‘Eskom maak plan met kragonderbrekings’– Mabuza

Adjunkpresident David Mabuza (Foto: Motshwari Mofokeng, ANA)

Adjunkpresident David Mabuza het Donderdag in die parlement aangekondig dat Eskom ʼn duidelike instandhoudingsplan uiteengesit het om onverwagte kragonderbrekings te voorkom.

Mabuza het gesê die regering gaan Eskom ondersteun om die plan te implementeer sodat die kragvoorsiener hom weer van die grond af kan optel. Dit volg na Eskom die afgelope paar jaar beurtkrag moes implementeer omdat hy nie aan die toenemende vraag na krag kon voldoen nie. Munisipale skuld het boonop sedert verlede jaar skerp toegeneem.

“Eskom staan sentraal in die regering se planne om die ekonomie weer op die been te bring na die negatiewe impak wat die Covid-19-pandemie op ons het,” het Mabuza gesê.

Mabuza sê die plan fokus hoofsaaklik op die versterking van Eskom se leierskap-, bestuur- en aanspreeklikheidstelsels. Die kragvoorsiener se uitdagings ten opsigte van sy skuld en likwiditeit gaan ook dringend onder die loep geneem word.

Die plan fokus ook op die voltooiing van sy bouprogram ten einde bykomende energiekapasiteit te lewer en só ʼn bykomende vermoë tot sy kragnetwerk te voeg.

“Onder leiding van die nuwe uitvoerende hoof het Eskom begin om sy sleuteluitdagings te bowe te kom. Die kragvoorsiener het in die regte rigting begin beweeg en stabiliseer. Die kragvoorsiener het ’n nuwe aanvullende onderneming‑ en bedryfsmodel begin volg deur sake-afleweringsuitkomste, kernvaardighede en verbeterde organisasieprestasies te balanseer,” sê Mabuza.

Volgens Mabuza het Eskom ook sy inkomste- en skuldinvorderingsmaatreëls verbeter om sy bedrywighede te finansier en te verseker dat krag op ’n volhoubare grondslag gelewer word.

Mabuza sê daar was onlangs ondersoek by die kragvoorsiener ingestel om oortredings en bedrieglike aktiwiteite wat die kern van Eskom se bedrywighede sou beïnvloed, op te spoor.

Mabuza sê die stygende munisipale skuld hou ook ʼn ernstige risiko vir die kragvoorsiener se langtermyn‑ finansiële volhoubaarheid in en kan aansienlik tot sy likwiditeit bydra. Hy sê die huidige munisipale agterstallige skuld het op 31 Maart vanjaar R28 miljard beloop, wat ’n toename van R8,2 miljard sedert verlede jaar is.

“Alhoewel die elektrisiteitstelsel onder druk bly, is die regering vol vertroue dat Eskom die nodige maatreëls ingestel het om vir eers die ligte in Suid-Afrika aan te hou,” sê Mabuza.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Michael 1 ·

Dit is wat gebeur as die bes gekwalifiseerde persoon aangestel word in n pos .

JohanR ·

Waar kom die ou skielik vandaan? Het niks van hom gesien of gehoor in drie maande van Covid-19, en skielik hier is hy ons volgende President! Nog ‘n ANC wat soos Ace Magashule in die tronk behoort, maar ons weet by nou al ANC ‘s gaan nooit of baie selde tronk toe!

Kokerboom ·

Ek stem Michael1. Die regering moes eers teen hoë koste tot nadeel van man in straat basiese lesse leer. Andre en sy span kan en gaan die wa deur die drif trek om die eens trotse Eskom tot sy vorige glorie te verhef. Hy benodig ons ondersteuning maar dan moet Staat sy plek ken!

Sarel ·

Hoekom vat die Regering nie Munisipaliteite vas vir hulle wanbetslings nie. Hulle wil sien dat Eskom selfde pad as SAL loop. Heeltemaal vernietig. Politiek

Isabella ·

Wat verwag jy van ONBEVOEGDE persone in poste groot salarisse en geen dienslewering en korupsie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.