‘Eskom-man’ jaag glo oor beurtkrag

Argieffoto

Die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD) het vier motoriste, onder wie ʼn Eskom-werknemer, vir spoedoortredings in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, EMPD-woordvoerder, het gesê die vier motoriste is Sondag tussen 05:00 en 11:00 op die N3-suid tussen die Geldenhuys-wisselaar en die Rand Lughawe-afrit in hegtenis geneem.

Volgens Kgasago is ʼn 29-jarige man in ʼn Mazda 3 teen 173 km/h vasgetrek. Hy het aangevoer hy is laat vir werk. ʼn 31-jarige man in ʼn BMW is kort daarna teen 169 km/h vasgetrek. Die man het ʼn vrou en drie kinders by hom in die motor gehad. Hy het gesê hy is op pad Durban toe.

ʼn 28-jarige vrou is in ʼn Hyundai i20 teen 164 km/h vasgetrek en het ook beweer sy is laat vir werk. Volgens Kgasago het ʼn 47-jarige man in ʼn Toyota Fortuner aangevoer hy is ʼn Eskom-werknemer en dat hy met beurtkragkwessies besig was toe hy teen 162 km/h vasgetrek is.

Al vier motoriste is by die Germiston-polisiestasie aangekla en sal binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

SjN ·

Die Eskom persoon was seker soos gewoonlik altyd n halfuur laat, hy moes jaag om die krag af te skakel omrede hul nie bevoeg is om dit reg te bestuur nie.

Hansie Slim ·

Jaag hy weg van die beurtkrag??
Help nie..jou beurt is jou!!
Bull!!!

Hendrik ·

Julle ouens gee hom kans! Hierdie is belangrike sake , miskien moet hy ‘n blou lig eskort kry!

ne ·

Almal wat jaag het ‘n verskoning reg. Maar as daar ‘n ongeluk gebeur is hulle die onskuld self. Hoop die boetes word REGVERDIG uitgedeel, nie volgens ras nie.

leser ·

die arme ma in sy bmw was sekerlik saterdag aand uit met vriende, sondag oggend by die huis gekom, rusie met die vrou opgetel omdat die bmw nog nie klaar gepak is nie, toe bietjie voet in die hoek gesit het om betyds die sleutel vir die verblyf in durban te kry en ooo weee, daar begin sy vakansie in die polisie stasie, mooi man
wat ‘n lekker vakansie

Maljan ·

Aangesien sie eskom man mwetbeurtkragbesigheid besif was, smyr hom in die tjoekie sonder n verhoor

Adri ·

173 is nogal deksels goed vir ‘n Mazda 3! Wil gedoen wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.