Eskom ly reuseverlies  

Argieffoto: GCIS

Eskom het ʼn reuseverlies van R21 miljard in die boekjaar tot einde Maart gely.

Die kragvoorsiener se kontant uit bedrywighede het van amper R38 miljard na R33 miljard afgeneem en is nie voldoende om skuld te betaal nie. Die geld wat hy nodig het om rente op skuld te betaal het van R44 miljard tot R69 miljard toegeneem.

Phakamani Hadebe, uittredende uitvoerende hoof van Eskom, het gesê die kragvoorsiener kon R9,9 miljard se uitgawes spaar, maar dit is geabsorbeer deur koste-oorskryding om beurtkrag te beperk.

Daar is nagenoeg R6,4 miljard spandeer op diesel om krag op te wek en beurtkrag te verminder. Daar was in die boekjaar tot einde Maart volgens Eskom net 30 dae in totaal se beurtkrag en geen beurtkrag van 24 Maart af tot op hede nie.

Eskom se energiebeskikbaarheidsfaktor het van 78% tot 70% verswak en sy kragverkope het binnelands van 197 terawatt-uur tot 196 terawatt-uur afgeneem.

Munisipaliteite se agterstallige skuld aan Eskom beloop R20 miljard.

Eskom se skuld beloop meer as R440 miljard en die kragvoorsiener het gesê voortgesette regeringsondersteuning word benodig om likiditeit te bestuur.

Jabu Mabuza, voorsitter en tussentydse uitvoerende hoof van Eskom, het gesê die verlies vir die finansiële jaar is nie ʼn refleksie op Hadebe nie, maar eerder ʼn kombinasie van verskillende onvermydelike faktore.

“Die bestuur van Eskom is bedag daarop dat ons uitdagings nie in isolasie opgelos kan word nie en dat dit ook nie oornag opgelos kan word nie. Dit vereis ʼn vennootskapsbenadering van alle belanghebbendes waar moeilike keuses gemaak moet word om volhoubare sukses te behaal.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Wat n GROOT GEMORS !

Bataal

EKSDOM verstaan nou nog nie dat jy nie krag verniet kan opwek nie! Laat ALMAL BETAAL wat krag gebruik! EENVOUDIG!

Jerry

Raak ontslae van al die onregmatige botallige aanstellings en siedaar, onmiddellik is 60% van die probleem opgelos. Staak kragvoorsiening aan wanbetalende munisipaliteite en siedaar, nog 20% van die probleem opgelos. Hoe moeilik is dit dan nou om te begryp! Geen van die belanghebbendes moet Eskom help voordat bogenoemde reggestel word anders is dit maar weer “back to square one” oor n jaar of twee!

Boer

Dis NAG …..

Wet van Transvaal

Ons is net 2 mense in ñ klein 3 slaapkamer huisie bly in Pretoris, en ons rekening is gemiddeld R7500 per maand. Ek bak nie nie meer nie, kook met drukkoker en het al ons ligte vervang met LED 5 -10W. Geen verskil. Hulle steur hulle nie aan ons besware nie en is vinnig om af te sny. Betaal moet ons betaal!!!!