Eskom moenie ‘gesamentlik straf’ omdat sommige nie betaal

ANC-lede oorhandig die memorandum aan Eskom. (Foto: verskaf)

Lede van die ANC in Johannesburg het ʼn memorandum aan Eskom oorhandig waarin hulle eis dat krag na alle Johannesburgse buurte herstel word wat vroeër afgesny is.

Betogers het die memorandum met eise Dinsdag by Megawattpark, Eskom se hoofkantoor, aan die kragvoorsiener oorhandig.

Sommige gebiede, waaronder Ivory Park, Soweto, Orange Farm en Diepsloot sit al drie maande lank sonder krag, het ANC-koukusleier Geoff Makhubo, gesê.

Inwoners van Soweto skuld Eskom nagenoeg R15 miljard in agterstallige dienstegeld.

Verskeie ander Suid-Afrikaanse munisipaliteite skuld die kragvoorsiener óók miljarde rand.

“Die kragonderbrekings is erger in die winter. Inwoners word in donkerte gedompel en daar is gemeenskappe wat al drie maande lank sonder krag sit. Hierdie is ʼn jaarlikse verskynsel en verminder die vertroue wat mense in ons as leiers het. Dit plaas ook die lewens van raadslede in gevaar. Ons raadslede is al aangeval en hulle huise aan die brand gesteek weens Eskom se onversetlikheid”, het Makhubo gesê.

“Die ANC-koukus probeer al vir langer as vyf jaar met die kragvoorsiener praat om ʼn praktiese en volhoubare oplossing vir die probleem te vind. Ons doen ʼn beroep op Eskom om die kwessie met die dringendheid wat dit verdien, te hanteer, asook om ʼn volhoubare oplossing te vind.

“Ons sal wag op ʼn reaksie van die kragvoorsiener, maar gaan nie rus tot die saak opgelos is nie.”

Makhubo het gesê hoewel die party Eskom se oproep steun dat inwoners hulle kragrekeninge moet betaal, moet Eskom nie “gesamentlike straf” uitdeel in sy strewe om betaling te verseker nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Andre Coetzee ·

Dit is die realiteit.As ek nie my krag betaal nie word dit afgesny.Elektrisiteit is deesdae ‘n luuksheid waarvoor betaal word. Dit is as gevolg van ESKOM se swak en korrupte bestuur dat hulle is waar hulle nou is.

Schalk ·

Hoe het Ramaphosa gister oor die e-tol gepraat. As jy gebruik moet jy betaal! Nou ja die konsep geld ook vir krag verbruik.

Jacques ·

Schalk – Ek 100% saam met jou alles is seker nie verniet in die lewe nie , alhoewel skere mense so dink . Gaan klop eerste aan by Soweto dan sal Eskom klaar beter af wees .

Daan ·

Dit was mos verniet belowe gewees, so nou soek hulle verniet

Asmain ·

Sus, ons kan daarvan getuig. Vriende in Pta het hulle huis verkoop maar dit weer van die nuwe eienaar gehuur. So dieselfde hoeveelheid mense bly steeds in die huis, die krag & water gebruik is steeds dieselfde. Al wat verander het is die van op die munisipale rekening: was Botha, is nou Maluleke. Tog het die rekening met R4000 per maand verminder! I rest my case

Reguit ·

Ek is op prepaid krag en betaal deur my ore vir krag so ek voel die res kan ook maar betaal.

Ongelukkig stel die ANC ‘n goeie voorbeeld vir hulle “previously disadvantaged” comrades dat huise, krag en water verniet is want hulle raadslede betaal mos ook nie.

Zumie ·

Afrika politiek werk so…jy het ‘n voornemende politikus wat op die soustrein wil sous skep..nou koop hy stemme deur vry en gratis goeters (soos elektrisiteit) te belowe aan sy voornemende stemmers sodat hulle vir hom stem…betaling word dan afgedwing by minderhede wie se stem hy in elk geval nie sou kry nie. So vergeet al die mooi woorde en redes- dit is die realiteit.

Johan ·

Ek vind dit moeilik om te glo dat Soweto vir 3 maande sonder krag sit. Dit is n baie groot area wat oor n miljoen mense huisves. Hulle sou al lankal amok genaak het.

Ian ·

Snaaks hoe ‘n sekere groep mense als verniet wil he. So ja as dir rek agter is sit maar af dit geld mos darem vir ons almal.

Peet ·

Oplossing baie eenvoudig: betaal jou krag jou soos jy veronderstel is om te doen. Die regering moet net een ding onthou as jy begin met n ding dan sal jy nooit weer kan omdraai nie.

Alida X ·

Presies so Peet.
Baie beloftes wat nie nagekom kan word nie.
Ek kan nie sien hoe hulle dit gaan regkry om mense te laat betaal vir dit wat eers verniet was nie.
Ons wat wel betaal kan nie meer volhou nie.

fred ·

stem saam..hulle gaan NOOIT hierdie voorreg om als verniet te kry weggee nie…hier kom weer baie proteste en steek als aan die brand betogings….

Hanna Hoekom ·

The pot calling the kettle black? Dit was tog immers die ANC wat die kultuur van wanbetaling so goed kom vestig het. Nou wil julle kom tjank oor die einste stelsel? Welcome to realty: wanneer ek nie my elektrisiteit betaal nie, word dit summier afgeskakel. Feite.

Anoniem ·

Alle gereelde betalers moet nou meer betaal opdok om Soweto se krag rekening te help betaal. Man! Dis darem lekker. Gawe mede burgers wat ons is.

Skroef ·

Een kw, een prys! Die gemeenskapslede weet wie die NIE-BETALERS is. Gaan skree en dans voor hulle huise en besighede. Pas name and shame toe. As jy weet jy kan nie elektrisiteit bekostig nie, moenie daarop aandring nie.

David ·

Die praktiese oplossing is (en die ANC sal dit nooit aan hulle maatjies doen nie): Munisipliteite wat nie hulle kragrekening betaal nie, verbeur hulle reg as herverkoper en Eskom neem dje funksie oor. Dan betaal verbruikers Eskom direk en die munisilaliteit verdien geen inkomste uit die herverkoop van elektrisieit nie.

Goliat ·

Baie goeie voorstel solank die beginsel van een unit een prys makiesakie waar en hoeveel jy koop nie. Die glyskaal is strooi.

Reese ·

Die oplossing is eenvoudig…sit pre paid krag in, dan sal die wat wel betaal nie boet vir ander se wanbetaling nie

fred ·

prepaid???? hulle knoei met meters of bypass die goed in die huise…

thinus erasmus ·

Die ANC en hul ondersteuners moet maar op harde manier leer: jy sal oes wat jy saai.
Die oplossing is baie eenvoudig tenspyte van al die nie betalers en onwettige verbindings: gee die probleem areas net soveel krag as wat maandeliks in totaal betaal word – dus as net 20% van die totale gebruik betaal word, laat daagliks net 20% deur, so dis tyd en eenheid kwotas. Gemeenskappe moet self eers besluit dat almal moet betaal en dat geen onwettige verbindings toegelaat word nie. Maar tans word mos die teenoorgestelde geleer – iemand anders moet vir jou betaal.

Lana ·

So ruk gelede staan ek in ‘n winkel in die ry om te betaal. Iemand maak toe die volgende opmerking: “Ek is moeg daarvoor om soos ‘n blanke te lewe, want jy moet vir alles betaal.”

Al ·

Dis nie die eerste keer dat Eskom drastiese stappe wil doen om hul geld in te kry nie.
Poltiek (soos nou) maak dit egter onmoontlik om deur te druk met sulke dappere pogings.

humor ·

Die probleem het tydens ons vorige regering ontstaan. Van dag een af moes voornemende gebruikers aansoek vir kragvoorsiening gedoen het en moes hul rekening stiptelik betaal het. Indien daar nie betaal was nie moes die krag dadelik afgesny word. Die “opvoedingsproses” was van die begin af verkeerd..

Koos de Meyer. ·

Daar is ‘n sekere plek waar daar krag is maar nie meters nie want hulle het kwansuis nie meters op daardie stadium gehad nie. Nou wil hulle nog meer goedkoop behuising bring. Waar gaan die krag vandaan kom.

John ·

Dit sal miskien goed wees as die president aan die land verduidelik hoe demokrasie in Suid-Afrika werk, of is dit die skuilnaam vir kommunisme/sosialisme/anargisme. Ons sal ook graag wil weet of die Reserwebank reeds in die geheim R200-note druk vir die staatsentiteite en al die nie-betalende munisipaliteite se weelderige oorlewingsprojekte.

Tertius ·

Gebruikers betaal munisipaliteite en die betaal NIE vir eskom Is dit nie tyd dat eskom die networke by munisipaliteite oorneem nie. As jy nie betaal kry jy nie diens nie……… So maklik soos dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.