bied wat sestig en ouer is.Waar gaan hulle die geld vandaan kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.