Eskom maak reg vir staking

Argieffoto

Die kragvoorsiener Eskom het gesê gebeurlikheidsplanne is gereed vir ʼn landwye protesaksie wat Donderdag deur sommige werkers beplan word.

NUM en Numsa het Dinsdag tydens ʼn gesamentlike mediakonferensie gesê hul lede sal Donderdag oor middagete aan landwye protesaksies deelneem.

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van Numsa, het aangedui dat die hoofprotesaksie Donderdag by Eskom Megawatt Park in Woodmead in Johannesburg gehou gaan word waaraan honderde lede gaan deelneem.

“Leiers van albei vakbonde sal by die betoging wees om die lede toe te spreek. Die protesaksie word van 10:00 tot 13:00 beplan, waartydens ʼn memorandum met griewe aan Eskom se bestuur oorhandig sal word,” het Hlubi-Majola gesê.

Die vakbonde se ontevredenheid volg nadat Eskom ʼn 0%-salarisverhoging vir werknemers aangebied het. Dit het daartoe gelei dat NUM, Numsa en Solidariteit elkeen afsonderlik ʼn dispuut met Eskom verklaar het.

Leiers van Numsa en NUM het gesê Eskom se verweer dat die kragreus in ʼn finansiële verknorsing is en daarom nie kan bekostig om salarisverhogings aan werknemers toe te staan nie, is nie ʼn aanvaarbare verskoning nie.

Die vakbonde het gesê hoewel ʼn hoë salarisrekening wel een van Eskom se uitdagings is, kan dié uitdaging nie voor die deur van die werkers gelê word wat die kleinste salarisse in die maatskappy verdien nie. Hulle eis ʼn verhoging van 15%.

Eskom het Woensdag gesê kragstasies funksioneer steeds optimaal ingevolge gebeurlikheidsplanne om die uitwerking van enkele werkers wat reeds staak, te versag.

“Eskom se kragstasies en ander noodsaaklike geriewe funksioneer steeds optimaal in ooreenstemming met gebeurlikheidsmaatreëls om kragtoevoer te verseker tydens hierdie tydperk waarin enkele werkers staak – die staking word nié deur vakbonde gelei nie,” het Eskom gesê.

Die kragvoorsiener het toegegee daar was Woensdag enkele gevalle waar betogers ingange van hul kragstasies versper het. “Dié gevalle is egter stopgesit deur lede van die polisie se eenheid vir openbare orde,” het Eskom gesê en bygevoeg dat die situasie op dié plekke gespanne maar stabiel is.”

Phakamani Hadebe, uitvoerende hoof van Eskom, het Woensdag tydens ʼn nuuskonferensie in Megawatt Park gesê senior bestuur van die maatskappy het reeds opofferings gemaak en daar sal geen bonusse, verhogings of nuwe aanstellings wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy wegspring deur al jou bates te verkoop sodat die “boeke goed lyk” en almal reuse “prestasie bonusse” kry……en dan laat jy alles verval tot by kritiese vlak….en dan betaal jy die een na die ander CEO “mega salarisse, bonusse en byvoordele”, en dan begin jy jou kliënte smeek om MINDER van jou produk te koop, en jy vervierdubbel die prys in 5 jaar………..dan kom jy uiteindelik by hierdie punt uit. Ek haat dit om te sê “I told you so” but…….I told you so!!

Vryheid ·

Daar is honderde duisende mense wat nie betaal vir krag nie om nie eers te praat van die onwettige krag aansluitings nie. Daar word niks aan gedoen nie maar hier op die plaas was my Eskom rekening agter stalling vir twee maande toe kom sny Eskom die krag af. By ons township waar die werksmense woon betaal bitter min mense vir krag en was nog nooit afgeskakel nie. Die soort ding sal Eskom se einde beteken.

Pietsepan ·

Dis hoe dit in ‘n land gaan waar almal topsalarisse verdien, nie hulle werk doen nie, want hulle weet nie hoe nie en dan raadgewers ten duurste huur om hulle werk te doen. Die mees fundamentele verantwoordelikheid om te sorg dat jou skuld ingevorder word, word versuim. Raak van al die onbevoegde werknemers ontslae en verkoop Eskom aan bevoegde mense.

anna ·

pieta hulle raak mos onrslae van onbevoegde werkers wanneer hulle die wit 55+jariges aanklae vir oortredings way hulle nie gepleeg het nie en hulle fire. dan se ccma die werkgewer het die reg om die werknemer (wat bv glad nie leer gebruik nie) te fire vir die leer wat in die middel van n werkswinkel wat hy nie gebruik nie, staan. dan is die gesonde bevoegde n pa moes se loopbaan verby want wie gaan hulle weer in diens neem?

Wurmpie ·

Nou weet ons hoekom dit so gaan by Eskom. Etenstyd van 10 tot13.00. Lekker man lekker

Peet van Breda ·

Eskom het sy eie bed opgemaak. Eskom se versuim om stappe te neem direk na wan betalings het munisipaliteite laks gemaak om hul krag skuld te betaal en steeds in wanbetaling verval. Sommige munisipaliteite was vir jare agterstallig voor straf maatreels soos beurt krag ens toegepas was. Jammer vir julle …….maar betaal jul werkers volgens jul vergoeding aan jul bestuurs lede.

Anoniem ·

Ek het simpatie met die werkers. Die manne hoog op kry derduisende terwyl die man op die vloer peanuts kry en dit is nie net eskom nie maar orals. Ek was in bestuur by een van ons land se grootste drukkers en die salarisse wat betaal word tans is minder as wat die mense gekry het 2010 hoe verklaar jy dit. Gaan kyk as jy google vir ambagsmanne soos fitters hulle begin salaris is tussen 70 tot 140 rand per uur dit is salarisse van 8 tot 10 jaar gelede. Die werkersklas vanaf skoonmaaker tot op ambagsman vlak is almal onderbetaald. Jy betaal n fitter se R140 per uur x 40 ure ,gee hom ongeveer R21000.00 per maand. Dan betaal hy belasting, pensioen ,bargaining fees,uif en medies dan vat hy se R14000 nou betaal hy R7500 vir sy huis of woonstel dan betaal hy sy motorR4000 waarmee koop hy kos klere betaal skoolgelde brandstof ensovoorts. Staak man le die land lam dit is nou jammer maar die rykes moet voel hoe voel ons wat peanuts gevoer word.

De Villiers ·

Daar is dan onlangs bevind dat daar 15 000 te veel werknemers by Eskom aangestel is wat elkeen gemiddeld R50 000/maand verdien, dus R800 miljoen/maand wat aan hulle uitbetaal word. Blykbaar is Eskom steeds besig om nog aanstellings te maak. Wanneer begin Eskom daaraan sny, want dit sal vir almal verligting wees en dié tipe stakings voorkom?

Renperd ·

De Villiers waar lees jy hierdie snert? 15000 werkers@R50000/pm! Nee man jy yl. Ek het gedink Solidariteit sal meer verantwoordelik optree. Sies!!

werklik ·

jy is so reg. maar n manager wie niemand onder hom het nie kry n r400+ per uur en n kar toelaag, huistoelaag, gesubsideerde medies en pensioen. waarvoor? hy is net daar om n stoel in die boardroom vol te sit en n wit !ens uit n werk te hou. en het jy gesien witmense verdwyn uir die werkskorps sodra hulle 55 is.

Tuanet ·

Hierdie is so ‘n groot “jok”-storie. Die staking is ERG en werkers se lewens word gedreig wanneer hulle probeer ingaan. Ander werkers wat op die kragstasies was, kon nie uitkom nie. Polisie het dit nie onder orde nie, want niemand kan die hekke binnegaan nie, en baie van die kragstasies se “unit’s” is af. Hulle probeer alweer heuning oor die mond smeer, maar in wertlikheid is daar ‘n kriesis.

Absurd ·

Waar in jou lewe het jy al gehoor dat daar in hierdie dae en tye aan ‘n 15% verhoging gehoor gegee kan word. Hierdie voornemende “stakers” moet wake up and smell the coffee. Hulle behoort mos te weet daar is finansiële ongeruimdhede by Eskom wat bydra tot die finansiële verknorsing. Ongelukkig kan ‘n mens nie bloed uit ‘n klip tap nie. ‘n Regverdige verhoging sal, met inagneming van die huidige ekonomiese toestand waarin die land hom bevind, nie meer as inflasie kan wees nie. Dis ‘n regverdige versoek. Daar moet gekyk word na die vermorsing van geld by Eskom en die uitbetaling van bonuses in die verlede wat daartoe bygedra het. Om te staak omdat jy nie ‘n 15% verhoging kry nie, is absurd.

Jannie ·

Die verknorsing waarin eskom hom bevind is te danke aan swak bestuur, so bestuur verdien nie ń verhoging nie en hulle gaan in elk geval die grootste hap van die verhoging opeet.
Gee aan die werkers ń verhoging hulle was nie verantwoordelik vir die swak besluite wat bestuur geneem het nie.
Met hierdie houding van eskom gaan werkers nooit weer ń verhoging kry nie want dinge gaan nooit verander nie.

Jannie ·

O ja gaan kyk wie het bonuse gekry en verhaal dit van daardie persone want dit is duidelik dat dit op ń misleidende manier bekom is.
As bonuse verdien was het die prentjie by eskom anders gelyk vandag.

KP ·

Elke Eskom werker wat n sogenaamde winsdeling bonus gekry het het eintlik net gedeel in staatskaping. Daar is aan werkers tussen een en twee keer sy maandelikse bruto selaris uitbetaal dan kry hulle nog n jaarlikse 13de tjek ook. Werk uit as hierdie bonusse gedeel word deur n jaar se selaris dan het hierdie werkers alreeds seker n 30%+ verhoging gekry. Eskom het sy werkers bederf nou sit hulle met die gevolg.

Nicolene ·

ons plaas is oorkant matla kragstasie. Sake staan so: Jy ry deur staking om dorp toe te gaan…veilig. Kom terug en n hmmmmmmm jongeling sal gedrink na jou kar mik met n panga. Jys nie deel van werkerskorps, jy wil net indraai by jou plaas en ja……kyk ek kwaad oor mense wat kwaad word vir een kwessie en grond en onskuldiges loop deur en ja dit geld sommer vir die onskuldiges wat nie aan jou Unie behoort nie. Staak voor bestuur se deure nie voor grond wat jy as jou parkering en bullishoop en toilet gebruik en aan brand wil steek nie….en dan my sommer dreig met jou panga en agterna hardloop naaaa ek wys ek gaan indraai…ekskuus julle ek voel bietjie beter

WB ·

As al die munisipaliteite hulle rekeninge by Eskom betaal sal daar geld wees vir salarisverhogings en bonusse. Hoekom word daar nie opgetree teen die munisipaliteite nie nou moet die arme Eskom werknemers boet vir die gemors.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.