Eskom: Miljarde in die water

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het Maandag bekend gemaak hy het ʼn nettoverlies van R2,3 miljard die afgelope geldjaar gely vergeleke sy R900 miljoen wins in 2017.

Jabu Mabuza, Eskom se voorsitter sedert Januarie vanjaar, het ook gesê R19 miljard is sedert 2012 onregmatig bestee. Mabuza het die maatskappy se finansiële uitslae vir die geldjaar, wat op 31 Maart geëindig het, in Johannesburg bekend gemaak.

Mabuza het gesê die maatskappy fokus steeds daarop om ondersoeke van geskorste bestuurders af te handel wat ook die korporatiewe bestuur sal verbeter.

“Ek glo die optrede in ʼn relatiewe kort tydjie teen diegene wat sleutelrolle in die kritieke bestuursoorsigte gespeel het, dui aan hoe ernstig ons is om korrupsie en onreëlmatighede uit te wis,” het Mabuza tydens die geleentheid gesê.

“Ons sal voortgaan om teen diegene wat by onreëlmatighede betrokke is, op te tree. Ons is vasbeslote om die maatskappy van korrupsie in al sy vorme te reinig.”

Mabuza het gesê hoewel Eskom ʼn stormagtige jaar beleef het, was dit nie te wyte aan bedryfskwessies nie en het kragvoorsiening nietemin ʼn stewige prestasie gelewer.

Hy het erken Eskom het ʼn geruime tyd gebuk gegaan onder “die afwesigheid van etiese leierskap op die hoogste vlakke”. Hy het bygevoeg die maatskappy moet daarop fokus om vakante bestuursposte te vul.

“Ons kort die regte mense op die regte plekke wat die regte dinge doen – om Eskom te stabiliseer en gereed te kry vir volhoubare sukses terwyl hy sy kommersiële en ontwikkelingsmandaat vervul.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Irma ·

EN raai wie byt die spit af vir die swak bestuur of afwesigheid van etiese bestuur terwyl die krag verbruikers gyselaar gehou word deur mense met geen integriteit. Ongelooflik hoe stewig “diefstal” gevestig is in die staatsbeheerde entiteite. Hoe is dit moontlik dat Jan publiek geen inspraak het in sulke sake ?

Hanna Hoekom ·

“Affirmative action” en “bekwaamheid” sal nooit in dieselfde sin gevind kan word nie. Hierdie is nou n sprekende voorbeeld van transformasie wat blindelings toegepas is! I rest my case.

Stella ·

Hahaha, vergewe tog as ek net lag. Mens raak naderhand gewoond aan dieselfde ou storie. Niks gaan verander nie, niemand sal vervolg word nie

Nettie ·

“Eskom gaan ‘n geruime tyd gebuk onder afwesigheid van etiese leierskap op die hoogste vlakke” ……

Bha-wha-wha-ha-ha-haaaa!!!! Geagte mnr. Mahusa, vertel ons tog asseblief iets wat ons nie weet nie, toe? DIE HELE LAND GAAN AL VIR DIE AFGELOPE 24 JAAR GEBUK ONDER DIE AFWESIGHEID VAN ETIESE LEIERSKAP OP DIE HOOGSTE VLAKKE!!!!! Danksy die ANC, “all thanks to the ANC, viva, ANC, viva Madiba, viva!”.

Wie glo Wie?? ·

As Eksom die uitstaande elektrisiteit gelde van Munisipaliteite kan invorder sal Eskom Biljoene winsmaak vir die finansiele jaar.
Soweto en baie ander benadeelbe plekke betaal geen elektrisisteit rekeninge nie. Die ANC wil dit so he anders verloor hulle stemme

James ·

Ek is amper klaar voorberei: Meesste items in my huis werk klaar op gas of batterye. Kook? – gas. Lig? Batterye en LED’s. Klein generator – kie, lig op petrol, staan al 4 jaar en wag – net genoeg vir TV kyk. Ek moet nog net ‘n parrafien yskas en vrieskas kry, soos ons in die ou dae gehad het. Sodra ek hulle in die hande kry – voel ek ‘n veer verder vir Eksdom.

Baardbek ·

@ James. Stuur kortboodskap na 0630066994 i.v.m. gas yskas/vrieskas

zoom zoom ·

Dankie aan almal wat deel was/ is om Eskom in die rooi te kon kry en hulle eie sakke vol te kon maak. En geeneen is skuldig aan iets nie.

Snowball ·

Die ‘regte mense’ in die ‘regte plekke’ wat die ‘regte dinge doen’ WAS ALTYD DAAR, MAAR HULLE IS VERWYDER DEUR BEE EN VERVANG MET KADERS EN KORRUPSIE!

Mrs H ·

Oo jinne mnr Mabuza… Jy vra mos nou vir wit leiers? Dubbel check net met julle kommunistiese parlement? Ek glo in elk geval dat die leiers voor wie jy vra, eerder sal bou op selfbeskikking, want julle het reeds te ver en te veel gebreuk….”beyond repair”. Brand Eskom maar af jong. Daardie etiese leiers is reeds onafhanklik van Eskom, en het dus geen belangstelling. Julle het die land onregeerbaar gemaak met unies en EFF in die rondte.

Elsa ·

Laat top bestuur begin geld terug betaal… Slaan hul waar dit die seers te maak: hul sak waar die geld in gestop is.

Manie ·

Nog n instelling wat geplunder is deur die anc. Dit moet by verre die mees korrupte party wees wat nog in SA regeer het. Wat n uitstekende nalatenskap

Lou ·

Ons liewe kragvoorsiener het die afgelope 20 jaar net die BEE ding gedryf en hul regte besigheid verwaarloos. Die regte mense WAS in die regte poste maar hulle is vervang deur onbekwame ongekwalifiseerde mense. So Eskom, KRY vir jou…..

Casper Labuschagne ·

Postkoloniale verval kom voor wanneer ‘n meritokrasie vervang word met aanstellings wat nie op meriete gevestig is nie, maar op geslag, ras, politieke konneksies, lidmaatskap van die regerende parte en as beloning vir persoonlike bydrae tot die revolusionêre stryd. Dit gebeur nie oornag nie, maar oor ‘n tydperk van twee dekades sal bitter min aanstellings oorbly wat op grond van meriete en bevoegdheid is en sal so ‘n organisasie noodwendig ineenstort.

Die skrif is aan die muur, waar daar hoegenaamd elektrisiteit gaan wees sal dit peperduur wees. Belê nou in sonpanele en batterye en in die kombuis kry ‘n stoof, yskas en waterverwarmingstelsel wat met gas werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.