Eskom mag miljoene van verbruikers begin invorder

(Foto: pixabay)

Eskom mag begin om die R69 miljard van verbruikers in te vorder wat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) vroeër verkeerdelik by sy berekeninge oor Eskom se toegelate kragverhogings ingesluit het.

Die sukkelende kragvoorsiener het die beslissing verwelkom en sê dit gaan hom toelaat om in ʼn posisie te kom waar hy meer selfonderhoudend kan word, koste kan insamel en sy afhanklikheid van die staat vir verdere reddingsboeie kan verminder.

“Die uitspraak is uiters bemoedigend. Dit bou vertroue in die regulatoriese stelsel in die land deur te verseker daar word aan Nersa se metodologie voldoen. Die uitspraak gaan Eskom help om ʼn meer volhoubare finansiële pad vorentoe uit te stippel,” het Calib Cassim, Eskom se finansiële hoof, gesê.

Eskom het gesê hy sal saam met Nersa werk om die hofbevel in werking te stel.

Volgens Eskom sal “spesiale oorweging” aan sekere kwesbare gedeeltes van die ekonomie, arm huishoudelike verbruikers en sekere nywerheidsektore gegee word wanneer die geld ingevorder word.

Nersa het in reaksie gesê hy neem “met ernstige kommer” kennis van die uitspraak.

Die reguleerder voer aan die uitspraak het veel verder gegaan as Nersa se toegewing oor prosedurele onbillikheid en die onsuksesvolle beraadslagings tussen Nersa en Eskom deur uitspraak te lewer oor die vierde veeljarige prysvasstelling (MYPD4).

“Die saak was nie net ʼn kwessie tussen Eskom en Nersa nie, maar eerder ʼn geval van Eskom teen die Suid-Afrikaanse ekonomie en kragverbruikers,” het Nersa gesê.

Die reguleerder sê indien die uitspraak nie betwis word nie, gaan dit nie net die bedryf ontwrig nie, maar verdere ekonomiese herstel onderdruk, gegewe die huidige bedreiging wat die land se ekonomie in die gesig staar.

Die R69 miljard was ʼn reddingsboei wat die staat vroeër aan die sukkelende kragvoorsiener gegee het om sy enorme skuld te help delg. R23 miljard moet elke jaar oor ʼn driejaartydperk uitbetaal word. Nersa het die geld verkeerdelik by sy berekeninge oor Eskom se kragtariewe ingesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

AndréS ·

Nou gaan dit begin bekostigbaar word om sonpanele te installeer

Johann ·

Ja ek stem Ironies is dit jou mense wat nou betaal vir krag wat juis sal kan bele in sonpanele, wind laaier en ‘n gas stoof En die wat nie betaal nie gaan maar net nie betaal nie

Snowball ·

Betaal tans R1000 vir 461 eenhede krag. Wonder wat gaan dit word na dese? Betalende verbruikers word absoluut uitgebuit en nog steeds blootgestel aan ‘load shedding ‘. Ons betaal vir korrupsie, wanbestuur en sosialistiese ideologië.

Riana ·

Ja maar hulle gaan jou seker tax daar op, want jy moet mos alles registreer by hulle sodat hulle jou kan charge vir diens wat hulle nie kan lewer nie

Sobymykoolkop ·

Jip Archie, ek ry ń groen mercedes, gaan nou net ń rooie ry. Hulle sê in effek dat al samel hulle hoeveel in gaan hulle steeds reddingsboeie van die staat vra, natuurlik om astronomies bonusse te betaal vir die ” harde ” werk.

Adam Adriaan ·

Hoop hulle begin by Soweto waar daar nie betaal word vir krag nie. Sal seker begin by die mense wat voorafbetaalde krag koop. Ry die ou donkie tot op sy knieë. Dit is soos die ou boer wat sy donkie geleer het om al minder te eet. Toe die donkie geleer het om niks meer te eet nie, het hy gevrek. So sal dit ook gaan met Eskom en die regering.

amapinki ·

Nee, hulle sal nie, want “volgens Eskom sal “spesiale oorweging” aan sekere kwesbare gedeeltes van die ekonomie, arm huishoudelike verbruikers en sekere nywerheidsektore gegee word wanneer die geld ingevorder word.”☹

Willem ·

As daar vir volgende 20 jaar geen beurtkrag of enige so iets is nie kan ons dit dalk oorweeg om te betaal

Fedup ·

And as usual we, the consumers, have to pay for mistakes.
Wonder if maths will always be hard to understand?

Riana ·

Hi can suggest a Tutor…. He does online Math training….. But not sure that would help!

Snowball ·

Wat ‘n siek grap! Hoe meer gewone verbruikers betaal, hoe minder betroubaar word Eskom. Die “arm huishoudelike verbruikers” vermenigvuldig by die dag en die betalendes se getalle krimp, so HOE gaan dié rekening ooit balanseer? Sonpanele begin inderdaad goedkoper lyk as dié gekspul.

Persheks Adri ·

“arm huishoudelike verbruikers” met ander woorde our people!

Kokerboom ·

Die Regspleging asook Staat is besig om die middelman/middelklas (die kern van die ekonomie en die melkkoei van die staat) totaal uit te roei . Dit is waaragtig NOU tyd dat die belastingbetaler saam staan om die verskerpte aanval af te weer van die korrupte munisipaliteite asook onversadigbare lus van ‘n Eskom

Pampoen ·

Volgende keer as Eskom ”n beroep doen op die verbruikers” om krag te bespaar, moet julle net onthou ons is nie meer julle buddies nie. Julle het nou ons samewerking verloor.

Marius ·

Weereens n bewys dat die gedeelte van die volk wat wel betaal vir krag nog meer deer die ore gewerk word om die kriminele se bonus te betaal aan die einde van die jaar . Eskom is useless .

Yolandie ·

“Volgens Eskom sal “spesiale oorweging” aan sekere kwesbare gedeeltes van die ekonomie, arm huishoudelike verbruikers en sekere nywerheidsektore gegee word” MAW Jan wit man moet betaal terwyl die onwettige aansluitings en die “minderbevoorregtes steeds gratis krag ontvang. Betaal betaal betaal is al wat mens hoor……… Tyd dat alle staatinstansies insolvent verklaar word en onder die regering se gat uitverkoop word. Miskien sal daar dan bekwame mense in beheer kom wat hulle werk sal doen en ‘n diens sal lewer.

Miskruier ·

Kom haal jul 2km hoogspannings draad af, ek soek my grond terug. 40 jaar sonder n sent se betaling is genoeg.

Esta ·

Ek koop pre-paid en dit het al reeds met 30% opgegaan, m.a.w ek betaal mos nou my deel alhoewel ek minder units kry

4ntj13 ·

Tyd die Eskom-monopolie word verbreek. Nersa was nog nooit ʼn liggaam wat met die openbare belang vertrou kon word nie. Maar duidelik is (sommige) howe selfs erger!

capie ·

Ook maar net ‘n verskansde verhoging om op te maak vir die regstellende aksie korrupsie. Dit maak net die “regulator” mooi lyk.

Frans ·

Hierdie is nou seker die domste hofuitspraak in ‘n lang tyd,Die R69 miljard kom uit die staatskas .Die inkomste kom hoofsaaklik uit Inkomste belasting,BTW en korporatiewe belasting. As die Staat nie die R69 miljard geleen het nie,dan is die die genoemde belastingbronne wat gebruik is om die geld aan Eskom te voorsien.
Nou hoekom moet die belastingbelaters nou weer betaal aan dit wat tog oorspronklik hul geld was wat die Staat aan Eskom geleen het.

J ·

Eskom is net ‘n front wat voorgehou word waar agter SOWETO die staatskas leeg MELK deur elektrisiteit te gebruik sonder om daarvoor te betaal …. reeds vir DEKADES!

Chris ·

Ek verwonder my telkemale oor sulke berigte/nuus. Ek wonder net waar het dit met my in die lewe skeefgeloop. My logika sê vir my hoe kan jy meer vir ‘n produk vra waar daar ‘n groot genoeg aanvraag is maar jy produseer minder. Wil jy die produk so eksklusief maak dat net begunstigdes dit kan bekostig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.