Eskom mag miljarde rande van verbruikers verhaal

(Foto: pixabay)

Eskom het pas vergunning gekry om byna R13,3 miljard van verbruikers te verhaal.

Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het Eskom toestemming gegee om dié geld vir die 2018-’19-boekjaar van sy plaaslike en internasionale kliënte te verhaal.

Die verhaling is bykomend tot die jaarlikse elektrisiteitsverhoging.

ʼn Plan vir die inwerkingstelling van die invorderingsbalans moet nog goedgekeur word.

Nersa sê hy boekstaaf dat sekere bestuurspraktyke by Eskom in die slag gebly het en dat die omvang daarvan nog nie heeltemal bepaal is nie.

“Nadat enige ondersoeke deur regeringsinstellings of kommissies na dié bestuursprobleme afgehandel en die hoeveelheid daarvan bepaal is, kan die energiereguleerder in toekomstige Eskom-aansoeke aanpassings aan Eskom se inkomste maak, afhangende van die uitslag van só ʼn ondersoek,” het Nersa gesê.

Eskom het in Augustus verlede jaar toestemming gevra om meer as R27 miljard in te vorder. Nersa het dié aansoek in oorleg met die bepalings van die vierde veeljarige prysvasstelling (MYPD4) oorweeg. Ná verskeie vergaderings met Eskom is ʼn gewysigde aansoek in November ingedien.

Eskom se aansoek word oorweeg deur te kyk na die kragvoorsiener se toegelate inkomste en uitgawes en dit op te weeg teen sy werklike inkomste en uitgawes, asook die aanpassings wat vir prestasieaansporings gemaak is.

Nersa sê hy het die besluit geneem nie net op grond van Eskom se belange nie, maar ook dié van die publiek.

Nersa sê hy sal redes vir dié besluit voorsien nadat daar aan die nodige bepalings, wat die vertroulikheid van sommige inligting insluit, voldoen is. Dit sal mettertyd op Nersa se webwerf geplaas word.

Eskom steier onder skuld van nagenoeg R450 miljard en moes die afgelope paar jaar talle kere bakhand by die regering staan vir reddingsboeie om die ligte aan te hou. André de Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, het vroeër gesê daar is sowat ʼn dekade lank nie behoorlike instandhouding aan die netwerk gedoen nie.

De Ruyter sê Eskom het die landwye staat van afsondering gebruik om korttermyn-instandhoudingswerk te doen – tóg kan die moontlikheid van beurtkrag dié winter steeds nie uitgeskakel word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

SomeOne ·

en nou moet ons as verbruiker die las dra vir 10 jaar se nie instandhouding deur die c anc er

Plaaskind ·

die mense kan mos nie vir mens laat betaal vir iets waarvoor jy alreeds klaar te veel betaal het nie. stssssk.

Maryna ·

O ja, hulle kan… daar is nog nie ‘n laagtepunt in hulle “regeringstyl” bereik nie. Dis of hulle elke keer se – hou vas my hoed en check my nou……

PH ·

Hoekom moet ek verantwoodelik gehou word vir die nalatigheid van ander ?

Jack ·

Jy word nie verantwoordelik gehou nie, jy moet net daarvoor boet.

Deon ·

Waarvoor moet hulle prestasie aansporings betaal? En waarom moet die publiek daarvoor betaal? Betaal Soweto se mense al hul rekeninge?

Se maar net ·

Gaan haal eers die agterstallige bedrae uit Soweto wat miljoene aan Eskom skuld vir hulle gratis krag al die jare. Waarom moet ons betaal vir wanbestuur en nalatigheid? Of is dit nou vir die “gratis” krag wat hulle nou so uitdeel? Eskom kan gerus hulle “Board of Directors” en top bestuur ‘n salaris vermindering gee en die geld vat en gebruik vir hulle tekortkominge maar nee dit is mos makliker om te se betaal meer.

Niklaas ·

Eskom moet sommer dadelik begin met uitstaande betalings van Soweto inwoners en hul top direkteure se salaris vermindering. Dit sal sommer puik wegspring wees.

Lizanda ·

Sterkte Eskom, dit wys weereens hoe belaglik die regering is, in ‘n land waar daar nie eers geld is vir brood nie wil hulle miljarde rande verhaal, whaaaaa !!!!

Pandora ·

ESKOM kan nie eers hul huidige rekeninge bestuur nie.
Hulle weet nie wie die eienaars van die rekeninge is nie.
In die maatskappy vir wie ek werk, ontvang ek maandeliks eposse van ESKOM vir rekeninge wat nie aan ons behoort nie, en ek moes wel vir 5 jaar veg vir 2 rekeninge waarvan hulle die meters verkeerd lees en ons hulle op elke rekening op die ou end by die R200000 geskuld het.
Boonop word geen elektrisiteitsrekening in Soweto verhaal nie – dus, begin by die Soweto verbruikers en los ons verbruikers wat wel getrou betaal uit!

Sarel ·

1. ” Skuld invorder???? Daar word gedurig geptaat oor skuld aan Eskom maar eat dien die Parlement om Staatsinstling se skuld te dekg asook Staatsamptenare.
Kan die Opposissie vir ons vasstel of glo julle ook die voos verbruiker moet die las dra.

Alta ·

Wat ons waar die geld gaan kry. Hulle kan nie bloed uit ‘n klip tap nie.

Paul ·

Nou moet verbruikers betaal vir die ANC kaders se diefstal en korrupsie!!

Stefan ·

Solar mense, Solar.
Op die ou end voorsien hulle net soweto en ander nie betalendes!
Hierdie verhogings maak geen besigheidssin nie, hulle jaar die getroue betalers van hul netwerk af na alternatiewe energie bronne.

AndréS ·

Hulle gaan dit so duur maak dat sonkrag bekostigbaar gaan word en dan kan hulle gaan vlieg!

Johanncb ·

Hopelik is hierdie “invordering” bedoel vir agterstallige dienste gelewer, en níé wéér ‘n verhoging op ‘n verhoging nie! Ons is vuisvoos, Eskom! Lewer asseblief diens, nie hofsake om julle swak inbors uit te beklemtoon nie!

Marthinus Johannes ·

Die gehoorsame betalers gaan nou betaal vir al daardie skelm wetters wat wyer om te betaal en nie van plan is om te betaal nie. Al die jare het Nersa Eskom geblok met hul massiewe verhogings, nou dat die land in sy hel in is en almal sukkel met geld nou word hulle toestemming gegee om al die agterstallige te verhaal van ons wat wel betaal. Tweegesig en agterbaks is die regering. Tyd vir ANC must fall.

Anel ·

My geld is goed genoeg vir hulle om skuld te delg en om vir ander verniet te gee, maar sodra ek nie meer het om te gee nie en hulp vra word vir my gesê my velkleur is verkeerd. So Eskom, gaan siek maar julle verhogings in Soweto want ek het nie om meer te gee nie!!!

Marius ·

Sommer net so , een – twee en daar is die krag NOG duurder . Die volk moet nou betaal vir die regering se foute en diefstal . Lekker , hier moet ek bly in die sirkus want hier gaan dit nog lekker word . WHAAAA .Rooi neus bende in pakke .

Fedup ·

I am flabbergasted. How in this unfortunate hell do they think we can afford this ridiculous hike. We can barely survive now.
When plunder becomes a way of life for a group of people in a society, over the course of time they create for themselves a legal system that authorizes it and a moral code that glorifies it. The anc and their small asian friends can pay up. We as citizens cannot and won’t. Finish and klar.

Frans ·

Al wat Eskom gaan doen is om elektrisiteitstariewe te verhoog waarteen hul krag aan grootmaataankopers soos bv Metros,verkoop.Die lot gaan dit dan met hulle %verhoog en dit gaan op jou rekening verskyn waar die verbruik teen die nuwe verhoogde tariewe bereken word.

Daar is reeds ongeveer 200 bestuurders wat meer as R1.5 miljoen rand per jaar verdien en tjank op dat hul nie verhoging kry nie.Ek se laat hul tjank sny hul salarisse met R 300 000 elke Die R60 mijoen besparing sal ‘n stap in die regte rigting wees.
Fire hulle as hul meer tjank.Ek is seker daar is genoeg bekwame mense,wat te bly sal wees om teen minder as die helfte van hul salaris,hul joppies oor te neem.

gatgogga ·

O, daar is duisende bekwame mense wat beter sal werk. Maar hulle is wit.

Anon ·

Verhaal dit gerus van die menigtes wat alles gratis wil hê.

Cleopatra69 ·

Hoekom kyk eskom nie waar al die onwettige verbindings is nie. Hulle weer waar dit is

J ·

Maklik!

Konfiskeer al die uitspattige duur karre en huise van AL die amptenare en politici wat salarisse ontvang het tydens die GROOT DIEFSTAL van Eskom (belastingbetaler) se geld!

Hulle was BETAAL om toesig te hou en is medepligtig!!!

Jerry ·

Solar begin al meer sin maak. Eskom gaan binnekort van al sy getroue betalers ontslae wees dan kan die staat verder vir die massas betaal

Eerlik ·

Sê eerder, meer as twee dekades lank geen onderhoud gedoen nie. Nou betaal ons die prys!!

Willem ·

Na die belaglike inperking wil ek graag sien ny wie hulle die geld gaan kry

christo ·

hulle hoed nie verder as die townships te soek nie.eskom was gebou as n cash cow om geld in die land te bring maar ons wat betaal vir dienste moet meer betaal maar as jy verby die townships ry sien jy talle onwettige konneksies.as hulle dit stop dan sal daar geld inkom.is nie rocketscience nie

Riaan ·

Dit is geen probleem nie Eskom. Begin asb insamel by Soweto, Zimbabwe, Swaziland en Lesotho. Selfs die hoofstroom media het berig oor die wanbetaling wat al vir jare aangaan.

koos10 ·

Eskom en Andre de Ruiter, slegs 2 vrae:
1. Het Brain Molofe al die R30mil terug betaal?
2. Het julle al ‘n kriminele klag gelê oor die korupsie soos vereis word deur verskeie wette in SA, of wag julle maar ook vir die tantlose Zondo kommissie.
Wys vir ons julle is ernstig oor julle finansies dan praat ons weer, of julle gedink ons gaan vergeet?
Ek is gatvol dat my geld gebruik word om die regering se beloftes tot stand te laat kom!
Hoeveel geld het julle al by die regering gekry? Ek wil weet want ek wil berekeninge doen om te bepaal hoeveel daarvan het ek betaal, om te kan bepaal hoeveel krag julle aan my skuld.

Nico ·

Waar is die geskoolde vakmanne heen almal afbetaal omrede die regstellende aksies, kyk wat gaan nou aan het nie meer die nodige kennis en vaardigheid nie.

J ·

Dis die ANC se plan van HERVERDELING van die Wittes se rykdom … !

Eskom is net gebruik as ROOKSKERM vir die ANC se groot diefstal van Wittes se geld … vir ANC kaders.

Daarsonder sou die ANC laaaankal uitgestem gewees het.

In hierdie banana republiek eis die kiesers geld (elektrisiteit, huise, water, toelaes ens.) vir hulle stem in die verkiesings.

Nou dat die GELD klaar is … ..?

Amatambo ·

Ek – 86-jarige Transnet pensioenaris wat heelwat minder as R5000 per maand kry moet minstens R1000 per maand opdok om my yskas, stoof en ligte aan die gang te nou. En ja, selfs wanneer mens bv. ‘n gasstofie kry om op te kook, moet daar nogtans vir gas betaal word…

Mieke ·

Onthou wat CR gesê het…. things are going to be very different after the lockdown…. Job losses etc?

Jack ·

Eskom mag, maar kan hulle? Hoe gaan hulle dit afdwing? Mense wat reeds betaal het aankla en in die tronk gooi. Na covid gaan baie van die sakegebruikers dalk nie meer bestaan nie. Indien Eskom ondernemongs wat no bestaan wil dwing gaan die gedwingdes dalk vou.

Mens kan nie jare se wanbestuur met dwingelandy probeer reg moker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.