Eskom maan verbruikers om krag spaarsamig te gebruik

Argieffoto

Argieffoto

Eskom het Woensdag gesê die land se kragnetwerk is onder druk, maar stabiel en dat die aanvraag na elektrisiteit die aand weens die koue en nat weerstoestande na verwagting gaan toeneem.

Die kragvoorsiener het in ʼn verklaring gesê dié neiging gaan die res van die week voortduur.

Eskom het daarom ʼn beroep op alle verbruikers gedoen om elektrisiteit ten alle tye spaarsamig te gebruik, veral in spitstye in die aande tussen 18:00 en 22:00.

“Bespaar krag deur swembadpompe, warmwatertoestelle, lugverkoeling en onnodige ligte en toestelle af te skakel om te help om die druk op die nasionale kragnetwerk te verminder,” lui die verklaring.

Volgens die verklaring doen Eskom alles in sy vermoë om te verhoed dat beurtkrag toegepas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nina ·

ESKOM! Wat van JULLE hou op miljoene rande se krag afskryf in SOWETO, dit mahala weggee in plakkerskampe, teen so te sê niks weggee vir buurlande terwyl ons ten duurste vir ALLES moet betaal? Breindood wetters.

Gerhard Bezuidenhout ·

Al Eskom se probleme kan vierkantig voor die deur van hul Bestuur gele word. Vetkatte wat net na hul eie sakke kyk en die volle aandag is nie op hul werk gevestig nie. Hul aleweige gekerm oor kragbesparing is n skande .Indien hulle hul werk behoorlik doen sal sulke versoeke nie nodig wees nie.

Eben ·

Sny eers Zim se krag af dan sal ek … wag laat ek die swembadpomp gaan aanskakel!

scalla ·

Ek sal nie, onbevoeg, kan nie eers bestaande strukrure in stand hou nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.