Eskom mik vir vier weke sonder beurtkrag

Argieffoto (Pixabay)

Argieffoto (Pixabay)

Eskom het Sondag gesê hy hoop om op dié dag ʼn vierde week sonder beurtkrag af te skop.

“Eskom voorsien nie dat dit nodig sal wees om vandag [Sondag] beurtkrag toe te pas nie aangesien die kragnetwerk tans stabiel is,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê. “Die kragnetwerk is egter steeds kwesbaar. Enige ekstra lading of foute in die stelsel kan dus daartoe lei dat beurtkrag toegepas sal word.”

Eskom kon die afgelope drie weke daarin slaag om ten volle in die land se elektrisiteitsbehoefte te voorsien, wat beteken dat daar reeds 21 dae sonder beurtkrag verloop het.

“Ons doen ʼn beroep op gebruikers om hul elektrisiteitsgebruik dwarsdeur die dag te verminder, maar wees veral spaarsamig tydens spitstye van 06:00 tot 10:00 en 17:00 tot 21:00,” het Eskom gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Mmm… Stilte voor die storm of wat? Ek vertrou dit net mooi niks!

Johann Marx ·

Nou kry die top bestuur (wat nie weet hoe ‘n kragstasie werk nie) seker weer prestasie bonuses van etlike miljoene Rande?

Pendoring ·

Hier’s een vir Eksdom – probeer 4 dekades. Julle wil tog nou nie slegter wees as die Apartheids regime nie? Hulle het dit reggekry.

Johannes Meintjes ·

Mens wil nie houtgerus raak en dan in September skierlik sonder krag en water sit so tussen al die agendas wat tans oral afspeel nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.