Eskom loop Skoor se sperdatum mis

(Argieffoto: GCIS)

Die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) moes Woensdag sy vergadering kanselleer om die Eskom-oorsigverslag te aanvaar, omdat die kragvoorsiener nie betyds die inligting ingedien het nie.

Mkhuleko Hlengwa, woordvoerder van Skoor, sê tydens die komitee se oorsigtelike besoek aan Eskom is verskeie vrae nie beantwoord nie. “Eskom het homself daartoe verbind dat alle vereiste inligting voor 29 April 2022 ingedien sal word.”

Eskom het egter eers Dinsdagaand (10 Mei 2022) die inligting ingedien, sonder enige verduideliking vir die vertraging, sê Hlengwa. “Die sperdatum van 29 April is gestel sodat die komitee ʼn week sou hê om homself vertroud te maak met die inligting en die oorsigverslag vandag afgehandel kon word.”

Hlengwa sê die komitee kan dus nie vandag voortgaan met die verslag nie, omdat die komitee eers die inligting moet nagaan. “Die komitee bly verbind daartoe om Eskom te help om sy uitdagings te oorkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Martin

Eskom het geld om te mors op strooi soos die foto van Eskom se customised feather flyer banner. Maar van krag stasies in stand hou en nuwe krag stasies bou weet hulle maar min…

Sarel

Volgens my het SKOOR geen ” Tande” om.op te tree nie daarom steur die mense hulle nie verl azn SKOOR nie.

Christine

Ek sal my nie steur aan SKOOR nie…. Hul verwagtende doeldatum was in elk geval bomenslik vir die inligting wat hulle wou hê. Wat kan hul i.e.g. vir Eskom doen?